Zuma stel afskopfase van 50/50-boerderybeleid bekend

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Pres. Jacob Zuma sal Saterdag amptelik die afskopfase bekendstel van ʼn beleidsraamwerk wat sal meebring dat boere en plaaswerkers mede-eienaars op plase word.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê die bekendstelling van die afskopfase van die beleidsraamwerk vir die versterking van die relatiewe regte van mense wat die grond bewerk, ook bekend as die 50/50-boerderybeleid, sal by die Westcliffe-plaas in die uMshwathi plaaslike munisipaliteit naby Greytown in KwaZulu-Natal plaasvind.

Volgens Ngqulunga het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming saam met die Nasionale Bemagtigingsfonds gewerk om die “baanbreker-Westcliffe-plaasooreenkoms” te finaliseer. Die 514 ha groot Westcliffe-plaas bestaan uit 270 ha suikerrietlanderye, 140 ha houtwerkbedrywighede en 10 ha besproeiingskool. Hierdie boerdery sal nou gesamentlik deur die plaaseienaars en die plaaswerkers besit word.

Die 50/50-boerderybeleid is die eerste keer in 2014 deur Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, voorgestel as deel van pogings om te verseker dat plaaswerkers voordeel trek deur aandele te besit in die plase waarop hulle werk en hulle die sekuriteit van verblyfreg te gee.

“Die beleidsraamwerk poog om verblyfreg aan plaaswerkers te gee, terwyl grondeienaarskappatrone in die land getransformeer en werkers bemagtig word deur ook aandele in boerderye te hê,” het Ngqulunga gesê. “Die beleidsraamwerk poog ook om ekonomiese transformasie in die landbousektor teweeg te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

WHAT THE FUDGE??? ·

So wie sal baas, en wie sal klaas wees? Wie gaan musiek maak en wie gaan dans?

Inge ·

Alles goed en wel, dan sall die plaaswerkers net soveel geld in die plaas moet stoot as die boer!! Hoekom moet die boer al die geld verskaf en die plaaswerkers trek net voorkeur daaruit? Nee, ek is sommer nou opgeklits!

Cherokee ·

Inge, jy het ‘n kritieke vraag gevra, maar verkeerde plek.

Cherokee ·

Die rede vir 50/50 en nie 100% swart soos die EFF en DA-kiesers dit wil hê, is omdat hulle steeds wil ploeg met die blanke boer se kennis, ervaring en soos Inge sê, kapitaal.

Johan ·

Wie dra nou die finansiële risiko nou……ja en wie is in beheer nou eintlik

Potlood ·

So wat gebeur as een van die partye nie hulle kant bring nie? Hoeveel 50/50 kan daar wees as daar dalk 50 mense werk op die plaas?

Nee hel man, kom ons gee die Perde, beeste en hoenders ook sommer aandele, want hulle is ook mos werkers!!

Die logika van die mense in hierdie land is skokkend soos gewoonlik!!

Gavin ·

Die ANC en Zuma blooi na die onlangse verkiesing. Hulle sal nou enige iets doen om stemme vir die 2019 verkiesing te verover. So die plaas workers moet nou lening aangaan om hulle deel te bekom? Hulle kan die nie verniet kry nie. Nes hulle alle ander voordele verniet wil he.

M'Lady ·

Die beginsels van die “Freedom Charter” word nou deurgevoer : ” The land shall be shared among those who work it”. Net jammer daar word niks verder gese van wie betaal vir wat nie.

peanut ·

Eersten sal ek nogal graag wil weet wie is die huidige eienaar van die plaas.
Tweedens; beteken dit dat die aandeelhouers se gratis huisvesting, rantsoene, vleis transport, mesiese besoeke, skool vir kinders etc. skielik wegval, of hoe?
Derdens; op grond waarvan gaan enige regdenkende bank n lening vir diesulks toestaan, of is hulle skielik gekwalifiseerde boere. Die regering weet nie waarmee hy besig is nie. Hy skep valse verwagtinge by die mense, en as die mense in oproer kom, is almal kwaad vir hulle en vir die wittes, pleks van vir die government

HT ·

So gaan ons ou boere volkie moet leer om jou eie werk self te doen!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

john samuel ·

Nou is die tyd om van daardie ‘geforseerde toekomstige mede-aandeelhouer’ ontslae te raak; en dan Slegs kontrak werkers van buite af seisoenaal aan te stel.
Nog n vraag – as ek dan nou nog a plaas aankoop, kom die vorige 50% aandeelhouer nou standaard saam met die transaksie?!?

Chrisjan ·

Dit is juis wat die radikale element wil regkry. Hoe meer sonder heenkome is hoe meer misdaad sal daar wees en moeiliker sal daar vrede wees. Die anc weet dit kan nie werk, hulle probeer slegs om n wig tussen boere en hul werkers te druk.

