Zuma-straler gee weer probleme

Die president se straler, Inkwazi. Foto: Kjell O Granhund via saairforce.co.za

Die president se straler, Inkwazi. Foto: Kjell O Granhund via saairforce.co.za

Pres. Jacob Zuma se presidensiële straler, Inkwazi, het glo weer tegniese probleme ondervind en hy moes met ʼn ander vliegtuig na Pretoria vlieg ná sy staatsbesoek aan Katar.

“Inkwazi het tegniese probleme in Katar ondervind en die president moes met ʼn alternatiewe vliegtuig terugvlieg,” het dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, Vrydag gesê. Ngqulunga het geen verdere besonderhede oor die probleme verskaf nie.

“Die president het Vrydag in Pretoria geland ná sy suksesvolle staatsbesoek. Hy is nou op pad na Alice in die Oos-Kaap om die eeufeesvieringe van die Universiteit van Fort Hare by te woon.”

Zuma was in Februarie in Burundi gestrand toe Inkwazi ook “tegniese probleme” ondervind het. Die presidensie het toe ook net gesê Inkwazi het tegniese probleme ondervind en het geen verdere besonderhede verskaf nie.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het op 11 Mei aangekondig dat ʼn nuwe straler vir die presidensie aangekoop sal word vir die vervoer van Suid-Afrika se BBBP’s (baie baie belangrike persone).

Mapisa-Nqakula het beklemtoon dat die verkryging van die straler dringend is, aangesien die presidensiële straler, sowel as die straler waarmee Ramaphosa vervoer word, al verskeie kere tegniese probleme ervaar en hul lewens in gevaar gestel het.

Twee dae daarna het Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie en die hoof van die ANC se verkiesingsveldtog, aan ANC-ondersteuners in Soshanguve in Pretoria gesê Zuma kon nie daar wees nie aangesien hy eers later as beplan in Suid-Afrika aangekom het weens tegniese probleme wat sy straler in Uganda ondervind het.

Die presidensie het egter daarop reageer en gesê dit was nie die geval nie. “Die presidensie wil graag bevestig dat die straler geen tegniese probleme ondervind het tydens die besoek aan Uganda nie. Zuma was in Kampala vir pres. Yoweri Museveni se inhuldiging. Minister Mokonyane het die uitlatings gemaak gegewe die inligting wat sy toe gehad het. Die minister is daarna verwittig van die verwikkelinge,” het dr. Ngqulunga toe gesê.

Daar is nog nie duidelikheid presies hoeveel die nuwe straler gaan kos nie. Mapisa-Nqakula het kort voor die begrotingsrede uitgevaar teen diegene wat beweer die luukse straler sal R4 miljard kos. “Ek dink iemand het net eendag opgestaan en gesê die weermag gaan R4 miljard bestee in ʼn tyd dat die ekonomie nie goed doen nie en natuurlik is elke Suid-Afrikaner in rep en roer.” Sy het egter geweier om te sê hoeveel die departement bereid is om aan die nuwe straler te bestee.

Armscor het verlede maand die tender vir ʼn nuwe luukse straler bekend gemaak. Die nuwe straler sal glo sowat R4 miljard kos. Vroeër is berig die straler sal 30 mense kan vervoer en boonop spog met ʼn private slaapruimte met ʼn en suite-badkamer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Theo ·

Beskik ons dan nie meer oor tegniese personeel wat herstel of vervangings werk kan doen nie?

Johan Pretorius ·

Die regering rol die hele land n mielie oor die vliegtuig, hulle hou aan om te se daar tegniese probleme, sodat hulle die duurder vliegtuig kopery kan regverdig. Ek dink hulle sal so ver gaan om die vliegtuig self te saboteer, sodat hulle vir almal kan se die vliegtuig is nie meer herstelbaar nie. Dan kan hulle vir die sogenaamde president sy nuwe vliegtuig koop. Hulle is uitgeslape die regering.

Moeggepraat ·

Die tegniese personeel was almal aan die einde van April ’16 afgelê.

moeks ·

Al wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom gee die vliegtuig nooit probleme in SA nie, net altyd in ander lande? Geen probleem as die vliegtuig waar ook al heen vlieg nie. Kom veilig daar maar nie terug nie?

