Zuma systap vrae oor Guptas; Maimane uitgegooi

President Jacob Zuma reageer op 17 Maart 2016 in die parlement Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma reageer op 17 Maart 2016 in die parlement Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het Donderdag vrae oor die Gupta-familie se inmenging in ministeriële aanstellings met ʼn giggel en ʼn vae ontkenning vermy.

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Zuma uitgevra oor adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, se aantyging dat hy die pos van die minister aangebied is deur die welgestelde Indiëse familie voordat Nhlanhla Nene in Desember afgedank is.

“My vraag, mnr President: Het die Gupta-familie ooit aan enigiemand ʼn kabinetpos aangebied tydens jou termyn as president, of lieg minister Jonas? As hy nie lieg nie, is die president bereid om aanspreeklikheid te aanvaar vir die besluit en sal hy voor die mense van Suid-Afrika bedank?” wou Maimane weet.

Zuma het gelag en gesê: “Geagte Speaker, ek het Jonas as adjunkminister aangestel, dit is wat ek Jonas aangebied het. Ek het nooit die ministerie aan Jonas aangebied nie, dit is waarom hy adjunkminister is.” Hy het bygevoeg: “As Jonas sê [die pos] is deur die Guptas vir hom aangebied, dan moet julle vir die Guptas of vir Jonas vra. Moenie my vra nie. Waar is ek ter sprake? Ek het geen besigheid daarmee nie, absoluut geen besigheid nie.”

Die president het gesê die vraag moet aan die Guptas gestel word. “Ek is in beheer van die regering, ek is aangestel kragtens die Grondwet. Daar is geen minister hier wat deur die Guptas of enigiemand anders aangestel is nie. Ministers wat hier is, is deur my aangestel.”

Maimane het Donderdagoggend kriminele klagtes teen Zuma se seun, Duduzane Zuma, en die Gupta-familie aanhangig gemaak oor Jonas se bewerings. Hy is uit die vergadering geskop kort nadat hy die president gedaag het oor sy redes waarom hy Nene uit die sleutelpos verwyder het.

Sibongile Nkomo, LP van die Vryheidsparty, wou by Zuma weet of hy deur enigiemand beïnvloed is toe hy sy besluit geneem het om Nene af te dank.

“As ʼn minister geskuif of herontplooi moet word, is daar redes wat daartoe lei,” het Zuma geantwoord. “Ministers word nie verwyder of vervang of aangestel sonder redes nie. Daar is redes waarom minister Nene herontplooi moes word.

“Daardie redes is die redes van die regering, en toe Nene verwyder is, toe moes die pos gevul word, en dit is wat ek gedoen het, en dit spruit uit dit wat die regering doen en wat die besluitneming van die regering is. As daar enige invloed is op die manier wat die regering doen, kan dit slegs die regerende party wees.”

Volgens Zuma was die rand reeds besig om te verswak voor Nene afgedank is.

“Dit is nie die eerste keer wat die markte reageer wanneer ʼn minister aangestel of verwyder word nie,” het Zuma gesê.

Maimane het gou opgestaan om beswaar aan te teken teen Zuma se uitlating dat die rand reeds besig was om te verswak en gesê dit is “onwaar”. Maimane het bygevoeg Suid-Afrikaners moet die waarheid hoor.

Speaker Baleka Mbete het egter ingegryp en gewaarsku dat hy moet gaan sit. Maimane het bly praat en sy het hom gevra om die vergadering te verlaat, “omdat jy weier om saam te werk”. Maimane het reageer, “Nee, nee, nee” en die Speaker het hom beveel om die sitting te verlaat. Die hele DA-koukus het daarna vir die ministers geskree: “Julle is deur die Guptas aangestel, julle almal!” Die DA het daarna die vergadering verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Michael ·

En die narre bepaal ons en ons kinders se toekoms. ..baie skrikwekkend ons moet almal gaan stem ‘n stem vir ‘n ander party verswak die ANC se oorheersing.

Erns ·

Ek stem saam, as mense nie stem nie, moet hulle nie kla nie.

Pieter dp ·

En so gaan ons land ten gronde. Dankie die geagte heer Zuma. U verpand ons land vir n pot lensie sop.