Mannin ·

Yippie!!!! dit beteken ek as boer se vrou kry tenminste ook n aandeel ………. :-D

Lance ·

Geen bank maar regering gaan die geldtjie stoot …so ja jy is reg my en jou belastinggeld …in die land kry mense wat die meeste belasting betaal nie eers n pensioen van die staat met aftrede …maar die wat niks bydrae wat brand breek moor en steel …ja hulle is die wat n pensioen kry van die staat …

Joann ·

Nou ja laat ek try die storie uit puzzle. Koos werk vir my maar hy moet 50% aandeel kry. Reg Koos moet nou sy deel koop by my,hy kan mos nie dit gratis kry nie ek het my deel betaal. Koos moet sy eie vee of gewasse en als wat met boerdery gepaart gaan self koop. Hy kan nie salaris kry nie want ek kry nie salaris nie hy moet uit sy deel van boerdery leef. Geen geld draw of kom kos vra nie want ek vra niks van hom. As koos te oud word moet hy sy deel vir sy seun gee of verkoop aan iemand anders. Nou is ek reg of nie?????

danie ·

Jis maar die kennis oor die saak is oog loopend. Het julle al ooit gedink wat gebeur as dit werk. Die boer dra nou net 50% resiko. Banke staan tou om te help, afset punte is sommer in oorvloed. Meskien moet gevra word wat die boer kry vir die 50% wat hy afstaan. Ek vat liever 50% van n miljoen as 100% van 200000

Irene ·

Zuma sal nou enigeiets doen tot 2019 dan as hille in kom maar weer diesefde as nou

Kapenaar ·

Ja dis reg, nog meer mense sonder werk!!! Boere meganiseer deesdae, die aanvanklike insetkostes is meer, maar op die lange duur die moeite werd. So stel julle 50/50 in, en nog meer mense gaan honger ly, so bevorder julle misdaad!!

john samuel ·

Solank jy net nie tik gebruik nie…… =))

En dis “vak”

Anti DA ·

Dit is mos nou nie haalbaar vir die kleinboere nie hulle sukkel om te oorleef met die droogte ens hoe gaan hulle nou die karige winste deel ek ken wragtig niemand so onosel soos nr 1 en sy trawante nie.

Gerhard Swanepoel ·

Gaan die Boer 50% besit en die res van die werkers ook 50%. As daar 10 werkers is, wie besit wat en wie het wat se se. Hoe neem hulle belangrike besluite. Stem al elf op n vergadering. As daar 10 Werkers is met 10 vroue en kinders wat ook op grond aanspraak maak, hoe gaan die 50% nou verdeel word? Word die grond net vir die mans gegee??? Of deel die 10 mans, 10 vrouens en 20 kinders die 50%. En gaan hulle 50% van Alle uitgawes bydra. Of moet die plaas eienaar Alles voorsien en hulle wil net die 50% van die wins he??? Ek kan nie sien dat dit kan werk nie

Kobus ·

As gaan oor opheffing van die anderskleuriges, want daarsonder sal hulle dit nie kan maak nie. Dit is mos maar soos die realiteit is, “jy hang aan my soos ‘n hommelby”.

Kobus ·

Miskien is die opmerking van my ongevraagd. Die mense is werklik van die werkgewers afhanklik, ongelukkig maak die regering dit nie maklik nie, dus bly hulle ‘n wig indryf met hul besluite, antagonisme.

Hulle doen dit net om stemme te werf, nie in die belang van die werker nie. Hulle wil die goeie ou wees, mar hulle verstaan nie die bedryf nie. En as daar nie meer innoverende boere en werkgewers is nie, is al die klase dan base?

Ek is eerder ‘n klaas met inkomste verseker en werk as ‘n baas met al daardie verantwoordelikhede, maagsere en baie keer nog skuld ook.

Willie ·

Dis wonderlike nuus. Ek kan nie wag dat 50% van my skuld oorgeneem gaan word nie. Dat werkers nou 50% van my insetkostes gaan betaal. Ek deel graag die R0 nettowins met my werkers.

Skatymir ·

Dit laat my dink aan Stalin se kollektifiseringsbeleid toe miljoene van hongersnood omgekom het.

vermeende ·

Ons verwag so iets mos al lankal en nou word die boere met die broek op die kniee gevang. Ek het al lank terug afgeskaal en van al my arbeid ontslae geraak en die huisies afgebreuk, nou meganieseer ek. Ek en die vrou doen alles self en sy kan maar n trekker ry.

Jan maak n plan ·

Is daar enige werker daar wat graag 50% van my plaas/besigheid wil koop. Met graagte sal ek na sulke aansoeke kyk

humor ·

Ek dink nie dit sal help om arbeiders af te skaal nie. As daar net een arbeider is, is hy geretig op die 50%.

