Zuma-straler het toe nie probleme gegee

Zuma met sy aankoms in Uganda. Foto: Elmond Jiyane

Zuma met sy aankoms in Uganda. Foto: Elmond Jiyane

Die presidensie het ontken dat pres. Jacob Zuma tegniese probleme ondervind het met sy amptelike straler, Inkwazi, in Uganda.

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie en die hoof van die ANC se verkiesingsveldtog, het Vrydag aan ANC-ondersteuners in Soshanguve gesê pres. Zuma kan nie daar wees nie aangesien hy eers Vrydagoggend in Suid-Afrika aangekom het weens tegniese probleme van sy straler in Uganda.

Volgens dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, is dit egter nie geval nie. “Die presidensie wil graag bevestig dat die straler geen tegniese probleme ondervind het tydens die besoek aan Uganda nie.”

Ngqulunga het gesê Zuma was in Kampala vir pres. Yoweri Museveni se inhuldiging. “Minister Mokonyane het die uitlatings gemaak gegewe die inligting wat sy toe gehad het. Die minister is daarna verwittig van die verwikkelinge.”

Die minister van verdediging het Woensdag aangekondig dat ʼn nuwe straler vir die presidensie aangekoop sal word.
Min. Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gesê die nuwe straler sal gebruik word vir die vervoer van Suid-Afrika se BBBP’s – baie baie belangrike persone – onder wie pres. Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Tiger ·

Ons sal voortgaan om op ‘n mooi manier aan soveel arm ”anc ondersteuners” moontlik te verduidelik dat die regering hul lewens NIE gaan verbeter NIE omdat hulle president ‘n nuwe jet van R4 miljard gaan kry .Net miskien kan dit help as mens hulle mooi inlig.

Loon ·

Netso Tiger, sal my bediende gister vir my sê hulle sal nie vir die MAMPARA stem nie want hy sorg nie vir die land se mense nie!!!
Baie van hulle is ook nou nie stupid nie.

Koos ·

Moenie glo nie, vertel een ding maar doen ander. Sedert ’94 verkiesing vertel my werkers hulle stem NiE anc , wat natuurlik liegstorie is My afleiding is dat hulle dink ek sal kwaad wees as hulle anc stem. Moenie dink anc sal uitgestem word nie!

wilma ·

In ou regering het niemand hul eie stralers gehad nie. Hulle het met gewone vliegtuie gevlieg. anc moet op hou geld mors

christine ·

Sy oe moet verskriklik goed wees om deur daai bril te sien. Of wil hy daai oe wegsteek wat soos n akkedis op die kante afloer na sy broeksakke

HEVW ·

Die bril het met n persoonlikheidsprobleem te make. Dit beskerm hom teen mense wat hom kan sien vir wat hy is. Op die foto blyk dit ook dat hy kwistig met n velbleikmiddel omgaan.

John ·

… die ANC gereed maak, soos soldate vir ‘n oorlog, se ons president glo tydens ‘n voorverkiesingstoespraak … ja nee, dan is ‘n nuwe vlugtuig die gepaste geskenk … net ingeval …

Lance ·

Nogal so n vermoede gahad …wou net almal so bq breinspoel vir die nuwe ene

Koos ·

Weet verseker, die vliegtuig sal voortaan nog meer “probleme” gee ten einde nuwe aankoop te regverdig

Marietjie ·

zuma moet minder rond vlieg, en in sy land bly wat besig is om te brand, deur sy leuns aan die kiesers en nou is hulle gatvol, van sy lee beloftes.

Des ·

Ons kan skop en skree soos ons wil, maar niks in SA sal verbeter solank as Zuma en sy “clan” aan bewind bly nie. Hul lieg, bedrieg en verneuk alle Suid Afrikaners ongeag van wie dit is. Die regering is net daarop ingestel om hulself sover moontlik te verryk, en dit is beslis ten koste van die land en sy mense. Die vliegtuig is maar nog ‘n bewys van die regering se arrogansie en wanbestuur van die balastingbetaler se geld. Todat mense nie reg stem en die land weer onder ‘n regering plaas wat varstand het en die land “bestuur” tot voordeel van ekonomiese groei nie, sal ons net al meer agteruitgaan. Sal ‘n tweede Zimbabwe word. Was Donderdag op die N12 tussen Christiana en Bloemhof waar voertuie weereens deur ontstokes oor swak diens gebrand is. Die vraag is hoekom val hul nie die regering en die plaaslike bestuur se bates aan nie? Brand Nkandla af. Hoekom die privaat indivu s’n wat niks met die regering te doen het nie? Ongelukkig het Zuma ook die EFF gekweek en nugter alleen weet wat sal gebeur as die klomp moet regeer. Ek dink net meer anargie.

Johann ·

Immagine die geld wat vir BBP’S se vervoer per lug.spandeer word…inbv die SAL se inkomste? Maar nee…diensulke BBP’S sal nie n kans verby laat gaan om blatant te vat van die wat wel bydra tot die land se ekonomie nie. Ek bedoel: as dit nie n blyplek is vir Zuma en sy kraal bewoners nie, dan n flippen fliwgtuig!!!! ARROGANSIE VERBY!!!!

Ben Prinsloo ·

Mokanyane het net nog probeer voorbrand maak by die massas ter goedkeuring van die gewraakte vliegtuig.

Piet Piper ·

Al wat ek kan doen wat my woede bietjie laat bedaar is om die bestaan van ‘n karikatuur president in my onderbewussyn te ontken.

Hendrik ·

By swartkops se museum staan n so te se nuwe bosbok vliegtuig in camo kleure gespray hy kan hom verniet kry en baie meer aandag trek maar ja.

Jef ·

Die geld kan goed van te pas kom om werkgeleentheid te skep, mediese versorging vir mense uit te brei en te verbeter, arm mense te help met kos en klere en mense op te lei om dag en nag die plaasboere te beskerm en die ekonomie invoer uitvoer van SA weer aan die gang kan kry.
Dit is wat ek sou doen as ek president was en ek beskikking sou he met n bedrag van 4 miljard.
Okay ek weet eks nie president nie maar om daaroor te droom is mos nie verkeerd nie.

Boertjie ·

Deel asb. Die lys van die baie baie baie belangrike mense! Daar is seker so baie dat daar 10 stralers moet aangekoop word met 4 miljard.Daar is twee airforce one vliegtuie net vir Obahama so hoe gaan een genoeg wees vir meer baie baie baie belangrike ……

zephni ·

Ag wat n jammerte…kon die hoof opskrifte in koerante al sien..’Straler phewww boef teen n berg vas’

christa ·

Gee eerder aandag aan diens lewewring in ons Land Zuma mors geld wat ons land nie het nie en wanneer wil julle nou onslae raak van hom stuur hom in sy maai in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.