Zuma-stigting vaar uit na nóg ʼn vertraging in verhoor

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vroeëre hofverskyning in Pietermaritzburg. (Foto: Motshwari Mofokeng/ANA)

Die Jacob Zuma-stigting het uitgevaar teen nóg ʼn vertraging in die saak teen die oudpresident.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê die partye het ooreengekom dat die saak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales tot Februarie volgende jaar uitgestel word.

Die stigting sê Zuma het reeds etlike kere aangedui dat hy gereed is om met die “polities gedrewe” saak teen hom voort te gaan. Sy regspan het dit ook al verskeie kere só aan die hof gestel.

Die stigting sê nog ʼn vertraging benadeel Zuma, terwyl die NVG volhou hy het ʼn saak teen die oudpresident en dat hy gereed is om daarmee voort te gaan.

Die stigting sê voorts die vertragings beteken daar is geen geregtigheid vir Zuma nie.

“Die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Bulelani Ngcuka, het onlangs in ʼn onderhoud met Newzroom Afrika gesê wat ons nog altyd sê: Daar was geen direkte bewyse wat [oud-]pres. Zuma met die wapentransaksie-omkopery verbind nie.

“Daar was toe geen bewyse nie en daar is nou ook geen bewyse nie.”

Die stigting het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om meer billikheid en geregtigheid in howe te eis.

Die organisasie sê die handves van menseregte moet gerespekteer word en alle mense behoort bekommerd te wees wanneer staatsinstellings die howe en belastinggeld gebruik om eindelose politieke gevegte te voer.

“Die NVG se wegkruiptaktieke moet aan die kaak gestel word en die ware begunstigdes van omkopery in die wapentransaksie moet blootgelê word.

“Die NVG het herhaaldelik vir die howe en die publiek gelieg oor sy gereedheid om met die verhoor voort te gaan. In Desember verlede jaar het die NVG in die hof gesê hy is gereed om voort te gaan. Nou, in Desember vanjaar, nadat hy vir nog drie uitstelle gevra het, is hy steeds nie gereed om voort te gaan nie en maak hy net ʼn rits nuwe verskonings.”

Die stigting sê as dit wat hy aanvoer nié waar is nie, hy die NVG uitdaag om in Februarie met die verhoor te begin.

“Ons kan met groot vertroue die burgers van hierdie land verseker dat die verhoor ook nie in Februarie gaan voortgaan nie, omdat die NVG dan net weer verskeie nuwe verskonings gaan hê.”

Die stigting sê Suid-Afrikaners moet hulself afvra oor of die regbank nou gereduseer is tot ʼn deelnemer in die land se politieke gevegte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Genis ·

ANC gedrewe… Eish ou Cyril your people man… once again disappoints? Do the right thing man, take on corruption without fear of favour or STEP DOWN.. You and your corrupt ANC…

gatgogga ·

Maar as ‘n hof nie alles mag uitstel nie, wat anders is daar nog oor om te doen.
Uitstel, uitstel, uitstel, en so gaan dit aan.
Dis ook waarom die hele Zondo sirkus net nog ‘n mors van geld is – hoe lank gaan dit vat vir die vervolgings gesag om enige aanklagte voor te berei, voortspruitende uit Zondo getuienis? En dan eers begin die howe met hulle uitstellery.
Alles is ‘n klug, en ons word geflous asof ons idiote is.

Adam Adriaan ·

Moet maar aanhou om die sake uit te stel. Dit hou die knaap se gedagtes besig en uit die kwaad uit. Dit is wat hy ook wil hê. Dit hou hom op ‘n ander manier gevange en dit put die korupsie geld uit. Moet so aanhou totdat die man eendag sy koppie neerlê. Al kry hulle hom nie in die tronk nie. Lekker manier om ‘n mens se korrupte lewe af te sluit. Permanent in die hof.

Androclus ·

Is hulle dan so haastig dat hy tronk toe moet gaan dat hulle al uitvaar oor sy hofsaak se vertraging.

Tokkel ·

dink julle almal sal val vir hierdie grap…dink julle almal is onnosel….wonder wie vertraag die saak nou regtig en wie is gereeld siek of stap uit hof uit????? Meneer Zuma antwoord die vrae asb!

fbbb ·

Waarom kry hierdie klomp nog publisiteit? Dit is presies wat hulle wil hê? Vertraag die saak self al 10 jaar. Kan joernalistiek in SA bietjie wakker word en nie aan die skelms (Zuma, EFF, ens) in die land ENIGE publisiteit gee nie. Publiseer eerder positiewe nuus.

Megan Swart ·

Dagsê Sulet
Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Wondermaarnet ·

Hy speel vir tyd voor die Zondo kommissie, maar nou skielik wil hy hierdie saak afgehandel hê. Dubbel standaarde en almal val daarvoor.

Jacobus ·

Gee solank vir hom ‘n oranje Nkandla Old Boys oorpak.
As hy dan so haastig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.