Zuma-stigting wil nou teen Downer-uitspraak appelleer

Oudpres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Pietermaritzburg (31 Januarie 2022) (Foto: Jerome Delay/Pool/AFP)

Die Zuma-stigting beoog om hom na die Appèlhof in Bloemfontein te wend om die Pietermaritzburgse hooggeregshof se beslissing om nie van adv. Billy Downer ontslae te raak nie, te bestry.

Dié hof het Woensdag oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vorige uitspraak rakende adv. Downer van die hand gewys. Regter Piet Koen het gesê die oudpresident se appèlaansoek behoort nie in hierdie stadium van die verhoor aangehoor te word nie, aangesien die aansoek tot vertragings en dus uitgerekte verhore sal lei.

Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Zuma-stigting, sê die stigting verwerp die hof se beslissing en sal die saak nie daar laat nie. “Ons sal die saak selfs na die Konstitusionele Hof neem indien dit moet. Net sodat geregtigheid sal geskied,” het Manyi aan Maroela Media gesê.

“Ons soek net ʼn regverdige verhoor vir oudpres. Zuma.”

Manyi sê die stigting sal nie toelaat dat ’n advokaat met strafregtelike klagtes teen hom Zuma verhoor nie. ’n Klag is vroeër teen Downer ingedien omdat hy glo beëdigde verklarings met inligting oor Zuma se gesondheid laat uitlek het.

“Hoe is dit regverdig dat ’n man met spreekwoordelike vuil hande die verhoor lei? Dit is werklik ’n hartseer dag vir Suid-Afrika se regstelsel.”

Zuma het Downer aanvanklik van vooroordeel beskuldig en ’n aansoek gebring om hom as aanklaer in die korrupsiesaak te laat verwyder. Koen het egter in Oktober verlede jaar dié aansoek van die hand gewys en bevind Zuma se bewering is grootliks bespiegelend en ten beste gegrond op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.

Zuma en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Heinrich ·

“Ons soek net ʼn regverdige verhoor vir oudpres. Zuma.” Wat ‘n grap!

Pieter ·

Wat weet julle anc kommuniste van regverdig af dit is nou die grap van die jaar

Frank John ·

Die onregverdige soek regverdigheid. As dit is wat hy wil hê sit hom in die tronk en verkoop alles wat hy het sodat sy vinansieële skuld vereffen kan word. Die res kan hy in die tronk afbetaal

Suzette ·

Kan die nar se konstante appellering nie vir eens en vir altyd gestop word nie – werklik! Dit hou net aan en aan….

Casper ·

Manyi kan omtrent hartroerend raak oor oupa en die ongeregtigheid wat teen kom gepleeg word.Dit gaan lankal nie meer oor geregtigheid nie maar om die jakkals uit die tronk uit te hou.

Kobus ·

“Hoe is dit regverdig dat ’n man met spreekwoordelike vuil hande die verhoor lei? HUH!!! Hoe verdedig julle ‘n ou wie se hande en gewete vuil is? Hy het dan al jare gelede gepleit dat hy sy dag in die wil hê. Hoekom gun julle hom nie dit nie? Hoop die howe staan nou vas en handel hierdie aangeleentheid nou af.

Kokerboom ·

Die kader en sy narre maak ‘n bespotting van SA regstelsel. Laat hom vir ALLES betaal

Raadsman ·

Hy moet mos aansoek doen vir appel van sy sel af, en nie van sy huis af nie.

domheks ·

Kan die NAR nie net in die tronk gegooi word en die sleuter verdwyn nie?
20 jaar en die regstelsel het nou nog nie geregtigheid laat geskiet nie!

Stephen ·

Vertragingstaktiek om hom uit die tronk te hou. Hulle sal nie ophou nie

Genis ·

Daai foto spreek boekdele… ek kon in my lewe nie geglo het, ons sal in SA sit, waar ons vandag sit nie….

Swerwer ·

Wat het die “Zuma-stigting” met die hele saak uit te waai. Erken dat Zuma skuldig is en klaar. Dit is onmenslik om te dink dat hy en sy stigting hom verhewe bo alle ander Suid Afrikaners. Hy is ‘n mens in vlees en bloed, hy is nie ‘n ikoon of God nie, dalk ‘n afgod vir die stigting en ANC Kader maar beslis vir niemand anders nie.

Johanncb ·

Hierdie man sal bly appelleer tot sy dood! Die maklikste wyse om jou plig en die wet te ontduik!

Misky ·

Wat verstaan hulle nie!!! Howe moet net eenvoudig sê nee en genoeg is nou geneog!!!

Dirk Mostert ·

Wie befonds die Zuma-stigting? Waar kry hulle die geld vandaan vir hofsake? Ons regstelsel is ‘n klug, as dieselfde saak kort-kort op appel is. Is regsuitsprake dan so onbetroubaar?

Althes ·

Waar kry die Zumastigting so baie geld om heeltyd te appeleer?

JohanR ·

My gooiste dit moet een of ander tyd tot ‘n ent kom! Kan die Appèlhof in Bloemfontein nie nee se, dan moet die saak voert gaan? Ek is nie ‘n gewoonlik ‘n geweldadig mens nie, maar ek will daai glimlag van Zuma se gesig afklap!

AndrewL ·

Waarvoor is Zuma bang?

As hy dan onskuldig is, sal hy dit mos kan bewys!

Dit is tyd dat hy pa staan vir sy dade

Johann ·

Uitstel uitstel uitstel…totdat die gewetenlose boosheid ophou asemhaal en DAN is hy die “people”se held!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Zuma stigting lewe lekker in Lalaland! Tyd geword dat geregtigheid sy gang gaan en seevier.
Hierdie aards skelm het miljoene lewens in SA vernietig deur sy kriminaliteit, korrupsie en die vernietiging van die regstelsel, semi-staats instellings, gewone staat instellings en eens trotse, winsgewende entiteite. Hy speel noual vir jare lank kat en muis, maar sy getender vir bykans 20 jaar noual vir ‘n Oranje snyers-pakkie, is besig om vinnig waar te word. Die oorgroter meerdheid Suid-Afrikaners wag nou reeds jare lank al dat Zuma verhoor word en pa staan vir sy wandade teen Suid-Afrika. Ek hoop hy vrot in die tronk.

JM ·

Zuma kan jakkalsdraaie gooi tot die dag van sy dood, maar voor die Almagtige God sal hy gaan verantwoording doen, want daar sal hy nie kan wegkom nie.

Hans ·

Darem jammer dat die een eksvrou paar jaar terug die gifresep verkeerd gebruik het.Dan sou hierdie uitgerekte saak teen Zumpie lankal gesluit gewees het.

Blomme ·

Ag ASB laat die man tog net verdwyn… Hy kry nog al die aandag wat hy nie verdien. Laat hy gaan sit en vergaan op Nkandla. Hy teer nog net op ons belasting geld. Los maar al die aanklagte. Hy gaan in elke geval NIKS oorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.