Zuma: ‘Stop xeno-moorde’

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Pres. Jacob Zuma het Woensdag die xenofobiese geweld, wat reeds tot die dood van minstens vyf mense in Durban, KwaZulu-Natal, gelei het, ten sterkste veroordeel.

“Ek dink dit moet nou einde kry, want ons kan nie voortgaan om mekaar dood te maak nie,” het Zuma in ʼn voorafopgeneemde onderhoud gesê wat op die SAUK se radio- en televisiekanale uitgesaai is. “Wat in ons land gebeur, is onaanvaarbaar. Ons veroordeel die feit dat mense aangeval en vermoor word.”

Talle polisiebeamptes is intussen in Johannesburg ontplooi uit vrees dat xenofobiese geweld daar kan opvlam nadat talle winkels wat aan buitelanders behoort Woensdag gesluit was en motoriste in die middestad se motors met klippe bestook is.

Riah Phiyegah, nasionale polisiekommissaris, het gesê tot 800 polisiebeamptes is in KwaZulu-Natal ontplooi nadat xenofobiese geweld in Durban, Pietermaritzburg en Isipingo voorgekom het. Duisende buitelanders in KwaZulu-Natal is na plekke van veiligheid geneem.

Zuma het ook in sy onderhoud gesê die regering is bewus van die mense in Suid-Afrika se frustrasie. “Ons kan nie aanvaar dat, wanneer daar uitdagings is, ons geweld gebruik veral teen ons broers en susters van die kontinent nie. Ons het al voorheen gesê dat hulle ons gehelp veg het vir ons vryheid toe ons in die moeilikheid was. Hulle het ons nie weggejaag nie.”

Zuma het ʼn beroep vir kalmte gedoen. “Ons het die woede gesien en ons verstaan mense is gefrustreerd, ons doen ʼn beroep vir kalmte sodat ons die probleme kan oplos.”

Die polisie in KwaZulu-Natal het gesê nagenoeg 80 mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die geweld.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Madelein ·

Maw dié wat nie gehelp het met die bevryding van die ANC nie (die kolonialiste) moet geteiken word? Duidelik is dit tog indirek gesê dat geweld en moord eerder teenoor blankes toe gespits moet word.

Madelein ·

Maw dié wat nie gehelp het met die bevryding van die ANC nie (die kolonialiste) moet geteiken word? Duidelik is dit tog indirek gesê dat geweld en moord eerder teenoor blankes toe gespits moet word.

Hendrik ·

Onthou om jou seuntjie Edward te sê daarvan as die familie weer om die kospotte van Nkandla vergader. Volgens hom is Suid Afrikaners “unnecessarily accommodating illegal immigrants in this country”…

Woutrer ·

Ek dink weer dat dit liewer die buitelanders moet wees as boere en ekonome. Zuma het nog nie eenkeer so heftig te velde getrek teen plaasmoorde nie.

Henrietta Klaasing ·

Ek stem saam Wouter, ons wag al JARE dat Zuma teen plaasmoorde nie net praat nie, maar OPTREE. En ander blankes ook: lees maar net die hoofberigte op Netwerk24 om te sien hoeveel wittes vermoor word – vanoggend weer ‘n wit man dood vir NET SY BEURSIE!

Knersus D ·

Stem met Wouter. Laat die uitvaagsels eerder die uitlanders beroof en vermoor. Dit hou hulle tenminste weg van die plase en voorstede waar ek bly.

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma jou ou seuntjie en koning is verantwoordelik vir die aanvalle . Roskam hulle eerste en dan maak jy asb. jou groot mond oop oor plaasaanvalle en moord en doodslag op die blankes ,wat jy beslis nie sal doen nie want sooswat van die kommentare dit duidelik stel, jy keur dit goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.