Zuma-tentvoorval: Drie steeds in hospitaal

Die tent na die storm. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die tent na die storm. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Drie mense word steeds in ʼn hospitaal behandel na Vrydag se voorval, toe ʼn tent uitmekaargeruk is tydens ʼn donderstorm terwyl pres. Jacob Zuma sy Versoeningstoespraak gelewer het.

Zuma was op Gopane, naby Zeerust in Noordwes, met sy toespraak besig toe die donderstorm, wat met sterk winde gepaardgegaan het, die markiestent, waarin hy sy toespraak gelewer het, uitmekaar geruk het.

Die provinsiale regering het in ʼn verklaring gesê sewe mense is na die voorval gehospitaliseer, maar vier mense is reeds ontslaan. Hulle is in die Zeerust- en Victoria-hospitale opgeneem. Volgens berigte is minstens 13 mense beseer, waaronder twee polisiebeamptes, die burgemeester van ʼn plaaslike munisipaliteit en ʼn stamhoof.

Zuma, die premier van Noordwes en ander lede van sy kabinet is onmiddellik deur lyfwagte na veiligheid gehaas en die geleentheid is gekanselleer.

Zuma was sowat halfpad deur sy toespraak. ʼn Skare van omtrent 2 000 mense het Zuma vroeër luid toegejuig by sy aankoms, terwyl polisiebeamptes ʼn menslike ketting tussen hom en die skare moes vorm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
tom

Toe is zuma amper zoom

Cacophony

The winds of change?

Heleen

So op die 16e Desember…..gelofte dag…

Buitestander

Is dit nie die laaste basuin niem

GES

Volgens ander bronne is daar ʼn klomp twak en leuens kwyt geraak vanaf die verhoog. Dit sal nie ʼn verrassing wees nie as dit ʼn ingryping van God was nie. God laat Hom nie bespot of manipuleer nie. Die tyd van afrekening is naby en die kaf gaan van die koring geskei word. Maak seker dat jy nie deel van die kaf is nie.