Eliza-beth ·

Hahaha, Marius en Griet – nou het ek lekker gelag. Dankie tog vir bietjie humor ook so tussen al die gemors deur!

Maria van Dieweeck ·

Zuma het nou prontuit gese hy doen al die aanstellings, hoop iemand kan nou met bewyse kom ,anders gaan hy net weer wegkom. Teflon president van ons..

Della ·

Net soos n stoute standerd 3 kind”dit was nie ek nie” Nee hoor! Dis nooit jý nie….!!!

Positief ·

Ek sien die omwentelinge in n positiewe lig…en dit is dat daar mense is wat begin opstaan vir die waarheid…en die waarheid maak vry. Ek gee God die eer hiervoor…daar is geen manier wat n skelm soos Zuma sal wegkom met sy streke voor n almagtige God nie. Daar was soveel gebede vir ons land die laaste tyd en ek sien hierdie as n direkte gevolg daarvan.

karooblommetjie ·

Amen Positief – baie, baie gebede. En as julle dink ons paar mense is vies, moet julle na die facebook inskrywings gaan kyk, vanaf ANC lede self. Die wiel het gedraai. En wat die DA aanbetref, die leier is deur die speaker aangese om te loop – die res van die DA het saam met hom in konsolidasie uitgestap. Mooi!

Ansie Geldenhuys ·

Hierdie gebeure gaan ons land nog geld kos, wat ons in elk geval nie meer het nie. Dankie Here, dat u die laaste se het.

Mielie ·

Die DA was te lig om Zuma onder druk te sit en het te vinnig geloop, geen waarde toevoeging nie. Zuma sal wegkom…….die mense word gedreig en geintimideer. Baie mense word ook maklik om gekoop, dit gaan weer die naweek gebeur. Ons gaan die man Nog lank as president he, hy en baie ander mense het te veel om te verloor.

J ·

Mielie. Die DA leier is gevra om te gaan. Speaker tree altyd in as dinge warm word vir Zuma. Ek dink Zuma is deur die Guptas ingelig hoe om te antwoord op vrae rondom hulle. Guptas het seker die parlement speaker aangestel in haar pos

Lee ·

….En hierdie is die mense wat in beheer van ‘n “demokratiese” land is? Wat veronderstel is om sy burgers te beskerm. Goeie aarde – ek word sommer bang…!

Rita Kloppers ·

Madam Speaker moet vervang word. As dinge te warm word. Jaag sy die mense weg. Wat sê dit…?

Ant Whit ·

Solank ons nie n ordentlike opposisie het nie sal hille voortgaan met hul korrupsie en bedrog kykmaa

r op tv hoe die agterbankers optree sodra n op lp praat geen respek vir dissipline

Boervrou ·

In Spreuke 28 staan daar dat n slegte regeerder lank regeer. Mugabe is n goeie voorbeeld

Veritas ·

Ou oom Jakob is nog lank nie klaar met die staatskoffers nie. Daar is nog te veel oor om nou al op te hou steel. Al wat hom uit die geldlaai sal kry, is ‘n paleisrevolusie en die ANC kan dit nie nou bekostig nie. Dit is natuurlik ook nie ‘n voldwonge feit dat hy vreedsaam sal gaan nie. Hy het ‘n goeie rolmodel in ou Bob en gaan nie sommer die mag prysgee nie. Dit werk maar so in Afrika.

Johann Marx ·

Ons ekonomie gaan afgegradeer word na “gemors status” toe. Hoekom? Want hierdie is die beste regering wat geld kan koop….

willie ·

Vir Z is dit n grap, al wat hy doen is grynslag, met daai simple laggie… en kom daarmee weg… hoe lekker vir Madam Speaker om die wat waarheid praat uit te jaag… hier gaan niks van kom nie… hoor my lied… Hierdie klomp Kataarsnare is besig om stadig maar seker n greep uit te voer…

Bosvelder ·

Die uitlooptaktiek deur opposisie partye maak n bespotting van die parlement As n lid uitgejaag word moet die ander lede die leiding neem dis soosn klomp lee blikke wat raas en dan net verdwyn

m ·

Hierdie gelag oor alles is so bewys van sy lae Ik. Sy land is in chaos gehul en hy kan net lag…. So pateties..

