Zuma-stigting vaar uit teen nuwe dagvaarding

Oudpres. Jacob Zuma vroeër vanjaar. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Die Jacob Zuma-stigting sê dit is ongekend dat ʼn regter homself aanwys om dokters te gaan ontmoet om te bewys dat Zuma wel siek was en nie daaroor gelieg het nie. Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, het vroeër aangedui dat hy die oudpresident se dokters self wil ontmoet nadat Zuma weens mediese redes nie voor die kommissie kon verskyn nie.

Die stigting het Donderdag uitgevaar nadat ʼn dagvaarding Maandag aan Zuma beteken is waarin die datums vir sy verskyning voor die kommissie uiteengesit word. Ingevolge die aansoek vra die sekretariaat van die kommissie ʼn bevel van Zondo dat hy toegelaat word om ʼn dagvaarding uit te reik wat Zuma dwing om tussen 16 en 20 November voor die kommissie te verskyn.

“Die datums daarin is dieselfde datum wat voorsitter Zondo reeds bekend gemaak het,” lui ʼn verklaring van die stigting.

“Ons het in ons vorige verklaring gesê die oorspronklike aansoek hou verband met die tyd toe pres. Zuma oorsee was vir mediese behandeling. Ongelukkig het die voorsitter geweier om te glo dat pres. Zuma wel werklik siek was en wou hy sy dokter ontmoet – ʼn onderneming wat hy steeds nie nagekom het nie,” sê die stigting.

Die stigting het só ʼn ontmoeting as ʼn ongekende stap bestempel. “ʼn Vraag wat die regspan dalk sal moet hanteer, is of die voorsitter van die kommissie informeel sy eie beslissing kan ophef en net aanbeweeg.”

Die stigting voer aan die sekretariaat van die kommissie het nou die nuwe aansoek probeer “insmokkel”. “Ons is uiters teleurgesteld deur die agterbakse aanslag deur so ʼn belangrike regsforum. Dit bevestig ons vrese dat die kommissie in elke opsig bevooroordeeld teen pres. Zuma is.”

Hy beskuldig die kommissie en sy getuienisleiers daarvan dat hulle niks anders is nie as ʼn “politieke proses wat hom voordoen as ʼn regsproses” terwyl daar agter die skerms politieke toutjies getrek word.

“Die voortgesette bevooroordeling deur die kommissie en sy voorsitter jeens pres. Zuma bevestig ons vroeëre vrese van vooroordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Androclus ·

Hy moet net tronk toe hy is skuldig.Oranje pakkies wag vir hom.Hy was mos so kwaai as hy op daardie verhoog staan en dans.”Every song has a beginning and every song must come to an ending”

Eiervrug ·

Hulle is net vies want hulle het gedink hulle kan heeltyd die “siek” kaart gooi en daarmee wegkom. Nou raak hulle benoud, en dan soos dit maar gaan is dit mos iemand anders se skuld…..Tipies…

Suzette ·

Ag man – julle stigting het geen idee wat agterbaks beteken nie!!!!

Genis ·

Ou Shabier het hom seker aangesteek..dodelik siek… oppas net om met siekte te spot….

Dup ·

Vader Jacob,Vader Jacob,slaap jy nog…? As alles goedgaan kan hy een van die dae in n eenmans woonstel intrek….en ñ nuwerwetse oranje tweestuk dra.5ster mieliepap met chacalakasous is op die menu.Ons kan nie wag nie!

Androclus ·

ahhaahhha ou Zumpies hy gaan in kwarantyn wees in sy eenmans woonstel,met sy oranje tweestuk

Dries ·

Gaap…. En wie is die Zuma stigting nou eintlik? Irrelevant.

Alta Alleman ·

Wie is PRESIDENT Zuma? Van wanneer af bly hy n president?

Androclus ·

ahhaahhha ou Zumpies hy gaan in kwarantyn wees in sy eenmans woonstel,met sy oranje tweestuk

Juffrou ·

Hy is GEEN PREDISENT nie! Hy is nou net Jan Alleman soos ons almal. Hy het GEEN titel. Sluit hom net toe. Hy het daarvoor gesoek!

koos10 ·

Zondo, los hiedie ou nou uit, hy speel jou soos ‘n pop. Gee alle inligting wat jy het oor Hermoinne Cronjè en laat sy hom hof toe sleep saam het al sy skelm kaders. Hy gaan aanhou om jou te blameer vir alles wat hy kan. Hy probeer uit die hof bly so lank moontlik en hoop om van ouderdom dood te gaan voordat hy in die hof was.

Sê-mar-net ·

Die spreek woord lui nie verniet- “gee hom genoeg tou…..” Ek soos die strop al nouer begin trek word die gespook en gespartel al meer desperaat! I love waching Zuma squirm!

Jakes ·

Hy moet kom getuig sodat hy sommer ander maters ook kan impliseer. Ek is seker dat hy n paar blikke wurms met hom rond dra.

Cornelius ·

Die Zuma Kommissie? Wat is die doel van die Kommissie?

Johann ·

Nie dat sy “kultuur” in Westerse diagnoses glo soos SOSIOPAAT en PSIGOPAAT nie…want dan was hy laaaaaaankal in ‘n spessiale saaltjie om hom van die gemeenskap te onthou. Maar hy glo homself en sy reg en claims SO goed, hyt hordes wat agter hom aanloop en loof en prys en beskerm.

Gevaarlik dom astrant en selfsugtig.

Jacobus ·

Oom Jacob jy het lustig geskep en laaang tue gedrink en net waar jy geslaap het jou saadjies gesaai. Nou tyd dat jy rekenskap gee! Vat jou slae soos ‘n man.

Moedeloos ·

Die wetgewing gee my werknemer die reg om op hul eie onkostes my na n ander dokter te laat gaan indien hul vermoed ek is nie rerig siek soos my dokter beweer nie. Hoekom geld dit nie hier ook vir Zuma nie. N 2de opie is nodig vir die kommissie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.