Zuma uitgejou by ANC-vieringe in Oos-Londen

Cyril Ramaphosa, president van die ANC tydens die feesvieringe in Oos-Londen (13 Januarie 2018) Foto: MyANC, Twitter)

Pres. Jacob Zuma is Saterdagoggend uitgejou toe hy by die ANC se 106de verjaarsdagvieringe by Buffalo City-stadion in Oos-Londen opgedaag het.

Zuma het op die verhoog verskyn om by ander senior ANC-beamptes aan te sluit, twee ure ná die amptelike program begin het. Die ANC se alliansievennote het was reeds besig met hul boodskappe van ondersteuning.

Duisende ANC-ondersteuners het hom uitgejou toe hy op die verhoog gestap en foto’s van hom op groot skerms rondom die stadion verskyn het. Die uitjouery het voortgeduur toe ANC-voorsitter Gwede Mantashe hom by die geleentheid verwelkom het. Ander persone in die stadion is toegejuig en daar was ook ʼn luide applous toe die nuut verkose Keniaanse president Uhuru Kenyatta verwelkom is.

Zuma het ongeveer twee ure laat opgedaag, maar die amptelike program het sonder hom begin.

Oscar Mabuyane, voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê die ANC moet daarop fokus om die party te hernuwe as ʼn leier van die samelewing en die organisasie in die hande van die mense plaas. Mabuyane het gesê die nuwe ANC-president, Cyril Ramaphosa, het aan Suid-Afrikaners ʼn “nuwe hoop” gegee.

“Met die hernuwing en herbou van die ANC, is ons dit aan die arm mense in die land verskuldig. Ons moet minder op onsself gefokus wees. Kom ons verbind onsself daartoe om die ANC gesond te maak,” het Mabuyane bygevoeg.

Sdumo Dlamini, president van Cosatu, het die vakbondfederasie se ondersteuning vir die regerende party toegesê. “Ons sal vir julle die 66% gee wat julle nodig het. In Mei vanjaar sal ons in Nelson Mandelabaai wees om vir almal te laat weet dat die ANC oorneem.” Hy het ʼn beroep op die ANC gedoen om kwessies op te los wat tot verdeling in die alliansie lei. Dlamini het Ramaphosa ook gemaan om kwessies aan te roer wat werkers raak.

Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om die land te respekteer en nie die mense as vanselfsprekend te aanvaar nie. “Ons wil dit op die rekord stel dat ons, as die SAKP, die uitslag van die 54ste konferensie ten volle aanvaar,” het Nzimande gesê. Hy het bygevoeg die SAKP bly verbind tot die alliansie en sy “hersamestelling”.

Die SAKP het ook Ramaphosa se versoek vir eenheid aanvaar, maar moedig “eenheid in aksie” aan. “Ons wil sê, comrades, ons bly verbind tot hierdie alliansie. Maar ons moet erken dat die ANC talle probleme het en wanneer die ANC hoes, kry ons almal koors.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Net die woord “Comrades”, wat hul so graag gebruik, skrik buitelandse beleggers reeds af, want hul dink hier is ‘n klomp kommuniste aan bewind.

Gerrit ·

CR is maar dieselfde hy spog so dat hy ryk is maar uit verdienste wat vir hom gegee is op n skinkbord nou wil hy wit boere se plase onteien sonder vergoeding maar die staat besit 52% landbougrond maar dit is nog nie ontwikkel nie so hulle stel nie daaraan belang nie.

Nico ·

Saam met die grond gaan die verbande en dit is miljarde. Die verbandgewers sal bitter suur wees en die boere verlos van die skuldlas. Of hoe? En wat van Cyril se buffelplaas ??

Willie Gouws ·

Wat is die verskil tussen n swartslang en n geelslang ? Albei is ewe gevaarlik .

Reti ·

Stem só saam jou. Dis ontstellend dat dit so in land is. 10 teen 1 gaan dit oor jaar of wat so met Cyril gaan. Die klomp speel politiek-politiek met ons land.

Bruno ·

Selde poeding net n ander sous zuma gaan n rustige aftrede he en vervolging vryspring sy mede kaders sal daarvoor sorg.

zoom zoom ·

Kan iemand vir my sê wat het Zuma verkeerd gedoen. Zuma self het al gevra wat het jy gedoen en niemand kon nog dit vir hom sê of hom in ‘n hof skuldig bevind.

Rooi Jan ·

Nie dat baie nog nie probeer het om die ou skelm in die hof te kry nie ne Zoom Soon?

snoefie ·

wonder hoe lank voirdat hulle net so gatvol is vir die paddaman. die hele storie oor grondonteiening met of sinder vcergoeding is gedoem. hulke dink deur n winsgewende plaas te skaak, gaan dit winsgewend bly. hulle gaan agteroor sit en kyk hoe die R200 note by die hek inloop. groot teleurstellings wag. boere en hulke werkers WERK om dit winsgewend te hou.

Eish ·

Van die geleerde rubriekskrywers het gereeld n opmerking gemaak oor die ” gematigde swart meerderheid”
Tog, wanneer hierdie regerende meerderheid populistiese (gemik op die meerderheid) en verdelende, hatige uitsprake maak ten einde vas te klou aan die stoele van mag, klink daar nêrens n stem in die duisternis op wat die geleerdes se mening beaam nie. Inteendeel, die stadions is volgepak met die gematigde meerderheid waar die populistiese uitsprake onder luide toejuiging gemaak word.
Die EFF het vandag die winkelgroep H&M se winkel in n Gautengse winkelkompleks totaal omgekeer na aanleiding van n advertensie op n kledingstuk met n swart model. Geen ingryping deur sekuriteit of polisie. Dit, nadat geleerde universiteitsprofessore die hipotese huldig dat ons deur evolusie wel daaruit ontstaan het.
Ek kan eenvoudig nie sien watter plek Afrikaansprekende Kaukasiërs in die helhool het, saam met die res van die landsburgers nie. Wanneer die misdaad wat teen dié groep gepleeg word se wreedheid in oënskou geneem word, is die enigste gevolgtrekking dat loutere haat wat die optrede aanvuur.
Ons gryp tans na droë grashalms. Hoop dat grondgryp sonder vergoeding sonder om die ekonomie te skaad, beteken ons is veilig. Allermins.
Ons kan maar net op ons knieë soek vir genade en uitkoms.

Nico ·

Baie plase is beswaar met verbande wat miljarde beloop en die verbandhouers voel suur en beswaard. Die boere sal verlos wees van die erge skuldlas. Wat van Cyril se buffelplaas. Ek wonder of die Here ons genadig sal wees want die ellende waaraan ons tans onderwerp word is omdat die meeste stemgeregtigdes tydens die referendum in 1992 uitdruklik en oorweldigend daarvoor gevra het , direk by die kok bestel het, of hoe ??

Callie ·

As jy n slim boer is, neem groot verbande op jou plaas en gaan steek die geld weg. Wees slim manne

Adam ·

Callie,dink jy ‘n “slim”bankbestuurder sal ‘n groot verband op plaaseiendom goedkeur terrwyl die regering hulle planne om onteiening sonder vergoeding wys en syd verkondig. Ek meen van nee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.