Zuma teken Fica-wetsontwerp

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Pres. Jacob Zuma het die Wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) bekragtig.

Die wet is ʼn poging om geldwassery te bekamp en sal banke verplig om die finansiële sake van prominente mense te fynkam. Die wet maak onder meer voorsiening vir soektogte sonder ʼn lasbrief. Dit was glo een van die redes hoekom Zuma nie onmiddellik die wet bekragtig het nie aangesien hy van mening was dit kan moontlik op onregverdige wyse mense se reg op privaatheid skend.

Volgens ʼn verklaring van die presidensie is Zuma egter nou tevrede dat die wet die grondwetlike bekommernisse wat hy oor die lasbriewe geopper het, aanspreek.

LP’s van opposisiepartye maan Zuma al ʼn geruime tyd om die wysigingswetsontwerp onmiddellik te teken. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering klein veranderings daaraan aangebring het omdat Zuma bekommerd was dat dit moontlik ongrondwetlik kan wees en dit toe deur alle partye aanvaar is.

Zuma is erg gekap oor sy hantering van die saak. Floyd Shivambu, EFF-LP, het gesê dit is duidelik dat die hele proses onnodig was en net daargestel is om Zuma se persoonlike bates te beskerm. “Dit is net omdat die Guptas gesê het die wet moenie geteken word nie,” het Shivambu gesê.

Nqabayomzi Kwankwa, UDM-LP, het verder gegaan en gesê Zuma het die wet vir ses maande op sy lessenaar laat lê om “al die geld in sy bankrekening rond te skuif”. “Dis loutere onsin, selfs al is hy die president. Jy is ʼn leier wat die plundering van openbare hulpbronne fasiliteer,” het hy Zuma toegesnou.

Mzwanele (Jimmy) Manyi, president van die Progressive Professionals Forum (PPF), het in Janaurie gesê die wysigingswetsontwerp is ’n komplot om die ANC “so bankrot soos die hel te maak” voor die nasionale verkiesing in 2019.

Manyi het die parlement se staande komitee oor finansies toegespreek oor dié teen-geldwassery-wetsontwerp en het gesê die wet sal ingespan word om ANC-skenkers te verneder en op die swartlys te plaas sodat die ANC bankrot kan raak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dissie ·

Stem saam met UDM. Hy het seker gemaak dat sy eie bankrekenings eers reg lyk, voor hy geteken het.

Johann ·

Hehehehe! Wasi geldkies;;;; daaaaaas die geldkies;;;;;;wasie gelkies;;;;;;daaaaaaasie g3ldkies. Dit gaan iemamd so korrup of awlfs meer as Zuma en sy Guptaniese magsbasis kos om al Zuma en sy Zumaikies se lekker leef geldjies op te.spoor. Gly teen n opdraande op!

Waghond ·

Hoog tyd! Ek dink nie hy het regtig ‘n keuse gehad nie, want dit is ‘n produk en resultaat van al die partye.

Johann ·

Soos vele ander wetgewings: presies dit…n wetgewing. Al word dit toegepas is die slakke wat hulself verryk eenvoudig onaantasbaar.

JR ·

Geldjies is klaar geskuif. Oraloor. Wetgewing kan nie terugwerkend ingestel word nie. So my opinie. Nr 1 is oppad uit. Hyt net vertragings taktiek gebruik om sy gat te cover. Sommer reguit gese.

Leendert ·

Nou wat word nou van die pampiere, wie gaan dit nou dryf dat daaraan uitvoering gegee word?

Scalla ·

Weet hy ooit wat hy geteken het , Kan bly wees een van sy vroue hoef nie te parafeer nie

Thinus ·

Enige iets wat die man onderteken kan glad nie goed wees vir ons nie. Geen druk sou hom iets laat doen wat hy nie wou doen nie so volg die geld en julle sal agterkom dat FICA glad nie goed is vir die gewone man op straat nie..

LB S ·

Hoekom? As die gewone man op straat niks het om weg te steek nie, who cares? Laat hulle die skelms een vir een uitvang, dis reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.