Zuma teen Downer: oudpresident kry weer opstopper

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Adv. Billy Downer bly aan as staatsaanklaer in die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales.

Zuma se aansoek om van Downer as sy staatsaanklaer ontslae te raak, is Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg geweier.

Regter Nkosinathi Chili het gesê hy is nie oortuig dat Downer, in die posisie as aanklaer in die betrokke saak, Zuma se grondwetlike reg op ʼn regverdige verhoor sal skend nie.

Zuma probeer sedert Oktober 2021 om Downer as die aanklaer in die wapentransaksie-korrupsiesaak teen hom te laat verwyder en het hom selfs in ʼn stadium tot die Konstitusionele Hof gewend.

Die land se hoogste hof het dié aansoek egter in Desember 2022 van die hand gewys.

Adv. Billy Downer tydens een van oudpres. Jacob Zuma se vorige hofverskynings. (Foto: AFP)

Daar was intussen ook verskeie ander mislukte aansoeke.

Die hooggeregshof het ook vroeër Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hof se bevinding dat hy Downer en die News24-joernalis Karyn Maughan nie privaat kan vervolg nie, van die hand gewys.

Zuma wou die twee privaat laat vervolg omdat hy meen Downer het vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan laat uitlek.

Maroela Media het vroeër berig die saak wentel om ʼn doktersnota wat tydens Zuma se korrupsieverhoor by die hof ingedien is en wat die staat met Maughan, ʼn spesialisverslaggewer, gedeel het.

Zuma het die twee daarvan beskuldig dat dit ʼn oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is. Die nota is deel van hofrekords wat ook openbare dokumente is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Misky ·

Nou goed en genoeg tyd gemors. Wanneer gaan die saak voort en kry die krimineel `n oranje oorpak?

GWS ·

Dit is nog altyd sy taktiek om die saak so lank as moontlik te laat sloer. Hoop dit kom nou tot op die punt om voort te gaan! So moeg vir Zuma se eskapades en nonsens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie verhoor sal na al die appèlle jare neem om af te handel. Teen daai tyd sal Downer al jare verby aftrede wees. Dis beter om ‘n jonger aanklaer aan te wys. Regter Koen het reeds van die saak onttrek. Aftrede roep.

Anel ·

Goed so. Nou kan die saak mos so gou as moontlik begin en hy kan tronk toe gaan. Wonder hoeveel die hom gekos het? Kan maar solank Nkandla op ‘n veiling verkoop. Hy gaan nie meer lank daarvan gebruik maak nie. Hoop hulle diskwalifiseer hom ook om aan die verkiesing te kan deelneem!!!

domheks ·

Die ou man moet nou net TOEGESLUIT WORD! Hy hoort in die tronk – al brand die land weer!

Ore ·

Nog nie die einde nie. Wees verseker dat agbare Mpofu gaan appelleer. Ook bly om te sien hy is nou weer perdfris en gesond.

Juanita ·

Te siek vir tronk toe maar het krag vir speletjies speel. Belaglik.

sonneblommekie ·

Net ñ vraag……
Hoeveel kere nóg appél aanteken ?
Slim speletjies en skelm truuks?

Ons is Nie Dom Nie…maar Zuma ook Nie!!

Andries ·

Hoeveel keer wil die stommerik nog teen ‘n muur vashardloop.

Lesly ·

Zuma sal lankal al die emmer geskop het, voor hy enigsins in die hof sal verskyn. Ramaphosa en vele ander sal help om die saak te sloer

koos ·

Al hierdie hofsake en besware dui net op een ding- vrees vir die waarheid. Ek reken zuma in sy landelike onnoselgeit word as rookskerm gebruik, die ware krimineel naas zuma is Thales

Oosieoos ·

Al die geld en tyd en wanner hy skuldig gevind word dan net weer mediese parool wat a grap

Andre ·

…hy sal niks oorkom nie; die MK se stemme moet die A en C beskerm as hulle nie KZN alleen vat nie!

Casper ·

Moenie vergeet van nog ‘n presidentsieële kwytskelding nie,maar ek dink Ramaphosa is baie kwaad vir Zuma.

Letitia ·

@Koos, jou eerste sin is korrek – Zuma vrees dat die waarheid uitkom. Met jou stelling oor Thales sit jy die pot mis.
Dit was eerder ‘n geval van te veel geld is oorbetaal en die verskil is terug gestuur as wat dit omkoopgeld was. Gaan vra maar vir meneer Shabir Shaik – jy het die plan uitgedink.

skurweberg ·

Nou gaan die poppe begin dans met die geluid van dromme in die agtergrond. Nie ‘n goeie teken nie.

JohanR ·

Waar gaan jy as jy nie verder kan gaan? Wereldhof, Vladmir Poetin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.