Zuma steeds onseker wat in Zim gebeur

Zimbabwe

Pres. Jacob Zuma het gesê hy sal ʼn volledige verslag kry oor dit wat in Zimbabwe gebeur, wanneer hy later Donderdag in Botswana aankom.

Hy het vroeër in die nasionale raad van provinsies, deel van die Suid-Afrikaanse parlement, gesê ʼn subkomitee van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) vergader Donderdag om die situasie in Zimbabwe te bespreek.

Zuma het ná die sessie na Botswana vertrek. Hy het gesê dit is nog te vroeg om te sê of die Zimbabwiese president Robert Mugabe ontsetel is.

“Ons weet nie wat sal gebeur nie. Die betrokke SAOG-ministers vergader in Botswana om Zimbabwe te bespreek,” het hy gesê. “Ek is seker ek sal vandag nog ʼn verslag kry om te hoor hoe ver dit trek, so ons sal binnekort weet wat in Zimbabwe gebeur.”

Volgens Zuma sal niks wat in Zimbabwe gebeur enige impak hê op ooreenkomste wat die land met sy bure onderteken het nie. “Zimbabwe is deel van die SAOG en dit maak nie saak wat in ʼn land gebeur nie, of daar ʼn nuwe verkiesing plaasvind, of ʼn nuwe regering is of wat ook al, wat daardie land homself verbind het tot ander lande, kan nie verander nie,” het hy gesê. “Geen regering of president sal sê, ‘dis nou ek, alle vorige ooreenkomste is nie meer van krag nie’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Al ·

Zums sal onseker wees. Hy is te besig om skaakspel te speel met sy opponente om behoorlik sy aandag aan ander te gee.
Sal graag sy gedagtes wou lees met die oproer in Zim.

CHRISTA ·

Ek stem saam met jou!! Hy het kamma nie eers geweet van die R250 miljoen se aanbouery en verbeterings wat aan SY EIE HUIS gemaak is nie!!! HEHEHE!!!

John ·

Zuma dink hy beheer Afrika. Lande kan van plan verander en hulle doen dit gereeld regoor die wereld. Dis tyd dat Zuma en Mogabe hul huise in Dubai betrek… en gou ook…

Yster ·

Hy is meer bekommerd oor Zim as oor sy eie mense en boere wat vermoor word.

Leahim ·

Zuma is nie seker wat in SA aangaan nie wat kan nou verwag word van n die staatshoof met die minste geleerdheid in die wêreld

Natascha ·

Ja, kyk Zuma kan nie eens sy eie land se probleme oplos, hoe wil hy nou Zim sin probeer oplos???? Los hul dat hul doen wat hul moet doen, hul het lank genoeg swaar gekry onder Mugabe se regering. Hy leef in weelde en sy mense in sy land moet honger lei. Zuma, jy is presies soos hy, dink net aan jouself en jou vroue, verder beteken die mense in jou land niks.

SE MAAR NET ·

Hulle kan hom met liefde ook daar hou saam met sy maatjie… Ons sal beslis nie huil nie…

Raponsie ·

Hulle kan hom met liefde ook daar hou saam met sy maatjie. Ons sal beslis nie huil nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.