Zuma stuur briewe aan ministers oor Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die presidensie het Vrydag gesê dat briewe van teregwysing oor die opgraderings aan Nkandla, pres. Jacob Zuma se private woning, aan twee kabinetsministers en een voormalige minister gestuur is wat by die projek betrokke was.

Die briewe is gestuur aan Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Geoff Doidge, Nxesi se voorganger en nou Suid-Afrika se hoë kommissaris aan Sri Lanka, en Nathi Mthethwa, voormalige minister van polisie en huidige minister van kuns en kultuur.

Die briewe volg op ʼn uitspraak deur die konstitusionele hof dat Zuma moet voldoen aan die regstellende stappe soos uiteengesit in Thuli Madonsela, die openbare beskermer, se Nkandla-verslag. Hierdie stappe sluit in dat Zuma ʼn gedeelte van die geld wat aan die veiligheidsopgraderings van Nkandla spandeer is, moet terugbetaal. Zuma is ook aangesê om die ministers wat by die projek betrokke was aan te spreek oor die vermorsing van staatsgeld.

“Die betaling van ʼn redelike persentasie van die koste sal plaasvind sodra die nasionale tesourie hierdie bedrag bepaal het. Die nasionale tesourie is tans met hierdie saak besig,” het die presidensie gesê.

Zuma se kantoor het verder gesê dat ʼn interdepartementele komitee op die been gebring is om ʼn nuwe kabinetsbeleid saam te stel oor die standaarde van veiligheidsmaatreëls wat ingestel kan word, wat as ʼn redelike koste geag word wat deur die staat aangegaan kan word en wat die voorwaardes is waaraan huidige en voormalige presidente en adjunk-presidente moet voldoen om vir hierdie huisopgraderings te kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PJ ·

So lyk my die “Concourt” en die beste grondwet in die wèreld het nie “tande” nie

Frederik ·

Hierdie stappe sluit in dat Zuma ‘n gedeelte van die geld wat aan die veiligheidsopgraderings van Nkandla spandeer is, moet terugbetaal.
Nee, Maroela, hy moet juis die geld terugbetaal wat nie met die veiligheidsopgraderings verband hou nie.

Jordaan ·

Die brief lui seker iets soos: “Kom julle oor Nkandla toe vir ‘n swem en hoenderbraai? Moenie worry as die koerante skryf julle word berispe nie, dit is net om die klomp klaers tevrede te stel”

Lance ·

Aan my korrupte ministers wat my ook wou net wou help ….ons is nou uitgevang en ek skryf die brief onder protes omdat ek moet …..ag julle moet nie weer so stout wees nie hoor. Julle partner in crime …geteken JZ

Boerin ·

Nee a manne, ons moet fyner leer steel dat ons nie uitgevang word nie. Volgende keer doen ons beter!!!

Gerd Lourens ·

Sjoe!!! Hierdie is onwerklik.

Die geelslang trap die akkedisse uit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.