Zuma stap uit Zondo-kommissie

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: Karen Sandison/ANA)

Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag vir ʼn opskudding gesorg toe hy en sy regspan tydens die teepouse sonder toestemming die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verlaat het – en net nie weer teruggekeer het nie.

ʼn Verstomde adjunkhoofregter Raymond Zondo het die verrigtinge verdaag omdat daar geen getuie meer was om te ondervra nie.

ʼn Dagvaarding is vroeër op Zuma bedien wat hom verplig het om voor die kommissie te verskyn. Dit beteken dat daar nou eintlik ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik sal moet word.

Of dit prakties gaan gebeur is te betwyfel omdat die Zuma-regspan reeds kennis gegee het van twee moontlik tydrowende prosesse.

Eerstens het Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, aangedui hulle gaan Zondo se besluit om hom nie aan die kommissie te onttrek nie, in die hooggeregshof betwis deur dit op hersiening te neem.

Dit sal regstegnies beteken die kommissie sal nie sy werk – soverre dit Zuma as getuie aangaan – kan voortsit tot die hooggeregshof uitspraak lewer nie.

Dit sou dan ook presies inpas by Zuma se sogenaamde Stalingrad-strategie om regsprosesse teen hom terug te hou met elke vertragingstrategie in die boek – al ontken hy dit ook hoe hard.

Zuma se aansoek dat Zondo hom verskoon is vroeër deur die adjunkhoofregter verwerp nadat die regter gesê het hy en Zuma is nie vriende nie en dat hy ook geen bevooroordeling teen Zuma het soos die oudpresident beweer nie.

Zuma se regspan het gesê deel van hul hersieningsaansoek in die hooggeregshof sal wees dat Zondo nie as regter kan optree in sy eie saak nie.

Boonop gaan die Zuma-regspan, onder leiding van Sikhakhane, ʼn klagte teen Zondo by die regterlike dienskommissie aanhangig maak – en dié is berug vir sy stadige werk.

Intussen is die verwagting dat Zuma dus steeds sy dag voor die gereg sal bly ontglip, al protesterende dat hy juis so graag voor die gereg wil verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dries ·

Die boodskap: Zuma kan doen net wat hy wil, verhewe bo die wet.

Mariana ·

Sluit hom toe. Hy het heeltemal te verwaand geraak. Dink steeds hy is onaantasbaar.

annie ·

Zuma mag nie vervolg word nie, ook nie Ace nie, selfs die skelm pastore doen wat hulle wil. Niemand in die (semi-)staatsdiens mag afgedank word nie, inteendeel, salarisverhogings en perks is ‘n mòèt… En die wèreld gaan hier belè in hierdie lielie-lekker land. Covid-entstof moet ok sommer verniet vir die ontwikkelende verontregte mensies geskenk word. Foeitog; for we are the darlings of the world.

Juls ·

Hy gaan nooit as te nimmer boet vir sy magsvergrype nie in Suid Afrika nie. Kyk na hierdie piesang republiek:die vermeende moordenaar van Brendin Horner was vantevore 9 (of is dit 14) keer gearresteer!!!!!!!!!!! Die boer wat aangekla word van publieke geweld by die Senekal verrigtinge sit ‘n week in die tronk en kry R50 000.00 borgtog maar vermeende brandstigters wat miljarde rande se diere laat doodbrand en weiding en landerye verwoes word nie vervolg nie!!!!!
WAT ‘n VERDRAAIDE GRAP HET HIERDIE LAND GEWORD!!
Ongelukkig vir ou Zuma is daar ‘n Groot Regter in die hiernamaals. :(

Vonnie ·

nou hoekom word hy nie gearresteer nie? as ek dit sou waag was dit mos tjoekies toe met my. nee wat, jy kan hier duidelik sien hoe dinge werk!!

Aai ·

Niemand sal hom toesluit die Zoeloes sal oorlog maak en hulle soek nie oorlog onder hulle mense wil ons liewers truiter.

