Zuma trek sy appèl terug

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: AP)

Oudpres. Jacob Zuma het sy aansoek om verlof tot appèl in die konstitusionele hof teruggetrek.

Die JG Zuma-stigting het in ʼn verklaring gesê dit baan die weg vir Zuma om voorbereidings te tref vir die verhoor en te wys dat hy nooit voordeel getrek het uit die Wapentransaksie nie en dat hy ook nie poog om die hof vry te spring nie.

“Hy hoop dat sy onskuld bewys sal word vir almal om te sien,” lui die verklaring. “Hy waardeer die ondersteuning wat hy steeds van die burgers van die land ontvang en het sy respek uitgespreek vir die regstelsel en ander betrokke staatsinstansies,” het die stigting gesê.

“Ek hoop dat ons burgers uiteindelik sekerheid sal kry en sal berus oor die werklike begunstigdes van die Wapentransaksie as enige korrupsie wel plaasgevind het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eragrostis ·

As hy dan onskuldig was, hoekom het hy dan nie al lankal sy kant van die saak gestel nie? In plaas daarvan het hy heeltyd vir tyd gespeel, die saak van die rol probeer skrap of die regstelsel probeer omseil. Zuma en sy regspan onderskat die intelligensie van die publiek en die regstelsel.

Maria ·

dis waaragtig wonderlik dat hy wil vertel wie voordeel gertrek het uit die transaksie. Of dit die waarheid is, is ‘n ander saak

Christa ·

Dis hoekom d Kubans se Dr’s hier is want Hy was daar Julle moet verstigtig wees vir die slang

JM ·

Dit is waaragtig nou tyd dat daar vir Zuma ‘n oranjepak aangetrek word! Die land het genoeg gehad van Jacob Zuma: die grootste ramp wat die land nog ooit getref het.

Jacobus ·

Dis die misplaaste ondersteuning van sy vriende kry!,,,, Kan nie help om stomgeslaan te wees nie.

Kruger ·

Kan nie wag vir die sepie om te begin nie. Is nou moeg om na die “ trailers” te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.