Zuma swyg oor hofsake teen hom

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê hy sal nie kommentaar lewer op die hofsake teen hom nie “uit respek vir die howe”.

Zuma het in ʼn verklaring gereageer op mediaberigte van twee hofsake teen hom rakende die veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-woning en die skikking met die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Mxolisi Nxasana.

Die presidensie het gesê dat alle Suid-Afrikaners die reg het om die howe te nader en Zuma respekteer daardie reg. “Die president sal slegs kommentaar lewer op die meriete van die sake op die regte tyd in die hof en sal daarom nie die kwessie in die media bespreek nie uit respek vir die howe,” het die presidensie gesê.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Julius Malema, het Zuma Donderdag gewaarsku dat hy die saak van die R246 miljoen se opgraderings by Zuma se private woning in KwaZulu-Natal sal opvolg. “Dit is baie duidelik dat ons nooit ʼn antwoord uit meneer die president sal kry nie. Kom ons sien mekaar in die hof,” het Malema aan Zuma in die Nasionale Vergadering gesê.

Die drie uur lange vraag-en-antwoord-sessie met die president het in chaos ontaard toe die vraag wanneer Zuma die geld van die Nkandla-opgraderings gaan terugbetaal weer geopper is.

Intussen is daar vroeër berig dat twee nie-regeringsorganisasies die howe sal nader om die R17 miljoen-skikkingsooreenkoms tussen Nxasana en Zuma ongeldig te laat verklaar. Die presidensie het in Mei aangekondig dat Nxasana sal uittree nadat hy en Zuma ʼn ooreenkoms aangegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liewe lulu ·

Weet hy ooit wat die woord respek beteken, en hoe om dit te spel

HEVW ·

Goeie vraag veral as daar n saak van verkragting teen hom gedien het, is daar tog geen respek vir menswqaardigheid nie. Geen respek vir die waarheid nie. As hy tog maar respek wil he vir die regte van minderheidsgroepe in die land.

Raadop ·

Wat doen mens om die aap se mannewalis te stop? Respek vir die howe…jy laat my lag!! Dan los hy moordenaars om land uit te vlug, ens, ens!! Mens moet ‘n manier kry om hom uit sy pos te kry want sy verwoesting van hierdie pragtige land, is maar net die begin. Maak nie saak hoeveel hofsake, hy sal net uitstap met sy hiëna huil-lag!!

FM ·

As n gewone normale mens soveel bespottings moet deurmaak en nog nie besef hy maak n gek van homself voor Suid -Afrikaners nie en nie waardig geag word as president nie, sal hy dit nooit besef nie. Mnr Zuma is nie en was nog nooit n gerespekteerde mens nie. Sy kaders respekteer hom nie regtig nie, dis maar net die “kaderpay”wat praat.

HEVW ·

FM 100% Daar bestaan n gesegde: As een persoon vir jou se jy is n donkie dan hoef jy jou nie daaraan te steur nie, maar as 5 persone vir jou se jy is n donkie dan moet jy vir jou n saal gaan koop. Hierdie pragtige land wat in eeue met bloed en sweet opgebou is, het binne oomblikke in n hartseer tragedie verval. Die hartseer daarvan is dat dit ons sg. leiers was wat die oorsaak daarvan is. n Sekere premier van Israel het onder groot druk by n geleentheid gese:” Israel kan nie bekostig om een oorlog te verloor nie.” Ons was in dieselfde omstandighede as Israel. As ons vroeere leiers dit maar kon besef.

Winston ·

En nou staan daar van daardie sulkes op die kantlyn en skree.(van die sogenaamde leiers,) terwyl die terroriste groep ons land laat vergaan in ellende.

Rynhardt ·

Die hofsake plaas groot druk op Zuma.Hy weet hy kan nie bedank nie,dan is vervolging sy voorland.Hy en die Anc sal nog hulle ware kleure wys.Nkandla is nie verniet uitgele met koeelvaste vensters en ondergrondse bunkers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.