Lance ·

Ek wil asb 100 % verkoop … ek stap weg van die 50 % …dis baie meer kopsere en n groot pyn om met van die mense te werk wat al jare hier is en nogsteeds groot foute maak en nogsteeds basiese konsepte nie kan of wil verstaan nie ..jy trek soms jou hare uit jou kop en slaan net jou hande saam.

Jan ·

Hulle is aan die slaap daar is nie meer veel plaas werkers op plase oor nie .dit gaan nie help vir hul om by hulle te kruip nie .Die mense het al van 1994 dorpe toe getrek. Hulle moet meer na daai mense kyk vir werk. So ons boere moet nie worrie nie .

P E van Zyl ·

Ek wil net weet? Sal die werker op die leeuplaas ook deel van die 50/50 span wees?
Ag ja ………………….

Ander Koos ·

Onder korreksie, maar as ek reg verstaan het kry die boer nie die 50% wat hy afstaan se geld in sy hand nie. Dit word in in pag gehou (deur wie?) vir verdere uitbreiding en bedryf van die “nuwe” boerdery. In effek is die oorspronklike eienaar nou op dieselfde vlak as werkers en nie meer baas van sy plaas nie. Hierdie is nie opheffing nie, maar deel van anc se plan om almal gelyk te maak ( behalwe die leiers en hulle kornuite). Alles volgens kommunistiese ideologie wat hulle besig is om te implimenteer.

Johann Marx ·

Die ander kant van die munstuk lyk ongelukkig so: Boer roep vir Jonas: “Jonas, julle kan maar begin oes.” Jonas kyk hom met groot oë aan. Boer: “Jonas? Moenie vir my sê julle’t nie geplant nie?” Daar is baie swart boere wat KAN boer…en hulleself bewys. Daar is ook egter ‘n klomp wat nie ‘n idee het nie, al werk hulle op ‘n plaas. Maar hierdie artikel gaan nie daaroor nie….dit gaan oor ‘n beeswagter wat politieke punte wil score…..met onwerkbare planne wat sy eie gat moet red.

Johannes Meintjes ·

Progressiewe bemagtiging is sekerlik altyd prysenswaardig, solank die kontrakte en gedeelde verantwoordelikhede werklik wen-wen is. Ter wille van regverdigheid deurgaans kan werknemers by maatskappye (wit of gekleurd of swart) ook dan voortaan aandring op 50%-50% aandeelhouding in die maatskappy en kan politieke kiesers aandring op 50%-50% aandeel in alle staatsbates en minerale regte.

Brett ·

Wat se soort verslaggewing is die? Het die werkers 50% ge-erf?

johan vd Berg ·

Geld dieselfde 50/50 vir die enkele swart boere ook? Hulle het ook mos swart plaaswerkers daar. Hierdie bootjie gannie vaar nie..
Ek praat onder korreksie nou:
Dieselfde reel wou hulle toepas op die delwerye in Wes Transvaal. 51% aandeel afstaan terwyl die eienaardelwer oor 49% beskik. Laasgenoemde moes alle onkostes alleen dra. Die gevolg was dat daar 3/4van die klein delwerye toegemaak het, wat meegebring het dat duisende werkloos geraak het. Die delwer het eenvoudig al sy implimente verkoop en met iets anders angegan.
Om vir 30-35 jaar lank op te bou, swaar te kry, suksesse te behaal, voorsiening vir oudag te maak, en dan skielik als netso weg te gee sonder vergoeding, het hulle nie voor kans gesien nie. Ek sou ook nie..
Sê mar net…dieselfde gan hier gebeur..

antonie ·

Die groot probleme gaan kom wanneer daar n ‘misoes’ deur klimaat toestande, lae investering of ander redes plaasvind. Dan gaan die boer nie sy lewe seker wees nie, die gereedskap en beeste, skape en toebehore gaan weggedra en gesteel word. Die boer moet geld voorskiet, maar die werkers gaan te veel ‘skep’

antonie ·

toe die ‘thjar’ nog in rusland in bewind was, was daar ‘landowners’ gewees, en hulle het geboer met ‘wokkers’ wat n klomp kommuniste was en nie ‘landowner’ gerespekteer het nie. Toe kommunisme inkom verdwyn ‘landowners’ en die plaas verander in n kommune waar die hoe distrik kommunis kommesaris die wokkers beveel wat om te plant en wanneer, met die gevolg van talle misoeste , gereedskap probleme, werkersprobleme.Hierdie 50/50 skema is maar net nog die begin van totale oorname , die ander 50 % gaan na die staat toe, nie na die werkers toe nie. Dit is n manier om plaas te verdeel en helfte daarvan te verkoop aan die staat, maar geen geld sal ontvang word nie

Lara louw ·

As die plaaswerkers dan so te sê 50% aandele in die boerdery besit, gaan hulle dan 50% van die skuld, lone, onkostes, krag rekeninge ens ook oorvat.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.