Deon ·

Ek dink hulle moet kyk na die diens van die straler hoe effektief dit gedoen word.

Gert du Plessis ·

“If you tell a big enough lie and tell it frequently enough, it will be believed.”
― Adolf Hitler

alida ·

HULLE LIEG !!! Die vliegtuig makeer niks. Dit is net ‘n manier om geld te mors !!!

Karma ·

Presies, Alida, presies. Hulle – wie dit ookal mag wees – skep nou insidente waar die vliegtuig ‘probleme’ gee, net om te kan sê: “Maar kyk hoeveel keer het die vliegtuig nou al probleme gegee …. Daar moet ‘n nuwe een gekoop word!” En ja, hoekom gee die vliegtuig dan nie probleme terwyl hulle met die ou skelm uitvlieg nie, maar net as hulle terugkom? En ja, hoekom is daar nie tegnici wat die probleem/probleme kan identifiseer en herstel nie. En, mag Jan Publiek aandring op ‘n tegniese verslag van gekwalifiseerde tegnici wat die vliegtuig geïnspekteer het?

MJL ·

Hoekom ‘n privaat slaapruimte? Hulle kan mos maar sit en slaap. Soos in die Parlement.

Uys ·

Wagwoord: ” Diens en onderhoud”
Stel weer die mense indiens wat bekwaam is om die vliegtuig te diens en onderhou by Denel.
Al die bekwame hande is afgelê omdat jz bang was hulle pueter met die vliegtuig en dat die dan sal val.
Kan ons as publiek asb sien wie, wanneer en rand waarde wat spandeer word om die vliegtuig tans te onder hou.
jz jou nuwe vliegtuig gaan ook nie hou as dit nie gediens word nie.
Air Force One is al dekades in diens en hoor nie dat daar gereeld ń nuwe gekoop word nie.
Indien dit wel gebeur kan die VSA dit bekostig, want hul koop aan in US $

Jan ·

Hulle ervaar seker turbulensie en dink dan die straler makeer iets!

Liza ·

Kan dit imagine! JZ: “Did you feel that? They are coming for me….” Hahahaha

Zumie ·

Julle belastingbetalers word maar net gewoond gemaak aan die idee dat julle vir el prezedente ‘n nuwe speelding gaan koop…. elke kort kort verklarings van probleme met die ou vliegtuig … ai ons MOET ‘n nuwe een koop….

Flip Sadler ·

Stem saam, hul maak ons net sag om daai nuwe een te kan ” koop”

lynette ·

Daardie vliegtuig makeer niks. Hulle lieg so oor en weer net om die seuntjie gelukkig te mag hou met n nuwe stralertjie. Hy is so soet en moet beloon word.

Irah ·

Die vliegtuig is in 2002 gekoop. Het nie juis lank gevat om hom op dieselfde pad as die land te stuur nie…

Floors ·

So as hy nou n nuwe een kry wat word van “inkwazi” gaan hy ashoop toe of word hy reg gemaak en verkoop?… Al hoe wel daar drie Air Force 1’s kry Obama elke keer n nuwe een as daar n tegniese fout is? Zuma is slim en ons almal is dom, onthou net julle

Johann Marx ·

Jare gelede wou ek ook ‘n nuwe kar gehad het…..Jy sal nie glo hoeveel keer die “ou” kar gebreek het in die maand voor ek die nuwe een gekoop het nie…..En toe iemand anders my “ou” kar koop? Was al daai “tegniese probleme” skielik weg! Kan jy glo?

Berhalet Beukes ·

Taktiek… Zuma soek mos juis ‘n nuwe straler…

Jef ·

Miskien het hulle n klein foutjie begaan in plaas van kerosine te gooi, toe gooi hulle diesel.
Nou is die vliegmasjien kapoet eish.

Buitestaander ·

Kort voor dit begroting sou iemand waag dat die straler R4 miljard gaan beloop. Daar is erg te veelde getrek teen die duimsuigery.
Met die tender is wel bepaal dat die koste wel R4 miljard sal beloop.
Wie lieg nou?

m ·

Netso Chris!! Hierdie sogenaamde tegniese probleme is ma net om te sorg dat hy sy nuwe vliegtuigie kry. Iemand is seker weer betaal om n fiktiewe tegniese verslag op te stel oor die toestand van die vliegtuig. Oudste trick in die boek!!!

