Zuma stem in om met studenteleiers te vergader

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma sal Vrydag met studenteleiers en die bestuurspanne van die onderskeie universiteite vergader om die dooiepunt wat in die onderhandelinge oor studiefooie bereik is, te bespreek.

Die presidensie het Donderdag in ʼn verklaring gesê die vergadering, wat by die Uniegebou in Pretoria sal plaasvind, sal poog om ʼn oplossing te vind vir die studente se ontevredenheid oor die verhoging in studiefooie. Dit volg nadat betogings vandeesweek op 18 kampusse van tersiêre instansies oor die hele land gewoed het.

Die betogings, wat op sosiale media gekenmerk is deur die hutsmerk “FeesMustFall”, spruit uit studente se ontevredenheid oor die hoë koste van tersiêre kwalifikasies en hul eise vir gratis onderrig. Studente het Dinsdag Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se aanbod om die verhoging van studentefooie tot 6% te beperk, verwerp.

Volgens die presidensie het Zuma ten volle begrip vir die werkersklas en studente wat uit arm huishoudings kom se finansiële probleme ten opsigte van hoë universiteitsfooie. “Dit is belangrik dat ons saamwerk om oplossings te vind. Niemand verskil van die studente se boodskap dat arm huishoudings finansiële probleme ervaar en dus van onderrig uitgesluit word nie,” het Zuma gesê.

“Selfs in ʼn verklaring wat in Januarie vanjaar deur die regerende party uitgereik is, het ons gesê die verhoging van universiteitsonderrig word nog ʼn manier waarop die armes en weerloses in Suid-Afrika uitgesluit word. Alle partye moet ruimte toelaat vir die saak om bespreek te word op ʼn manier waarop daar ʼn oplossing gevind kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hein ·

Solank dit nie nommers is nie; dié sal hy nie kan lees nie!

Genis ·

Hy het groter probleme waarvoor hy oplossings sal moet vind nadat hy die afgelope week die Wes Kaap vir die terroriste-organisasie Hamas gegee het as tuiste.

HB ·

Wat weet hy nou presies van tersierre onderrig en wat dit behels….wat n grap.

Peet Schabort ·

UITEINDELIK !!!!
Nou ook die MOORDE, veral die PLAASMOORDE ????

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Zumie daai stidents gaan jou dril smeer jou lyf zullu vet jy gaan a dubbel bels nodig he as jy daar klaar is Soos Martin se kies jou woorde reg

Lynette ·

Lees die laaste paragraaf van berig. Is dit nie juis daardie verklaring van die regerende party wat hulle die studente betogings op die lyf geloop het nie?

Martin ·

Lynette, hy is plein net nie in staat om ‘n oplossing vir enige probleem te vind nie. In die regerende party is daar ook nie die politieke wil om oplossings te vind nie. Hulle is baie vinnig besig om hulle eie ondergang te bewerkstellig.

alida ·

Ag man dit gaan nie help nie want Zumzum weet nie eers waaroor die bohaai gaan nie !!!

alida ·

Ag man dit gaan nie help nie want Zumzum weet nie eers waaroor die bohaai gaan nie !!!

fransie rowles ·

ek hoor hom al zoem,ons land is nie in n krisis nie!!

Johan ·

Met sy uitmuntende akademiese kwalifikasies, is hy net die man om die probleem op te los.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.