Zuma stel verslag oor universiteitsgelde beskikbaar

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die Heher-kommissie oor universiteitsgelde se verslag sê die staat het onvoldoende finansiële kapasiteit om gratis universiteitsopleiding aan alle studente te verskaf.

Die presidensie het Maandag dié kommissie se verslag te midde van groot afwagting en bespiegeling op sy webwerf geplaas. Zuma het die verslag oor studentefinansiering reeds op 30 Augustus ontvang, maar besluit om dit nou eers bekend te maak. Zuma het die kommissie, onder leiding van regter Arthur Heher, op 14 Januarie 2016 aangestel om die haalbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika te ondersoek, ná verskeie gewelddadige betogings landwyd op kampusse in 2015 en 2016 plaasgevind het.

Die kommissie het in sy aanbevelings oor universiteitsgelde ʼn finansieringsmodel voorgestel wat die NSFAS-model heeltemal moet vervang. Volgens die model moet alle studente se studie deur ʼn kostedelingsmodel van staatsgewaarborgde inkomste-gebeurlikheidslenings gefinansier word. Dit moet van kommersiële banke bekom en beskikbaar gestel word vir voor- en nagraadse studente van alle tersiêre instellings ongeag die studente se gesinsagtergrond.

Hierdie soort lenings moet ook aan studente, wat nog historiese studieskuld het, aangebied word.

Die kommissie het verder aanbeveel dat alle aansoek- en registrasiegelde by tersiêre instellings geskrap word.

Die regering moet ook sy bydraes vir hoër onderwys tot minstens 1% van die BBP verhoog, in ooreenstemming met soortgelyke ekonomieë aan dié van Suid-Afrika sʼn, het die kommissie gesê.

Jeff Radebe, die minister in die presidensie, lei ʼn interministeriële komitee vir hoëronderwysfinansiering, wat tans die volledige verslag verwerk.

Die presidensie het gesê hy sal ʼn uitspraak oor die verslag lewer sodra die ministers hulle werk afgehandel het. Zuma het besluit om die verslag intussen beskikbaar te stel sodat die publiek dit kan bestudeer terwyl hulle voortgaan om die inhoud daarvan te verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Nou moet ons net sien hoeveel hiervan Zuma gaan implementeer. Die markte is steeds paniekerig hieroor.

John ·

So, hulle wil die private banke leegtap en skuld ophoop… bankkrotskap wag… Dis ‘n vorm van nasionalisering…

Hendrik ·

Het die ou vet skelm gehoor of die banke sal instem tot so n samewerkingsooreenkoms?

Gatvol ·

Stem saam. Dit is nog die bank se besluit om risikobestuur toe te pas.

Katy ·

Gee laer skool gratis. Hoër onder wysers het hard geleer en moet betaal word. Hoe moet hul gratis aan groot mense wat soos kleintjies stout is speelgoed uit die kot gooi verniet leer?. Laat hul self reg maak wat stukkend is en af gebrand word. Dan sal hul die onderwys waardeer en leer.

ai katy ·

katy alle townshipskole is absoluut gratis. daar is nie eers registrasie of boekgelde betaalbaar nie.

Johanna Botha ·

IMF lening wag …so het die anc misluk op alle gebiede deur korrupsie ..alles gesteel gebreek gebrand en verpulp

2+2 = 5 ·

Hulle het ook werksgeleenthede vernietig. Waar gaan die studente werk kry om die geld terug te betaal ???

Doempie ·

Ek wonder of die wat gratis tersiêre onderrig wil hê bereid sal wees om gratis te werk?

Johannes van Staden ·

Wel n bank wat n lening gee moet dalk sy kop laat lees. Aa die koers verhoog brand hulle jou bank of weier net om te betaal ….ek sien NOG n gemors

Gatvol ·

Stem saam. Dit is nog die bank se besluit om risikobestuur toe te pas.

alida ·

Dit kan en sal NOOIT werkbaar wees nie. Indien hulle dit implimenteer wag daar ‘n groot gemors vorentoe.

Aitoggie ·

Ek kan nie verstaan nie. NIKS wat hul aanpak was ooit n sukses nie. Dit maak my sommer moeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.