Zuma tree op teen polisiemoorde

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Pres. Jacob Zuma het die regering opdrag gegee om maniere te vind om die moorde op polisiebeamptes hok te slaan.

“Die president het opdrag gegee dat ons alle moontlike maniere ondersoek om die epidemie te verslaan,” het Nathi Nhleko, die minister van polisie, Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê. “Ons sal met gemeenskappe in gesprek tree sodat hulle hul wysheid met ons deel in ons strewe om ’n einde aan die polisiemoorde te bring.”

Nhleko het gesê daar is een polisiebeampte vir elke 360 mense in die land, en dat die verlies van beampte dus ʼn groot gaping laat wat lank vat om te vul. “Die 60 polisiebeamptes wat al vanjaar vermoor is sou verantwoordelik wees vir die veiligheid van omstreeks 21 480 mense.” Nhleko het gesê die vermoorde polisiebeamptes is “nie maklik om te vervang nie” gegewe die tyd wat dit neem om ʼn polisiebeampte op te lei.

“Die president het opdrag gegee dat ʼn plan onmiddellik ontwikkel en geïmplementeer word om die moorde te stuit. Ons het ag geneem van hierdie opdrag geneem en het maatreëls van krag onder die vaandel van die polisie se veiligheidstrategie. Hierdie plan, die Nasionale Tegniese Reaksieplan, moet onmiddellik geïmplementeer word.”

Nhleko het gesê die plan behels onder meer dat polisiebeamptes die tonele waar hul kollegas doodgeskiet is, behoorlik moet ondersoek om te bepaal watter omstandighede tot hul dood gelei het.

Twee polisiebeamptes is Woensdag in Dobsonville, Soweto, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

boer ·

Hulle sal seker nou weer kyk om die wetsgehoorsames se wapens weg te vat,om die probleem op te los.
Julle soek op die verkeerde plek. Kry die terroriste in ons land onder beheer

Donald ·

Hoekom gee hy nie opdrag dat alle Burgers beskerm word. Hy moet ook die plaas moorde in diepte ondersoek. Duidelik besef JZ nie die probleem in die land nie.

Remondo ·

MNR ZUMA… Alle burgers het die reg om beskerm te word….. Plaas moorde word nie genoem nie . Burgers word afgemaai asof hulle diere is daar is n groooot probleem en dit is n minagting van die regering omdat hulle so korup is

Ruby ·

En plaasmoorde zumie?

‘n Boer vat net soveel, julle is besig om die leeu se stert te speel.

Dee ·

Jy troos jouself. Wat sê jou verbeelding vir jou wat gaan die Boere doen? As daar iets is wat gedoen kan word, waarom is dit nog nie gedoen nie? Jy droom drome.

Pieter ·

Dis net altyd jammer dat Zuma se prioriteite altyd verkeerd omwerk. Ja niemand het die reg in die land om net te wil moor nie. Wat van die plaasmoorde …. lag hy daaroor ook soos hy hom oor alles vrek wil lag…..

Christie Joubert ·

En plaasmoorde, stortkop????? Hoe lank dink jy vat dit om daardie boer te vervang?? Hoe lank dink jy vat dit om die KOS te vervang wat jy uit ons monde uit laat vermoor?? Jy het geen idee wat die woord “prioriteit” beteken nie!

Liz ·

Baie eenvoudig prez – bring doodstraf terug vir enige moord, roof en alles onwettige dade. Nie nodig om planne te ontwikkel ens nie. doodstraf en probleem opgelos

Jacques ·

Sal ek ook vra ja, wat van ons ,ek dink ook hulle gaan nou seker ons guns afvat.

Malinda ·

So m.a.w. die gewone burger op straat en op PLASE mag maar vermoor word? Wat maak die polisie so anders?

Kathleen ·

Hy kom op vir polisie moorde. Maar Wat van plaas moorde en enige ander moorde en diefstal. Hy moet reg kom. Want hy is op die verkeerde plek.

Dan ·

Sy manier om die aandag van iets anders af te trek. Hou hom maar net dop.

Jan ·

‘n Begin kan gemaak word deur die doodstraf terug te bring vir polisiemoorde en baie swaar strawwe vir enigiemand wat op polisie skiet – dis so goed soos ‘n oorlogverklaring teen wet en orde, ten spyte van die feit dat daar baie korrupte polisie is. Daar is ook meer polisie wat steeds vir wet en orde staan.

Illa ·

Dis waar, Jan – daar is seker (hopelik) meer polisie wat vir wet en orde staan, maar ongelukkig is daar BAIE korrupte polisie en hul word oorgesien. Die kriminele het respek vir die polisie verloor, want dis hul makkers. Nou is Zuma diep bekommerd, maar daar word duisende van “sy” burgers vermoor en geen haan kraai daarna. Ag nee wat, soos gewoonlik wil JZ die ding nou weer agterstevoor om takel (as hy regtig iets gaan doen). Die korrupsie in die polisiemag moet aangespreek word, sodat landsburgers weer respek vir hul magte kan hê, dan sal alle geweld afneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.