Nico ·

Mnr die pres die bewerings wat die mense maak oor die aanbiedings as ministers deur guptas en jy se dit het niks met jou te doen nie is n bewys dat u glad nie meer in beheer is nie soos u herken die aanstellings word deur u self gedoen en niemand anders nie mnr die pres daai poste waarvan hulle praat val onder jou beheer so die kiesers wat weer vir die anc stem moet eerder stil bly of hulle oe oopmaak daar is is die bewyse nou die wat nou hulle se se was bewus van dit hulle kom nou met die waarheid uit omrede hulle in onguns kom met die regering

Veritas ·

Gee die duiwel wat hom toekom. Ou oom Jakob is heeltemal te slim vir die opposisie. Hy het laánkal sy mense in strategiese posisies ontplooi om hom te beskerm indien iemand met die sak patats vorendag sou kom. Van hierdie hele Gupta-sage gaan net mooi niks kom nie. Hy gaan lustig aanhou om homself te verryk ten koste van die bevolking van Suid-Afrika.

Swanna ·

Stem saam met mielie. Die ander partye loop te gou uit. Bly sit en maak dit moelik vir Zuma. Hierdie uit lopery is ‘n teken van moedeloosheid, magteloosheid en geen vasberadenheid om die saak deur te voer waarmee jy besig is. Dit is mos nou ‘n demokratiese land en ons almal het mos regte. So jy het ‘n reg om aan die debat deel te neem Mnr. Maimane en in die parlement te sit en te se wat jy wil oor Zumbie en sy naar streke of is jy ‘n windlawaai wat nou begin koue voete kry en elke keer as medem speaker se jy moet “STAMAAI” dan hol jy met jou stert tussen die bene.

Zumie ·

Aaaag “shame” … die “struggle-aars” wat so hard gestry het vir ‘n vrye Azanie sit nou met ‘n Zuptakrasie (Dit is ‘n vorm van ‘n kleptokrasie waar die Zuptas die meeste steel)….

Scalla ·

Jare gelede het n welbekende KP leier gese die swartes gaan aan bewind kom bloot oor die getalle, hulle aan bewind gaan slegs die been wees wat deur n hond gekou gaan word, lyk my dus waar

Pottie ·

Hy lieg nie.
In effek stel hy as president almal aan.
Dit is die gekonkel voor die aanstelling wat ons worry.

pieter ·

die vraag is,is zuma slim en ons dom,hierdie spin dokter kan toor en hy het n slu mag agter hom.HY MOET NIE ONTWAAK NIE MAAR ONS SAL MOET WAKKER SKRIK.NIE MEER BAIE LANK NIE GAAN SOOS IN AFRIKA BOMME OM MENSE GEBIND WORD EN KAR BOMME ONTPLOF,.

Amanda ·

Skuus, maar ek moet met julle almal verskil. Vir meer as 20 jaar het ons land nog lad nie weer ‘n president nie!! En iets sal beslis daaraan gedoen moet word!

Veritas ·

Amanda jy het sopas daarin geslaag om my dommer as gewoonlik te laat voel.

NET EKKE ·

Ek wil gaan visvang die nuus raak nou boring Wie gaan my saamvat

Loeis ·

Goeie werk deur Maimane. Maar, ironies, het sy voorganger en haar Blach Sash baie hard gewerk om die ANC in die eerste plek aan die bewind te bring. Hoe nou?

Manne soos Andries Treurnicht en Jaap Marais het baie jare gelede gewaarsku waarheen ons op pad was, hoeveel kos dit voor mense sien? Nou hoop Maimane seker dat ons vir hom moet stem. Dis so bietjie van ‘n belediging vir ons intelligensie.

Die sisteem is die probleem, Zuma is maar ‘n simptoom daarvan. Geluk aan FW de Klerk en al sy aanhangers: julle het die perfekte gemors gemaak.

Mielie ·

Die oposisie moet meer doelgerigte vrae, vra. Soos bv. Het JZ aan die Guptas ‘n mandaat gegee om namens hom te onderhandel vir n ministers pos. Ja of nee. Dan is dit op rekord vir hofsaak Wat nog kom. Hoekom dink hy die Guptas doen die onderhandelinge net voor hy n minister vervang.

Jan ·

Wat het van die vliegtuig met 67biljoen geword so ook die lyk en die bus vol bomme van ZÌmbabwe af ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.