Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê die bekendstelling van die afskopfase van die beleidsraamwerk vir die versterking van die relatiewe regte van mense wat die grond bewerk, ook bekend as die 50/50-boerderybeleid, sal by die Westcliffe-plaas in die uMshwathi plaaslike munisipaliteit naby Greytown in KwaZulu-Natal plaasvind.
Volgens Ngqulunga het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming saam met die Nasionale Bemagtigingsfonds gewerk om die “baanbreker-Westcliffe-plaasooreenkoms” te finaliseer. Die 514 ha groot Westcliffe-plaas bestaan uit 270 ha suikerrietlanderye, 140 ha houtwerkbedrywighede en 10 ha besproeiingskool. Hierdie boerdery sal nou gesamentlik deur die plaaseienaars en die plaaswerkers besit word.
Die 50/50-boerderybeleid is die eerste keer in 2014 deur Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, voorgestel as deel van pogings om te verseker dat plaaswerkers voordeel trek deur aandele te besit in die plase waarop hulle werk en hulle die sekuriteit van verblyfreg te gee.
“Die beleidsraamwerk poog om verblyfreg aan plaaswerkers te gee, terwyl grondeienaarskappatrone in die land getransformeer en werkers bemagtig word deur ook aandele in boerderye te hê,” het Ngqulunga gesê. “Die beleidsraamwerk poog ook om ekonomiese transformasie in die landbousektor teweeg te bring.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
45 Kommentare
So wie sal baas, en wie sal klaas wees? Wie gaan musiek maak en wie gaan dans?
Alles goed en wel, dan sall die plaaswerkers net soveel geld in die plaas moet stoot as die boer!! Hoekom moet die boer al die geld verskaf en die plaaswerkers trek net voorkeur daaruit? Nee, ek is sommer nou opgeklits!
Die rede vir 50/50 en nie 100% swart soos die EFF en DA-kiesers dit wil hê, is omdat hulle steeds wil ploeg met die blanke boer se kennis, ervaring en soos Inge sê, kapitaal.
Wie dra nou die finansiële risiko nou……ja en wie is in beheer nou eintlik
So wat gebeur as een van die partye nie hulle kant bring nie? Hoeveel 50/50 kan daar wees as daar dalk 50 mense werk op die plaas?
Nee hel man, kom ons gee die Perde, beeste en hoenders ook sommer aandele, want hulle is ook mos werkers!!
Die logika van die mense in hierdie land is skokkend soos gewoonlik!!