Zuma stel private vervolging teen Downer, joernalis in

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jerome Delay / POOL / AFP)

Jacob Zuma het die nodige hofstukke ingedien om adv. Billy Downer SC en ’n verslaggewer privaat te vervolg vir die publikasie van besonderhede rakende sy gesondheid.

Die oudpresident beskuldig Downer daarvan dat hy die Nasionale Vervolgingswet oortree het deur  beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid aan Karyn Maughan, ’n verslaggewer van News24, te laat uitlek.

“Dié belofte is vandag nagekom. Adv. Billy Downer en Karyn Maughan sal in die hof antwoord,” het die Jacob Zuma-stigting Dinsdag getwiet. ’n Kennisgewing van private vervolging is in die twiet aangeheg.

News24 berig ’n dagvaarding is vanoggend aan Maughan beteken. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is ’n dagvaarding reeds Maandag aan Downer beteken.

Albei moet nou op 10 Oktober in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn.

Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, sê die dagvaardings “is duidelik ’n poging van mnr. Zuma om Maughan en News24 te boelie terwyl hy goed weet dat die [nuusblad] niks verkeerd gedoen het nie.

Hy bestempel ook Zuma se regsaksie as ’n aanval op mediavryheid.

Adv. Billy Downer (Foto: Phill Magakoe / POOL / AFP)

“Daar is absoluut niks vreemd of verkeerd daaraan om toegang te kry tot hofstukke wat op die punt staan om by die hof ingedien te word, vir openbare besigtiging nie. Hofstukke is inherent openbare dokumente. Dit is ’n hoeksteen van geregtigheid in ’n demokrasie. Maughan het net haar werk gedoen en om haar met private vervolging te dreig, is ’n blatante en siniese aanval op mediavryheid in hierdie land.

“Maughan sal voortgaan om verslag te doen oor mnr. Zuma se strafregtelike sake en ons sal haar tot aan die einde verdedig,” sê Basson.

Die NVG het intussen ook sy steun vir Downer uitgespreek.

“Die NVG en sy leierskap ondersteun adv. Downer ten volle aangesien ons glo dat hierdie aanklagte sonder meriete is. Hulle is slegs ontwerp om hom te intimideer in die vervolging van mnr. Zuma en om die verhoor [van Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales] verder te vertraag,” sê Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG.

Dié dagvaardings volg drie maande nadat ʼn nolle prosequi-sertifikaat aan die oudpresident uitgereik is wat hom in staat stel om Downer privaat te laat vervolg. Die NVG weier om Downer te vervolg weens ’n gebrek aan bewyse.

Zuma het reeds in Oktober verlede jaar strafregtelike klagte teen Downer ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Swerwer ·

Hoe onnosel en arrogant kan ‘n wese tog net die wees nie. Hy ag homself so hoog verhewe bo alles en almal maar vrot sal hy vrot in sy graf soos al die ander.

Jr ·

Good luck with this one shower head. Another one you will have to pay costs for.

Gert ·

Zuma moet leer om sy bek te hou, elke keer as hy so slim raak kos dit hom geld.

Chris ·

Ek dink eerder dit kos ons geld want die staat betaal vir sy hofsake.

GWS ·

Ag hy sal alles probeer om los te kom, maar vas is hy vas, maak nie saak wie die staatsaanklaer is nie!

alet ·

Gaan Dali Mpofu Zuma verteenwoordig?? Nog ‘n regspektakel waarvoor ons die springmielies kan uithaal.

twaalfboor ·

Blikemmer….. maar dit moet erg wees om so orals vir jou “wickets” te keer. En dit vir die res van jou armsalige lewe.

Nick ·

Hierdie ou nar en sy nasate is ‘n belediging vir die anc.
Hulle verdien hom. Die geskiedenis sal hom onthou as die hoof idioot. Met Mugabe en Amin in 2de en 3de plek. Shame.

duiweboer ·

Zuma speel tyd. Dit is al. Hoe langer hy die gereg uit daag hoe langer sloer dit

Christine ·

Dis wat ek nie kan verstaan nie…. Hoekom speel die gereg saam en laat hulle toe dat hy so woer-woer met hulle speel en almal se tyd mors?

Anel ·

Kan een regdenkende regskenner nie vir die siel laat verstaan dat hy nou aan die einde van die pad gekom het nie? Wie moet nou al die kostes dra? So skelm soos die nag!!!

Lourens ·

Waarom die foto van Billy Downer met ‘n lappie? Dis mos nou lankal nie meer van toepassing nie?

Nico ·

Moenie als glo wat Media24 sê nie. Ek dink die poppe gaan dans..

Oros Soros ·

Ag ou Zuma, as hulle doen wat jy doen tov die vertraging en uitstel van die saak teen jou, sal jy oor die 100 wees as die saak afskop in die hof. Dis te sê as jy ‘n saak het om uit te maak, wat jy in hierdie geval nie het nie.

Tanniepetoors ·

Ons weet nou nog nie watter van Oom Jakob se groot tone die ergste ingroei nie, so wat het hulle nou eintlik bekend gemaak? Net nog van sy twak.

Peter ·

Pateet. Leef darem te lank vir iemand wat sogenaamd terminaal siek is. Try jou luck skilpad, it’s a no-go.

Jaco ·

Wit staatsaanklaer in 2022? Sy ras pla my nie, maar wat dan nou van regstellende aksie en “transformasie van die regbank” waaroor die ANC so gedurig kerm?

Boatsie ·

Ja ou stortkop enigiets om simpatie te soek en uit die tronk te bly.

Magda ·

Wonder waar kry hy geld vir di privaat vervolging, Kan sekere maar net dink Waar Hy dit kry, LoL of Ni kry Ni, LoL. Arrogante GEMORS van n mens. Almal kom voor GOD SE STOEL EN JY SAL OOK, HOOP JY IS REG VIR DAAI DAG, WANT DAAR GAAN JY NI WEG KOM MET JO LEUENS EN ARROGANSIE NIE.

Fanie ·

Patetiese, korrupte, selfgesentreerde konyn wat, nes baie ander, dink die wêreld skuld hom iets. Hy het sy dag in die hof gesoek maar probeer alle roetes om nie in die hof te verskyn nie. Sy sogenaamde kritieke mediese toestand moet nou maar inskop dat hy kan emmer skop.

Strandloper ·

Dink net hoe verveelig die lewe sou wees sonder clowns soos die. Die topie hou maar daarvan om sy naam met n plank te slaan.

Veronika ·

Ag hy moet liewers ophou om die aandag van sy boewery weg te lei en sy gat in die tronk kry waar hy hoort!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.