Jan maak n Plan ·

Ek het sopas die goedkoopste en mees effektiefste oplossing gekry vir ons gaeagte president se straler probleme!!!! HY MOET BY SY HUIS BLY!!!!!!!!!!!

Willie E ·

Hulle sal wragtag een of ander tyd vir daai erreplane ‘n nuwe carberator moet opsit, anders klim hulle een van die dae langs die pad uit om hom te moet stoot….wonder hoekom het hulle die roof carrier afgehaal?….

Zumie ·

… Kom ons klub saam en koop vir hom ‘n fiets (met 2 kantwiele) …..

Willie E ·

Moet se hy lyk nogal heel windgat met die “white wall” tyres…

Johan ·

Die paneelkissie se deksel wou seker nie oopmaak nie. Hulle gaan nou alles probeer om te regverdig dat hy ‘n nuwe straler moet kry. Dit gaan ook wyd en suid verkondig word in alle koerante en tydskrifte sodat almal op die ou einde saamstem dat ons groot leier, nommer 1, nie so kan sukkel nie

Willie E ·

Alle grappies op ‘n stokkie,hoe de hel kry hierdie klomp dit reg om te koop sonder geld??? Ek sukkel my gat af omdit reg te kry…

cr ·

Aag nee, is die stort in die vliegtuig alweer buite werking. Shame!

alida ·

HOU DIE DING IN STAND EN DIENS HOM GEREELD!!! Dit is wat ons gewone mense met ons eeu ou motors doen. Hou jou hand aan die ding dan hou hy vir ewig. Gordhan moet nie bes gee en daardie pampoen sy sin gee nie. Daar is NIE GELD NIE !!!

tamboti ·

Ons piesangrep. se pres. verdien niks meer as ‘n Dakota nie, met “Lazy Boy” en ‘n “shower” in!

Lance ·

Ag wie glo die mense nog….tog SO voorspelbaar …laas moes ons hoor dit was gladnie eers n probleem nie …skelmstreke !!!

Lance ·

Net dat julle weet …daar is nie n woord vir onderhoud / maintenance in Zulu nie ….daar is net n woord vir regmaak ….spreek dit nie boekdele !!!….wonder hoe lekker vlieg mens met daardie idee in jou agterkop ….

Connie ·

Kry mense wat weet wat hulle doen om die vliegtuig reg te maak. Ons is nie dom nie. Fire die mense wat nou die ding omsien.

Franscois ·

Klomp snert, die ding word stil stil gestrip en aan die scrap yards verkoop,Dit is ongelukkig in hulle bedryf, zuma moet maar voetslaan

MM ·

Dis ook nie BBBP ( baie baie belangrike persone nie) Dit is BBP net( baie belangrike persone!)

Landi Slatter ·

Dagsê MM

In die geval word daar wel na baie baie belangrike persone (BBBP’s) verwys naamlik die president en adjunkpresident. Die presidensie tref die onderskeid.

Vriendelike groete
Landi nms Maroela Media

Hannes ·

In my persoonlike opinie staan bbp vir baie belaglike propaganda, ekke stem, die “tegniese probleme” is n rookskerm probleem om die nuwe aankoop te regverdig, punt klaar.

Rosa ·

Maak hom reg!! .. O hulle kan nie want die mense wat dit sou kon doen is vervang deur die wat nie kan nie.

Wynand ·

Stem saam met Jan maak n Plan: No1 moet by die huis bly en ophou om ons geld te mors met lekker kuier in die buiteland

Gertjie ·

Will the last person leaving Sout-Africa – Turn out the lights.

John ·

Dis of die man verleen status aan die vliegtuig, of die vliegtuig verleen status aan die man. Raai, raai watter een ….

elize ·

Daai vliegtuig van JZ voel soos baie van ons.wil nie meer in Suid Afrika wees nie.dis aaklig verby.maar ons word gedwing om te bly.

Francie ·

Hy en sy vrinne is besig om sakke vol kontantgeld landuit te vat? Hulle kermery is soos dié van ‘n bedorwe kind wat ‘n nuwe speelding wil hê. Duidelik het hulle geen benul nie hoe mense daagliks moet opoffer om betyds by die werk te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.