Zuma-uitspraak voorbehou

Oudpres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Pietermaritzburg (31 Januarie 2022) (Foto: Jerome Delay/Pool/AFP)

Uitspraak in die aansoek om verlof tot appèl deur oudpres. Jacob Zuma is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg voorbehou tot 16 Februarie 2022. Zuma wil appèl aanteken teen regter Piet Koen se uitspraak waar die versoek, dat adv. Billy Downer van die saak verwyder moet word, van die hand gewys is.

Adv. Dali Mpofu, vir die verdediging, het aangevoer Downer is bevooroordeeld teen Zuma en moet dus verwyder word. Die verdediging voer aan die staatsaanklaer is nie onafhanklik of onpartydig nie.

Adv. Breitenbach, wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verteenwoordig, het gesê daar is ʼn gebrek aan ʼn wetlike voorsiening dat die verdediging appèl kan aanteken ná ʼn spesiale versoek van die hand gewys is. “Dit sal nie in die belang van geregtigheid wees dat ʼn appèl aangehoor word voor skuldigbevinding en vonnisoplegging nie,” het Breitenbach gesê.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die NVG, sê die staat is vol vertroue dat die aansoek om verlof tot appèl op 16 Februarie van die hand gewys sal word.

Die saak hou verband met ʼn wapentransaksie in die 1990’s. Dié saak sal na verwagting op 11 April hervat. Zuma staan tereg op 16 aanklagte van bedrog en swendelary oor die aankope van vegvliegtuie, patrolliebote en toerusting van vyf Europese wapenmaatskappye. Die kontrak is in 1999 onderteken toe hy adjunkpresident was.

Zuma word daarvan verdink dat hy omkoopgeld van een van die maatskappye, die Franse wapenvervaardiger Thales, ontvang het. Die maatskappy staan ook tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Thales en Zuma ontken skuld.

Die hofsaak het in Mei begin ná herhaaldelike uitstel terwyl Zuma se regspan gespook het om die aanklagte te laat vaar.

Zuma, wat sy 80ste verjaarsdag op 12 April vier, was van 2009 tot 2018 president.

Hy is verlede jaar 15 maande tronkstraf opgelê vir minagting van die hof ná hy geweier het om te getuig in die ondersoek na staatskaping. Hy is ná twee maande vrygelaat weens gesondheidsredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ian ·

Hoekom is JZ nie in die tronk nie? Handskoentjies? Is hy verhewe bo almal?

Mariana ·

Zuma was hierdie land se tragedie, hy het ons land stuk vir stuk vernietig en is steeds besig om dit te doen. Dit is tyd vir hom om te betaal vir sy wandade. Hy het genoeg tyd gemors.

Marius ·

En so gebeur daar net mooi niks en baie geld word in die proses verkwis.

Piet parys ·

Die probleem is die howe laat toe dat die krimineel maak soos hy wil .

Fritz ·

‘n Staatsaanklaer MOET voorbeoordeeld wees! Hy moet glo jy is skuldig! Hy moet met alles wat hy het kom om jou skuldig te laat bevind!

MK123 ·

Nie waar nie. Die staatsaanklaer is ‘n beampte van die hof en sy doel is om al die feite aan die hof voor te le en laat die hof ‘n besluit neem. Dit is wel sy plig om seker te maak daar genoegsame bewyse is vir ‘n skuldigbevinding voordat hy ‘n saak enduit voer anders word staatsfondse gemors. Maar dit is nie sy werk om bevooroordeeld te wees nie, anders is aanklaers geneig om selektief feite voor te le en dan verloor hulle die sake. Dis ‘n tegniese punt, maar wel geldig.

AW ·

Waar daardie man die geld kry vir al sy regskostes, gaan my verstand te bowe !!!

Johanna ·

Hoe lank gaan hier man nog ons land in die verleentheid stel? Geen Regs- geleerde sal volfoen aan Zuma se sg. goedkeuring nie.. As daar n Korrupsie Party in Suid Afrika is, is die Hoof beslis Zuma. Hy is klap in die gesig van KZN.

Frikkels ·

Ai tog! Hierdie Zuma sage moet nou op ñ einde kom. Sit die ding in die tronk waar hy hoort en gooi die sleutels vêr, vêr weg! Vat sommer vir ou rampie saam want waar zumpie opgehou het, het hy net aangegaan. Ons land word regeer deur ñ suid afrikaanse mafia.

johan ·

As ek so na die tuin engineer se smile kyk op die foto lyk hy nie vir my siek nie, maar maak almal anders siek

Deon ·

So sal dit aangaan tot Zuma in sy graf lê. In die tronk sal hy tog nooit sit nie. Elke person wat belasting betaal hou die gekheid aan die gang. Die regsverteenwoordigers se beursies word net al dikker en die diefstal gaan eintlik maar net onverpoosd voort!

Christine ·

Hier sal net mooi niks van kom nie. Te bang JZ se hooligans bestorm weer die strate.

Kobus ·

Mpofu is oor een ding reg, daar geld twee stelle wette as dit by Zuma kom. Nie soos hy dit stel nie maar wel die teenoorgestelde. Geen ander landsburger sal die voorreg he om so kat en muis met die regstelsel te speel nie. Die Regters is blykbaar versigtig om die sirkus te staak. Indien Downer dan nou wel onntrek, wat is die volgende stap? Eis dat ‘n aanklaer van hulle voorkeur aangestel word? Krediet aan Mpofu, ‘n Paling kan by hom leer.

tierwyfie ·

Ek verstaan nie hoekom daar elke keer vir die skurk ‘n kans gegee word om te appelleer nie. Kan daar tog nou net ‘n einde kom aan sy magspel. Dis nou tyd dat sy bates gekonfiskeer word en hy vir ewig agter tralies sit. Ouderdom is nie ‘n verskoning om ‘n skelm uit die tronk te hou nie.

Rooikopheks ·

Dis duidelik die man is siek, kyk sy foto!!! Hy is siek gelag vir hierdie land se mense!!

Magda ·

Lyk my dis nou n nuwe “uitstel of afstel” van Di howe. Alle sake waar in president, ministers gehou word, is die antwoord, uitspraak voorbehou. Regtig hoeveel van ons eerlike belasting betaler se geld moet nog op gemors se sake betaal word. Di SKELM hoort in di tronk for life.

Maritza ·

En so sal dit oor en weer gaan vir nog 10 jaar…. gekroonde wild…

Swerwer ·

Natuurlik sal Zuma na elke grashelmpie gryp om vir tyd te speel. …………………………
Zuma wys mos die wêreld dat hy verhewe is bo wette en sal maak net wat hy wil, en die ANC
ondersteun hom in sy optrede want so word kommunisme bevorder.

Ontnugterde senior ·

Hoeveel van ons swaar verdiende belastinggeld gaan nou nog op hom en sy hofsake vermors word? Is daar nou nie al genoeg bewyse van sy skemstreke nie of hoop hy om dood te gaan voor daar eendag uitsluitsel gaan kom? as ons gewone mense dit probeer gaan dit beslis nie slaag nie.

SLUIT HOM TOE EN GOOI DIE SLEUTEL WEG!!!!!

Astrain ·

Piesangrepubliek…en so mors hy almal se tyd en hope geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.