Zuma stuur afvaardiging na Zim

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Pres. Jacob Zuma het Woensdag twee afvaardigings na onderskeidelik Zimbabwe en Angola gestuur in die lig van die politieke situasie wat tans in Zimbabwe afspeel.

Zuma het vroeër namens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) ʼn beroep gedoen vir kalmte en selfbeheersing te midde van die politieke spanning in Zimbabwe. Hy het sy hoop uitgespreek dat die verwikkelinge in dié Afrika-land nie tot “ongrondwetlike veranderinge in die regering” sal lei nie, omdat dit in teenstelling sal wees met die SAOG en die Afrika-unie se posisies.

Die presidensie het Woensdag in ʼn opvolgverklaring gesê Zuma het met pres. Robert Mugabe gepraat wat aangedui het hy is in sy huis vasgekeer, maar dat hy veilig is. “Suid-Afrika was ook in kontak met die Zimbabwiese weermag,” lui die verklaring.

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Zuma het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, en Bongani Bongo, minister van staatsveiligheid, na Zimbabwe gestuur om met Mugabe en die Zimbabwiese weermag te vergader.

ʼn Afvaardiging is ook na Angola gestuur om met pres. Joao Lourenco, die voorsitter van die SAOG se liggaam vir politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, te vergader om hom van die situasie in te lig.

“Die president het die regering van Zimbabwe en die Zimbabwiese weermag aangemoedig om die politieke dooiepunt op vriendskaplike wyse op te los en het ʼn beroep op die weermag gedoen om te verseker dat die vrede en veiligheid in die land nie in gedrang gebring word nie,” het die presidensie gesê.

Mapisa-Nqakula sou aanvanklik vir Zuma vergesel het Botswana toe vir die Suid-Afrika-Botswana Binasionale Kommissie (BNC) in Gaborone Vrydag.

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Zuma word ook vergesel deur Maite Nkoana-Mashabane, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale verhoudinge en samewerking, Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie en Tokozile Xasa, minister van toerisme.

Zuma sal mede-voorsitter van die vierde sessie van die BNC wees. ʼn Ministeriële vergadering sal Donderdag gehou word.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Suid-Afrika en Botswana se staatshoofde vergader jaarliks binne die raamwerk van die BNC om bilaterale samewerking te hersien en “kwessies van gemeenskaplike belang” te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Al ·

Zums moet ook maar oppak en waai. Zim en SA dryf hul burgers te ver.

kat ·

Hy is bekommerd oor sy beste beste maatjie wat alles in Zum afgebreek het – presies soos hyself= soort soek soort

kat ·

Hy is bekommerd oor sy beste beste maatjie wat alles in Zum afgebreek het – presies soos hyself= soort soek soort – en homself daardeur verryk het.

Rupert Ashford ·

Al wat ek wil se na ek hierdie berig gelees het: Sterkte aan Ian Khama vir die volgende paar dae!!!:-)

Wanda ·

Plaas kry Zuma sy eie land en belange reg. Net nog n Afrika land wat soos die res ten gronde gaan. Net ons Geloof kan ons help!

N Lombard ·

Wil net graag weet hoekom stuur ons ‘n afvaardiging soontoe. Kan ons nie die mense beter in SA aanwend nie. Mnr Mugabe moes al lankal afgetree het. Hy help glad nie met vooruitgang in die land nie alles draai om hom, sy vrou en familie. Ons moet liewers ons land se sake in orde kry.

Eugene ·

Redelike “min’ kommentaar vir ‘n baie belangrike verwikkeling. Grace sal seker nou vra om uitgelewer te word na SA vir haar hofsaak hier.

Pateties ·

Uiteindelik het julle kierankies uitgebraai. Ek is so bly dit kan nie weer voor die deur van die ‘evil whites’ en ‘evil west’ gele word nie, uiteindelik eet hond vir hond. So gaan dit in alle Afrika lande. Eers word die ‘evil whites’ uitgejaag en uitgeroei , dan is dit net die etniese stamme oor wat dan uiteindelik teen mekaar begin veg. Vat Rwanda, Somalie, Kongo, Angola, Nigerie, noem maar ‘n Afrika land en dit het so gegaan, as die fokus weg is van die witte, draai hulle opmekaar . PATETE!

kat ·

Plaas dat hy die studente krisis oplos nou hou hy homself besig – seker te bly daaroor – met ander dinge.Pateet

Johan ·

Sal ons land nie gelukkig wees as die Zim weermag ook vir mnr Zuma en sy brigade land uitpos nie !!

Helen ·

So bly om te sien dat Karma gebeur in die politiek ook! Ek voel niks jmr vir daai stok ou man en sy spandabelrige heks van n vrou nie, om nei eers te praat van hulle 2 spoil brads in Sandton nie! Ja hulle het way te ver gegaan gedink hulle untouchable!!!

Anoniem ·

Hoekom gaan Zuma nie self na Oom Bob en die weermag nie? Is hy dalk bang???? Vir my part kan hy sommer daar bly ook – hy en Oom Bob is mos sulke dik vriende.

SjN ·

Wat wil die afvaardiging daar gaan maak, hul kan nie eens hul eie probleme hier oplos nie

JK ·

Hoekom slaan Grace hulle nie met haar extension koord nie tot hulle ophou moeilikheid maak vir haar en haar man?

Hahahehehiehie tjietjie ·

hehehhiehie tjie tjie, thanks vir ‘n lekker laggie, was my gedagte ook of gooi hul met ‘n spray blikkie nie. Sy is besig om te hol, sy is die groot doodsteek daar. So bly so baie gebede het waar geword, nou is die alles en almal wat Zuma heet of vriende met Zuma is.

Suzie ·

haha!… ja JK…. ek wil net sê… charity begins at home….. vee eers voor jou eie deur… DAN kyk jy na die res. Hy kan nie eers sy eie land regeer of beheer nie en nou gaan meng hy daar in.

Jannie ·

Zuma moet maar eerder niks se nie, hy is volgende!

Pappa wag vir jou…

Van ·

Plaas JZ en sy trawante almal ZIM to trek – almal daar is reeds gewoond aan korrupsie en lae lewens kwalitieit…………net n idee!

Oom Walker ·

Zuma het ook ‘n afvaardiging na die president van Angola gestuur om hom van die situasie in te lig. DInk hy rêrig die Angolese het geen toegang tot enige nuusdienste nie?

LMF ·

Haai lewe hy nog ek sê julle hy is in n perfekte robot omskep net om vir grace nog daar te hou daar is niks meer lewendig in daai ligaam nie die spook loop hoeka is sy dokter mos in China hul gee net bietjie olie om te drink sodat skaniere nie roes nie

Johanna Botha ·

Wel hulle is oppad terug hehe ….nou wil hulle iets doen maar 20 jaar doen julle niks en julle weet hoe swaar die mense daar kry …pateties soos alles in sa !

Marie de Kock ·

Wat soek ‘n RSA konvooi nooi eintlik daar? Dit is nie ons probleem nie? EN Zuma moet maar mooi besef – alles kan oornag verander.

piper ·

zumpie bly eder weg.of gaan soontoe en bly daar. jy is volgende.

honourable member ·

Ai tog altyd so besorg oor donker afrika maar sy eie land is besig om te sink in die wetteloosheid en moorde.

Van ·

Miskien sien ons dalk Kim Jong-un aan die stuur in Zim…………..

Bekommerd ·

zuma moet eerder kosentreer op sy eie land en korrupsie , waarvan hy aan die hoof staan ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.