Zuma toegelaat om broer se begrafnis by te woon

Oudpres. Jacob Zuma vra die hof om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdagoggend bevestig dat oudpres. Jacob Zuma se aansoek om tydelike vrylating uit die tronk om die begrafnis van sy broer by te woon, goedgekeur is. Zuma se jonger broer, Michael Zuma, is verlede week ná ʼn lang siekbed oorlede en word Donderdag in Nkandla begrawe word.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media bevestig die departement het Zuma se aansoek verwerk en goedgekeur.

“In ooreenstemming met artikel 44 (1) (a) van die Wet op Korrektiewe Dienste is deernisverlof aan Zuma toegestaan,” het Nxumalo gesê.

“ʼn Veroordeelde oortreder wat toestemming kry om ʼn korrektiewe sentrum te verlaat, bly ʼn gevonniste oortreder, selfs terwyl hy tydelik buite die tronk is.”

Die deernisverlof wat aan Zuma verleen is, geld slegs vir 22 Julie.

Zuma het hom op 7 Julie aan die owerhede oorgegee om sy tronkstraf van 15 maande te begin uitdien. Die Konstitusionele Hof het hom dié straf vroeër opgelê nadat hy aan minagting van die hof skuldig bevind is vir sy versuim om, ten spyte van ʼn hofbevel wat hom dwing om dit te doen, voor die kommissie na staatskaping te verskyn.

Cope, die politieke party, het Woensdag die departement van korrektiewe dienste gevra om versigtig oor sy besluit te besin omdat dit ’n groot risiko sal wees om Zuma vry te laat.

“Hoewel ons regtig meegevoel het met Zuma se aansoek om sy laaste respek aan sy broer te gaan betoon en hom ter ruste te lê, moet die departement die veiligheidsituasie in die land baie deeglik oorweeg,” het Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, gesê.

“Die moontlikheid kan ontstaan dat die sogenaamde Zuma-ondersteuners kan weier om hom terug te laat gaan tronk toe. Ons wonder dan of veiligheidsmagte opgewasse sal wees om hom terug te kry in die tronk sonder dat dit in ’n bloedbad ontaard.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Porseleintjie ·

Net vir 22Julie? Ja en ek is die paashaas. Hy is n krimineel wat steeds 5 ster behandeling kry. Geregtigheid is n vloekwoord in hierdie land.

Eerlik ·

Word enige ander gevangene toegelaat om n begrafnis by te woon? NEE, mors van hulpbronne en belasting geld!

Hendrik Marthinus ·

Toe hy aangemeld het, moes hy kwarentyn soos per normaal, oor covid.
Hy gaan nou met publiek / familie meng, beteken dit dat hy weer 14 dae moet kwarentyn as hy vanmiddag of vanaand terug rapporteer.
Ek Dink die dept het die aansoek goedgekeur om geweld te voorkom.
Dink dus bitter min dat Gevangenisse begrafnisse mag bywoon.

Willem ·

As hierdie gedoente vreedsaam uitspeel sal dit ‘n wonderwerk wees!

Drico ·

Hy gaan nie terug kom nie. Om n bloedbad te voorkom sal die regering hom liewer laat gaan! Hopelik sal die anti-zuma groepie dan n tantrum gooi. Wonder net hoeveel en wat nog als gebrand en verwoes gaan word voor hierdie hoofstuk afgesluit gaan word. Wonder ook rondom wie gaan die zuma-groepie spring die dag wanneer zuma die ewigheid ingaan…

Sakkie ·

Nou moet almal in die tronk wie se familie dood ook toegelaat word om na die begrafnis te gaan.

melaney ·

Wet en orde is laaankal by die deur uit. En cyril kyk anderpad terwyl die land brand en zuma doen nes hy wil.

Androclus ·

Ek wil hom sien in boeie en kettings soos hulle met die ander doen soos ek self gesien het wat begrafnisse bywoon van hull geliefdes as hulle gevangenisse is.

Deon ·

Gaan hy deur gereg begelei word? Of stap hy op sy eie daar rond?

melaney ·

Daai arrogansie gaan hom nog duur te staan kom. Maar eers in die hiernamaals.

Filistyn ·

En sodra hy moet terug begin die looting en brande weer. . . Hier is een groot gebrek aan IK in ons parlement. . .

Kokerboom ·

Ek se weer: die regstelsel is’n grap in die land!!!Hoekom maak hul maar nie die man “ere lewenslange president ” van our people se land en hou op om ons so te bedrieg en te belieg!

