Zuma terug in beskuldigdebank

Jacob Zuma op 8 Junie in die hof. Foto: ANA.

Oudpres. Jacob Zuma sal vandag in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn waar hy tereg staan op 16 aanklagte, onder meer van bedrog.

ʼn Groot mediateenwoordigheid en ʼn skare Zuma-ondersteuners word weer eens by die hof verwag soos met Zuma se vorige verskyning in die hooggeregshof in Durban. Belangstellendes moes vandeesweek weer soos met Zuma se vorige verskyning aansoek doen om akkreditasie om die hofverrigtinge by te woon, aangesien die hofbanke na verwagting van hoek tot kant volgepak sal wees.

ʼn Nagwaak is Donderdagaand voor die hof gehou in die aanloop tot die hofsaak met ondersteuners wat gesê het hulle sal daar bly totdat die voormalige president Vrydagoggend arriveer om hom te ondersteun.

Zuma het verlede maand saam met sy medebeskuldigde, Christine Guerrier, namens Thales South Africa, in die hof verskyn. Hy staan tereg op een aanklag van swendelary, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog.

Dié aanklagte hou verband met die omstrede wapentransaksie van die laat 1990’s met Thales. Die voormalige president word daarvan beskuldig dat hy altesaam R4 072 499,85 onregmatig bekom het uit 783 betalings wat Schabir Shaik gedoen het, ʼn sakeman wat as sy finansiële raadgewer opgetree het ten tyde van die beweerde transaksies.

Ten tyde van die betalings was Zuma aanvanklik die LUR van ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal en daarna, in 1999, die adjunkpresident van Suid-Afrika.

Zuma hou vol hy is onskuldig.

Die staat het tydens die vorige hofverskyning aangedui hy is gereed om voort te gaan met die saak, maar Thales het toe eers voorleggings aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedoen om die saak teen die maatskappy terug te trek. Die NVG het dié aansoek intussen verwerp.

EWN berig die maatskappy is van plan om nou die hof te nader om aansoek te doen vir permanente kwytskelding van vervolging. Die maatskappy het reeds in 2009 dié benadering gevolg en aangevoer hy sal nie ʼn regverdige verhoor ontvang nie.

Lees alle vorige berigte oor Jacob Zuma op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

corne ·

Bla bla Bla kom ons wet die saak gaan weer binne n uur uitgestel word.Nog van ons belasting geld gemors.Hulle gaan net aanvoer hulle n nuwe span en moet tyd he om deur als te gaan.Uitstel uitstel uitstel todat saak van die rol geskrap word.Teen koste van die belastingbetaaler.

Daan Erasmus ·

Ek dink die ou rakker haat elke oomblik van dit. Al is daar duisende wat ‘n nagwaak hou. Nou kom hy agter sy ondersteuners word minder en help niks. Die harde beskuldigde bank is genadeloos eensaam.

Stephanus ·

Hy gaan NIKS oorkom nie, mors van tyd en ons belastinggeld!!

Ja Nee ·

Afrika se untouchables, die wette en reels geld nie vir almal nie.

Theresa B ·

Ek wens hierdie snert moet nou klaar kry. Dit hou aan en aan en aan. Word elke keer net uitgestel en dan kom daar ook niks van nie. Dis dieselfde met Malema se dinge.
The untouchables!!

Elize ·

Julle verstaan nie. Jy moet ‘n vreemde wese in SA wees om te oorleef. Hulle smelt weg saam met al die bedrog en korrupsie en is dit hoekom ons met die ligte velle die pakslae moet kry

sug ·

“….. ondersteuners word weer eens by die hof…….” “weereens” is een woord, nie twee woorde. Ek dink die hele saga is ‘n mors van geld.

Wonder ·

Sug, miskien moet jy ook sommer kyk hoe van die kommentators hier spel. Not worth it. Ek lees maar die inhoud van ‘n berig en mors nie my tyd met die res nie.

Adam ·

Interessant on Carl Niehaus in kamoefleringsdrag te sien? Te fraai vir woorde!!!!

Reg ·

Dit is n bespotting van die regstelsel. Wanneer gaan die hof uitstel weier soos met enige ander verdagte/ beskuldigde en voortgaan met verrigtinge. Hoeveel sake sal op hofrol wees as alle sake sedert die jare 1990 net uitgestel moes gewees het. Hoelank nog. Hierdie is n bespoting.

Vrot ·

Solank as wat CR instem om sy regskoste deur die BELASTINGBETALER Te laat dek, sal hy elke keer van regspan verander. Dit is te heerlik om bedrog te pleeg en dan ander mense se geld te gebruik om jouself te verdedig . moet se as daar nog NOOIT ‘n teleurstelling was nie was dit Cyril Ramaphosa. Zuma was 10 keer beter as hy .. ten minste het hy so af en toe sy voet neergesit al was dit ook op ‘n bondeltjie geld . wat is die verskil .. Zuma het SA aan die Guptas verkoop en Cyril verkoop dit aan die CHINESE . wie sien enige verskil hier? Die REGSTELSEL in SA is in elk geval ‘n JOKE< so Zuma gaan niks oorkom nie, hou op julle geld te mors.

Willie ·

CR het ook versker dat die staat die skelm se onkostes betaal, petrol lewie, maar ons moet die oorsaak van SA se toetand se regkostes betaal… Absurt

humor ·

Og, maar dit is donker oomblikke , zuma lesufi en malema. Slefs die hofsaal lyk sonder lig en donker.

Wonder ·

Dis belaglik! En om te dink dat ons uwe president ingestem het dat die staat Zuma se regskostes betaal! Wie kla vir Zuma aan? As dit die staat is, is dit die eerste keer dat ek daarvan hoor dat die aanklaer die aangeklaagde se regskostes betaal. Dis ‘n grap en ons almal vermoed dat Zuma in elkgeval skotvry daarvan sal afkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.