Zuma uitgejou by Jeugdagvieringe in Ventersdorp

Pres. Jacob Zuma en Noordwes-premier Supra Mahumapelo (Foto: PresidencyZA, Twitter)

Pres. Jacob Zuma is Vrydag uitgejou in Ventersdorp, Noordwes, toe hy met sy toespraak vir Jeugdag wou begin.

“Zuma must fall” het ʼn groep mense gedreunsing toe Zuma met sy toespraak wou begin. Zuma moes vir ʼn paar sekondes wag voordat hy kon voortgaan.

Die groep is later uit die reusagtige tent verwyder by die sportsgronde in Tshing in Ventersdorp.

Zuma is vroeër luidrugtig verwelkom toe die skare opgestaan en gewuif het toe hy by die tent ingestap het saam met minister van kuns en kultuur Nathi Mthethwa en Noordwes-premier Supra Mahumapelo.

Die skare, grootliks skoolkinders in verskillende skooluniforms, het opgestaan en vir Zuma gewuif. Hulle is met busse van verskeie dele in Noordwes aangery.

Zuma het aan die skare gesê die jeug staar vandag armoede en werkloosheid in die gesig.

Mahumapelo het aan die gehoor gesê die inwoners van Ventersdorp, swart en wit, werk saam om weer dié dorp te herbou – wat in ʼn stadium bekend was as ʼn setel vir die AWB. “Ons mense, swart en wit, het saamgekom om hierdie klein dorpie te herbou onder die munisipaliteit, JB Marks.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jacques Venter ·

Zuma must fall
Zuma must fall
And so say all of us
And so say all of us

Verlede ·

Alweer die negatiewe van die verlede wat verby is wat aangehaal word. Lê klem op die huidige en wat bereik is gedurende die ANC se bewind. Selfs nie eers werkloosheid het afgeneem maar is eerder aangewakker deur wetgewing.

Johanna Botha ·

Hulle is tog so lief om terugtekyk na die verlede en bied niks vir die toekoms . As jy heeltyd in jou kar se truspieël kyk gaan jy nie regtig vorentoe kan gaan nie ….presies die probleem !

Fires ·

Zuma het die toespraak met groot moeite uitgewurg iemand het dit vir hom geskryf, pateties. Ek het in Ventersdorp groot geword wat deesdae maar net nog ‘n vervalle gehuggie op die platteland is, wat ek liefs vermy.

MissDemeanor ·

Interesant, ek ook. Ja dis nogals hartseer om te sien dat dinge verslete raak As dit sleg gaan met die boerderye dan sukkel almal. Ek hoop dinge sal verbeter.

LOUIS ·

Hy se die jeug staar werkloosheid in die gesig. Ja werkloosheid en armmoede waarvoor hy GROOTLIKS voor verantwoordelik is. Kan hulle nie besef dat dit agv sy toedoen is dat ons vandag met ‘n resessie sit

Ronel ·

Presies ne!!! Maar some how sal hy weer die apartheid perd opsaal

Johann ·

So hoe het hulle skoolkinders op n Vrydag …n vakansie dag…in n tent gekry? Kos? T shirts? NOG leë beloftes oor n NOG leër toekoms? Jacob Zuma: die verraaier en dief van vandag en more se “jeug”, maar hy bly aan bewind saam met.sy handpoppe wat gewetenloos en blatant afbreek en verwoes en vat wat hulle wil…sonder enige gevilge. Verslag op verslag op aanklag op aanklag, wat NIKS van kom nie

What a joke ! ·

Moenie worry nie laat daai dommies wat so goedkoop omgekoop word aanhou vir hom stem , hul sal dit wel voel aangesien hy een van die groot redes is hoekom Suid Afrika verval ! Jy kan die nie help wat nie gehelp wil word nie! Hul is almal een GROOT grap!!!!siestog…..

John ·

En die prez is nou ook ‘n superregter wat klaar uitspraak gelewer het oor die onlangse gebeure toe ‘n swartman dood is na sy onwettige grondbetreding.

Bruno Stef ·

Zuma namens wie het jy op Ventersdorp jou mond kom uitspoel.As jy moeite gedoen het om al die bewoners van Ventersdorp se mening te kry sou jy nie sulke twak kom uitlaat het nie.Afgetrede blanke inwoners word op straat gedreig deur jou kaders en die Stadsaal is ook deur jou ondersteuners afgebrand maar nie weer herstel nie maar julle het dit goedgedink om n “Monstrosity” van die ene Marx wie dit ookal mag wees op te rig .Die dorp se Infrastruktuur val uit mekaar uit weens onbevoegte en ongekwalifiseerde persone wat by jou Munisipale diens moet lewer sonder die nodige gelde.Die moorde op Blankes uitgesonder die swart mense in Ventersdorp kan ek op twee hande tel in die dorp en die distrik.

TP ·

Dit raak nou gevaarlik vir ou Jz. Hy lok buitedien net klein getalle. Probeer volgende keer telefoonhokkie in Nkandla – effens veiliger.

Westing ·

Jys n moroon. Niemand met common sense gaan na jou luister nie. Bedank en kry klaar dat die land kan voortgaan sonder korupsie

JoeV ·

“die jeug staar armoede en werkloosheid in die gesig”, maar hy vertel hulle nie hoekom nie…

Rita van Wyk ·

En wat doen pappie Zuma om die armoede en werkloosheid te help verlig? My huishulp se kleinseun wag al van die begin van die jaar af vir die beurs wat NSFAS aan hom toegestaan het om te realiseer. Intussen moet sy bloed sweet om hom op kollege te hou met haar karige inkomste. Dit is ook duisende ander studente se situasie. Hoekom word dit nie aangespreek nie? Iewers seker ook apartheid se skuld …

SARIE VAN HEERDEN ·

Nou het ek alles gehoor: Zuma kondig met trots aan hy het nooit formele skoolopleiding gehad nie en GEEN onderwyser het al sy voorkop in ‘n klaskamer gesien nie, omdat hy homself ge”EDUCATE” HET, ….. en ek slaan my oe op na die hemel vir die snert wat hy loslaat! Almal weet hy is totaal ongeletterd en die aanhalings op Vrydag se toesprake uit Shakespear ea. is een groot GRAP! Die arme siel besef nie hy praat snert en die mense lag vir hom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.