President Jacob Zuma is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan.
“Die president sal nog vir ʼn paar dae lank rus,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die president sal tydens die rusperiode hoofsaaklik van die huis af werk.”
Die president word glo twee keer per jaar ondersoek, die eerste een in Januarie en die tweede in Junie. Die dokters het tydens hierdie ondersoek bepaal dat hy in die hospitaal opgeneem moet word om ʼn volledige ondersoek te doen. Die dokters is tevrede met die uitslag.
Volgens Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, is vorige mediaberigte dat die president “ongeskeduleerde besoeke” aan hospitale in Durban afgelê het, vals. “Alle besoeke was vooraf geskeduleer en die betrokke besoeke was deel van sy jaarlikse ondersoek tydens die eerste semester,” het Maharaj gesê.
Ag nooit, en elders word vertel hy was in die hospitaal vir ‘n pyn in die nek.
Henri, jy het verkeerd gelees. Hy het nie `n pyn in die nek nie, hy is `n pyn in die nek.
Nader aan ‘n pyn in die alie.
@Peet – PRESIES!! : )
Siestig, hy is mos ‘uitgebrand’ na die harde verkiessings-veldtog, maar ek glo hy mag dalk, net dalk, (die kans is BAIE SKRAAL) ‘n gewete hê. En nou jaag dit hom.
Die naweek het die ANC Executive Comitee vergader sonder Zuma. Hulle het hom waarskynlik gedwing om hospitaal toe te gaan sodat hy nie die vergadering kon bywoon nie. Kom ons kyk wat hierdie week gaan gebeur. Miskien niks…
Sy indoenas gaan hom forseer om die veld te verlaat weens beserings en nie vir sy swak spel nie.
“Die president sal tydens die rusperiode hoofsaaklik van die huis af werk” – die enigste werk wat gedoen sal word is waarskynlik deur sy maag…