Dirk Mostert ·

Ek voel presies soos jy, maar rate S.A. medici laer as die regstelsel.

Kokerboom ·

Ek weier volstrek om weer ENIGE artikel oor die karakter en sy medepligtiges(sluit in regering) te lees. Ek verag hul met ‘n passie. Hoe ‘n swak voorbeeld wil hul nog aan hardwerkende mense van land en jeug stel?!!!

Aai ·

Oranje is die nuwe normaal.Hy gaan seker nou weer voorkeur kry vir ‘n mooi swart pak vandag.

Moeilikheid ·

Jong “Ja” wat kan n mens nou se dit is presies wat in ons land aangaan “dubbel standaard”!!!!!!

ROELOF ·

So alle tronkvoëls sal nou in toekoms die reg hê om naasbestaandes se begrafnisse by te woon. Nog enorme kostes op ons arme belastingbetal

Kanjynoumeer ·

Heheheeeeee en so lag hy vir almal nog steeds in Suid-Afrika!

Anthony ·

Word elke tronkvoel so vergunning toegelaat ? Dis mos nou net n verskoning om weer hordes mense onwettiglik bymekaar te bring.

gatgogga ·

Soos babas.
Slaap vir ‘n uur, huil vir ‘n uur, slaap………….

Casper ·

Ek sou hom graag in sy oranje pakkie wou sien maar ag nou ja hy is gewoond daaraan.Hy was mos op Robin eiland ook en nie vir vakansie nie.Laat hy sy laaste eer gaan betoon aan sy broer.

Kanjynoumeer ·

Google gerus Frans Cronje en lees/kyk wat hy sê. Moeite werd om bewus te raak van Frans Cronje se raak opsommings van gebeure tans en in die toekoms.

Klipkop ·

Haai Zumpie. Sorry man. No after tears party nê. And beware of the looters uBaba.

Skuilnaam ·

Zuma: “I have spent seven-hundred and sixty-nine, eight-hundred and…seven-hundred and… listen properly… seven-hundred and sixty-nine thousand, eight-hundred and twenty *clears throat* and seventy days from one-hundred point two-million hours, in prison. Heh-heh-heh!”

gatgogga ·

Ek wonder hoeveel broers het hy nog. En wat as sy vrouens begin afsterf?

Louis ·

Belaglik.hy is n krimineel. Dan moet al die ander kriminele in die tronk ook toegelaat word om familie se begrafnisse by te woon. Ons regstelsel is n groot grap

Anna-marie ·

Omdat dit ‘n westerse regstelsel is, is dit net van toepassing op Westerlinge.

Nie Verbaas ·

Die ANC bly maar onbekwane, onbevoegde en hulpelose narre.

Vonnie ·

pasop, hulle kry hom dalk daar weg en hy kan nie terug gevat word nie!

SjN ·

Hoop hy verskyn in sy oranje pakkie met boeie, fotograwe kan klomp geld verdien met fotos, hoop die inperkingsreels word toegepas.

Karen ·

Hoe Kan hulle dit doen, gee hom voordele maar die Ander mense in die tronk word nie toegelaat om na hul familie se begrafnis toe te gaan nie.

Samuel ·

Sal wil sien of Zuma teruggekeer tronk toe. Iewers word berig hy gaan begrafnis in tronk klere bywoon. Regtig??

Belinda ·

…. ek lees nie eens die berig nie eks net al so g@tvol om sy ou gesig in die nuus te sien……

JohanR ·

En wat van ou Gatipie daar in Pollsmoor ook in vir 15 maande vir diefstal. Hy kon nie sy broer se begrafnis bywoon nie. Maar wag….Gatipie was nie ‘n President nie!

Belinda ·

Hoekom stream hy nie die begrafnis nie? Hy is so bang mos om Covid te kry in die tronk, dis mos hoekom hy in die eerste plek nie wou gaan? – en begrafnisse is mos nou n “super-spreader event” – of tel dit net vir sekere mense?

TO ·

Lekker presedent geskep, wat maak hom so bevoorreg, word dieselfde voorreg te vir ander gevangenes gegee.

pompies ·

Ja en gaan hy weer defnitief terug na die begrafnis?? Hoe weet ons dit wie gaan dit check om dit te bevestig

MIA ·

Nou hoekom kan hy voorkeur behandeling kry? Die regstelsel is ‘n sirkus. So, elke oukie in die tronkie kan nou sommer uitkom vir die dag as dit die owerhede pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.