Zuma stel nuwe OB aan

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Pres. Jacob Zuma het amptelik die nuwe openbare beskermer (OB) aangestel wat die leisels by adv. Thuli Madonsela gaan oorneem.

“Pres. Zuma het in terme van die Grondwet en op aanbeveling van die Nasionale Vergadering vir adv. Busisiwe Joyce Mkhwebane as die openbare beskermer van die Republiek van Suid-Afrika aangestel,” het die presidensie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Sy is aangestel vir ʼn periode van sewe jaar wat op 15 Oktober ʼn aanvang neem.

“Die president bedank die uitgaande openbare beskermer, adv. Madonsela, vir haar dienste en wens adv. Mkhwebane alles van die beste toe in die uitvoering van haar nuwe verantwoordelikhede.”

Mkhwebane se benoeming as die nuwe OB is op 7 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar.

ʼn Ad hoc-komitee wat op die been gebring is om die OB aan te wys, het in Augustus op Mkhwebane as finale kandidaat besluit. Sy is ʼn voormalige senior bestuurder by die departement van binnelandse sake en tans ʼn ontleder by die staatsveiligheidsagentskap. Die komitee het op Mkhwebane besluit nadat die vyf kortlyskandidate deeglik onder die loep geneem is.

Minstens 60% van die Nasionale Vergadering moes vir Mkhwebane stem voordat Zuma haar benoeming kon bekragtig. Altesaam 263 LP’s het vir Mkhwebane gestem, terwyl 79 teen haar benoeming gestem het. Die DA was die enigste party wat teen haar as kandidaat gestem het, terwyl Cope buite stemming gebly het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

nieBAFUnie ·

John , alles dui daarop. Net tyd en resultate deur die OB gaan ons denkwyse verkeerd bewys.

Zumie ·

Ek raai hierdie gaan ‘n gedienstige ene wees……. Laaskeer het sekere mense hulle misgis

Luister ·

Jammer……ek vertrou NIKS wat daardie man doen of sê nie!
Enigste aanvaarbare ding sal sy bedanking wees. Of afdanking, maar lyk my dit bestaan nie meer in die nuwe S.A. nie.

Alida ·

Natuurlik sal sy na NO 1 se pype dans en hom weereens laat loskom met alles. Niemand kan Thuli se plek vat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.