Lee ·

Ongelooflik, bly hulle reik n lasbrief nou uit.
Moet nooit ooit dink jy is untouchable nie

Leana ·

Weet nie waaroor nog tyd mors met ‘n verhoor nie, gooi hom in die tronk en gooi die sleutel weg.

Erika ·

Zuma mag miskien homself verhewe bokant die wet -Maar nie Bo God nie
Sy Opgeskerpte sekuriteit gaan hom daarom niks help nie – LOL

Paul ·

Verstaan nie hy wou dan nog altyd sy dag in die hof gehad het

Misky ·

Hy het mos nou die reels verbreek. Maklik: sluit hom toe!!!! Reels is reels, so hou daarby. Hy soek mos sy dag in die hof, gee die man sy wens asb.

Pieter ·

Al die slim menisters moet dalk eers net graad een gaan klaar maak. Julle klomp sal en kan nooit n land best nie gaan orals in afrika so. Zambia het nou sy alie gesien julle ANC land is volgende julle bly maar net een groot grap

Kokerboom ·

Dis tyd dat die President sy voet neersit. Ons is lankal keelvol vir die veragtelike Zuma kreatuur en sy Zumawales

Annelize ·

Verskoon my, maar ek het nie ander woorde behalwe om te se dat die man net mooi sy gat aan alles en almal afvee. Daar is nie salf te smere nie…..

Genis ·

So gaan die kaders aan, stroop en ontduik die gereg.. Maak eindelik n bespotting van hulself en SA in geheel.. Sit nou die voet neer, enarresteer die bedrieer…

tweeling ·

Die hersiening gaan nie werk nie, die hof sal sommer gou dit verwerp. Die klagte by die diens kommissie gaan nie die prosedure van die zondo kommissie vertraag nie.

Louis ·

Sou Zuma nie pragtig gelyk het met ‘n oranje oorpakkie aan nie? Ongelukkig gaan dit net by wensdenkery bly! Hy is “untouchable” en ons moet nou maar daarmee verlief neem.

Friedrich ·

Sê die lasbrief dat hy daar moes bly, want indien hy die lasbrief nie gevolg het nie, sluit hom toe vir minagting van die hof.

Dis mos nie rocket science nie!?

Chris ·

Ek sal verbaas wees indien iets met Zuma gaan “gebeur”. Ons wittes verstaan nie die Afrikaan se kultuur denke en tradisie nie. Ons probeer ‘n westerse demokratiese politiek en regstelsel op hom afdwing. Dit werk eenvoudig nie. Ons ken nie die intriges gesag en etniese strukture nie. Dit sal insiggewend wees om die konsert te sien afspeel.

Adam Adriaan ·

Wat hy aan die land gedoen het en nog doen, moet hy summier aangekla word van hoogverraad en terrorisme.

MakersMark ·

Some are more equal than others…..SA is ‘n sirkus en ongelukkig is die grootste narre vooraanstaande politieke figure.

Mrs H ·

Wonder of die regspan se reg om in regte te praktiseer, nie terug getrek kan word nie – minagting?

Chris ·

Bereik “ons” nou ‘n keerpunt in die “nuwe” Suid Afrika. Wonder of Zuma se regspan dieselfde uitlatings sou uit uitspreek, oor dat; “Zondo nie as regter kan optree in sy eie saak nie”, as Zondo wel ten gunste van hulle ingestem en/of toegegee het?

Michael ·

Die Zondo kommissie moet onmiddelik gestop word. Miljarde is al deur ons betaal en ons weet daar gaan niks van kom nie. Stop asb nou die vermorsing van ons swaarverdiende geld en gaan aan met die lewe. Los nou vir Zuma uit, hy gaan niks oorkom nie, sy vertragingstaktiek kos ons net meer geld

Ou gees ·

Wie de hel gee die man geld vir prokereurs?
Die feit dat ek en jy geforseer word om daarvoor te betaal is duidelike bewyse van korrupsie.
Arrogante blatante vermorsing van belastinggeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.