Zuma straks afwesig by staatsrede

LP’s tydens ‘n parlementsitting. (Foto: GCIS)

Oudpresident Jacob Zuma lyk of hy vanjaar se staatsrede kan misloop te midde van die omstredenheid oor sy klaarblyklike siekte, die verwerping van sy siektebrief deur die hof en die gevolglike lasbrief vir sy inhegtenisneming.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het vandag aan die parlementêre perskorps gesê Zuma het nog nie laat blyk of hy pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede gaan kan bywoon nie.

Die staatsrede vind volgende Donderdagaand, 13 Februarie, om sewe-uur plaas.

Oudpresidente FW de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe, voormalige adjunkpresident Baleka Mbete en oudspeaker Frene Ginwala het reeds bevestig dat hulle die geleentheid sal bywoon.

Die parlementsopening se swierigheid is taamlik ingekort om geld te bespaar. Hoewel daar in hierdie finansiële jaar R7,2 miljoen begroot is vir die twee staatsredes, het die een in Junie (na die verkiesing) R2,6 miljoen gekos en sal volgende week se staatsrede ook ver onder begroting wees. Van die besparings sluit in dat die publieke erewag en die dinee vir parlementslede gekanselleer is en dat die advertensiekoste ingeperk is.

Daar sal weer ‘n imbongi (pryssanger) wees en die parlement se koor sal optree. Die seremoniële staatspresidentswag sal in aksie wees. Daar sal ook ‘n volle militêre parade wees met ‘n verbyvlug en ‘n saluut van 21 kanonskote.

Die tema vir vanjaar is die dertigjarige herdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk met die fokus op vrede en versoening. Meer as 800 plaaslike en internasionale joernaliste is geakkrediteer om die geleentheid te dek.

Die debat oor die staatsrede sal op Dinsdag 18 en Woensdag 19 Februarie plaasvind, en Ramaphosa se repliek op Donderdag 20 Februarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Strandloper ·

Mmmmm die knaap doen seeker die Roof of Africa rally met sy bike

Nie Verbaas ·

Hy kan nie staatsrede bywoon “as hy nie in die land is nie”. Onthou julle nou? Hy lei aan ernstige “syfersiekte”

msp ·

Laat hy maar met “our people” praat. Ons mense wat nie eers raakgesien word nie moet nou saamstaan en met trots die toekoms aanpak. Help mekaar, ondersteun mekaar en laat ons mekaar in die tyd oppas soos een groot familie. Ons mense moet weer saamwerk sodat ons weer ons trots en taal kan bevorder en beskerm. Ek is vandag al ń ouman, ń Afrika mens, ja ń trots Afrikaner. Kom ons werk onder onsself om weer alles in sy plek te kry tot ons eie voordeel. Waar ń will is is ń weg. Laat ons 100% mekaar in alles help terwyl hy maar jaarliks met “our people” praat.

Niklaas ·

Zuma is onaantasbaar. Waarom dus tyd en geld mors met kastige vervolging van die “siek” persoon? Daar is absoluut geen kans van enige tronkstraf vir hom nie , nie eers 15 minute nie. Staak dus die narrespul en lastige grappies. Red eerder SAL of sukkelaars Eskom

Scalla ·

Hy sal ongelukkig nie die geleentheid kan bywoon nie, hy beoefen skyfskiet vir sy siekte, gholf het vir Shaik gehelp.

Luister ·

R7,2 miljoen is nog steeds baie! Wie vra so baie geld om die staatsrede by te woon?

Jr ·

Gaan hy en die paddakop span van hom ń siek note indien by Madamn Speaker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.