Zuma sterk aan ná operasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma sal die volgende paar dae aansterk nadat hy Saterdagaand in die hospitaal opgeneem en geopereer is.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het gesê Zuma is opgeneem vir ʼn vooraf beplande operasie om galstene te verwyder. Hy is Sondagoggend weer ontslaan.

“Die dokters is tevrede dat die operasie goed afgeloop het,” het Majola gesê. “Die president sal die volgende paar dae rus en by die huis aansterk. Hy sal gedurende hierdie tydperk van die huis af werk.”

Volgens Majola is die galstene twee maande terug ontdek toe Zuma ʼn roetine- mediese ondersoek ondergaan het. Die galstene kon glo nie vroeër verwyder word nie weens die president se druk skedule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Girts-Garts ·

Ja nee, hy behoort mos vertroue te hê in die staatshospitale se diens, dis sy ménse wat daar werk…

Michiel ·

….kon nie vroeër verwyder word weens die president se druk skedule. Ja-a-a swaer. Al druk skedule wat ek aan kan dink is op die troon – you know what I mean… En dis nie haatspraak, kru, kras of vuil taal of enige van daai goete nie!

Johan ·

Die eenigste druk waarvan ek kan dink, is sy beskerming van sy koper myne in Afrika

nig ·

Die gal wat hy so gedurig oor wittes/apartheid braak het toe verhard ja…

HEVW ·

Ja Michiel, jy hoef nie so mooi te verduidelik nie. Ek weet jy is edel van inbors. Ons verstaan die gedagte van die trooon. As so in alles die bevoorregte behoort hy beslis onderlangs in druk te verkeer, en baie tyd daar op die troon te spandeer. Daarom dan ook sy holwoorde van gister. Ek bedoel dit was maar leeg soos wind.

annette ·

Se liewer die galstene is van al die heerlike duur ryk kos en Jhonny Walkers wat so mildlelik verorber word om die Russe en Chinese meer invloed en regte in ons land te gee.

Andries Erwee ·

my ouers het my geleer dat jy n siek mens beterskap toewens en nie iemand wat lê skop nie. Ek wens u beterskap toe, maar erken dat my ouers se opvoeding sekrrlik anti-afrikaner was.

jacques ·

Selde hierdie kant Andries weet nie wat het van ons volkie geword nie ons loop nou met vreeslike haat rond in ons hart. Zuma kan darm wys waarop hy ons geld gemors het gaan kyk bietjie hoeveel geld in die USA weg is wat niemand verandwoordelikheid kan gee voor nie.
Behalwe dit is biljoene dolars se wapens ook weg.
Hoop jy raak gesond Zuma.

Elsie Kotzé ·

Was dit net die galstene???? Die man word lekker maer ?

Christie Joubert ·

Seker ook weer Jan van Riebeeck se skuld….. Al daai ryk kosse waaraan hulle nie gewoond was nie!

Dee ·

Ek het hier gevra of dit ‘n Kubaanse dokter of toordokter was wat die operasie gedoen het en my vraag is verwyder. Natuurlik pla dit nie maar ontlok ‘n glimlag terwyl ek wonder of iemand gekla het daaroor en of Maroela self dit as onvanpas beskou het. Iendien wel, waarom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.