Zuma vaar uit teen Ramaphosa se brief oor korrupsie

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Oudpres. Jacob Zuma het Vrydag in ’n brief teenoor pres. Cyril Ramaphosa uitgevaar nadat dié verlede naweek ’n brief aan die regerende party uitgestuur het waarin hy aanvoer dat die ANC “beskuldigde nommer een” is wat korrupsie in die land betref.

Zuma beskuldig Ramaphosa nou daarvan dat hy die ANC uitverkoop om aantygings van korrupsie teen homself te verdoesel.

“Dit is onvergeeflik om ons leiers uit eie geledere en medelede as misdadigers uit te wys vir misdade waarvan jy en diegene saam wie jy in staatstrukture dien, beskuldig word,” lui Zuma se brief.

Die oudpresident beskuldig Ramaphosa nie net daarvan dat hy partytradisie oortree het toe hy finansiering vir sy veldtog in 2017 ontvang het nie, maar ook dat hy geld van “wit monopoliekapitaal” ontvang het.

“Meneer die president, jy word tans daarvan beskuldig dat jy byna R1 miljard in skenkings van wit monopoliekapitaal ontvang het net om ’n interne ANC-wedloop te wen,” skryf Zuma.

“Jou brief gee  geloofwaardigheid aan die vermoede dat jy poog om diegene uit ons eie geledere by te staan wat betrokke is by pogings om die ANC te vernietig ten einde dit te oorhandig om ’n instrument van wit monopoliekapitaalbelange te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Sandra ·

Dis juis die probleem. Hy is nog nie vervolg nie. Probeer nou die aandag van sy eie korrupsie en diefstal weglei. Dis tyd dat jy gaan sit of al die miljarde terugsit in die staatskas.Hy en sy leaders.

Gerrie ·

Ja, Jacob Regop. Wat van jou Shaik kapitaal, Gupta kapitaal, en …

Nie Verbaas ·

Ek kan nie glo dat Zuma dit eers waag om sy mond oop te maak nie. Sommer blatant ook nog daarby.

Die Wolf ·

Hoe sulke gemors gepubliseer kan word, gaan my verstand te bowe. Is daar niks anders wat meer sin maak nie?

Eragrostis ·

Ironies, want die hele ANC is korrup in sy wese. Nou raas die een korrupte met die ander korrupte omdat hy die korrupsie blootlê van die ander korruptes. Ek verstaan nie daardie logika nie.

LekkerOuJan ·

Toemaar die korrupte organisasie ondersoek hul self. :-(

Jr ·

Ons kan nie die logika verstaan want simpel gesê ons redeneer nie so nie

Strandloper ·

Rek die grootste criminal van ons tyd nou regtig sy bek oor n wannabe famous kader wat so effe wakker skrik?

Chris ·

Ek klink al soos ‘n vasgehakte grammefoonplaat. Die mense se “politiek” is anders as die gewone (westerse) politiek. Ons moet ophou karring aan die mense. Los hulle uit, die saad van selfverwoesting en vernietiging is reeds gesaai. Daar is nie omdraai vir die regime en die se meelopers/agterryers nie. Ons weet nie hoe die intriges, nuanses, onderstromings en konsert bedryf word nie. Ons sal dit nooit verstaan nie. Die geskiedenis herhaal homself net. Niks nuut onder die son nie.

Johann ·

Lekker! Laat die twee maar baklei. Hoe meer hulle baklei hoe groter die onmin binne die ANC….en dis n baie goeie ding.

OW ·

Die tweede paragraaf is die sleutel tot die afgelope 26 jaar se politieke bestuur.Hoekom werk ‘n goeie politieke bestuurstelsel nie in SA nie? Mnr Zuma gee self die antwoord.Dis onvergeeflik om oortreders uit te wys.

Stella ·

Hahahaa di fliek het begin. Bring di popcorn en slushpuppy. Vir hule sit ons n hoop kapies en vaaljapie neer. Los hule dat hule mekaar verskeur. Wag al lankal hiervoor

pieter ·

Dis die rede waarom nie een van hulle in die tronk is nie , hulle is almal skuldig aan korupsie , die een blameer die ander.

Rose ·

Weereens n bewys dat Zuma dink die Anc behoort net aan hom. Daar gaan baie druk op Ramaphosa wees om te bedank. Dit is n geleentheid waarvoor die Zumas gewag het, nou kan antie Zuma sommer by die agterdeur inglip en president word, mark my words! En dan sak die donkerte oor ons toe.

Retha ·

Die Vader moet ons bewaar van daardie dag. Steeds glo ek elke dag meer aan my oorlede pa se woorde. “My kind die dag sal kom dat ons onder die mense sal sit aan dieselfde tafel, maar ons sal nie sê hê nie.” Daardie woorde het hy al in die vyftiger jare gespreek

Martie Smartie ·

Nou toe Ramma, kom uit met Zuma se vuil wasgoed. jy was lank sy tweede in bevel

Dirk Mostert ·

Hy leef steeds rojaal op wmk deur sy salaris en regskostes.

Therese ·

Ek stem heelhartig saam met Zuma.
Die vermetelheid uit die presidentskantoor verstom.

Adeline ·

Die brulpadda geen draende IKlose misdadiger se sê goed is nie eers waardig om in ag te neem nie (nuus oor te skryf nie – dit is vermors van kosbare tyd op gemors en vuilgoed) – natuurlik sal hy kla en geregtigheid teenstaan – want dan word sy ongeregtigheid openbaar gemaak…

Anoniem ·

En oom Zumpie wat sê jy van die geld wat jy by die GUPTAS gekry het??? Wat se kapitaal is dit???

4ntj13 ·

Hahaha! Hy het beslis nie self hierdie brief geskryf nie!! Wat eintlik net beteken daar is op Ace en sy kinders se tone getrap. Ek bly nuuskierig hoe die ANC dit sal hanteer. En die lam SAPD.

Anoniem ·

En so begin die honger wolwe mekaar verskeur… en shame ou Zumpie met sy fiktiewe “wit monopolie kapitaal” kaart, hulle raak despiraat nou dat al die kaarte in die blaamspel pakkie besig is om op te raak… ek kry die klomp dwase eintlik jammer.

Hendrik ·

Toe jy Mnr Zuma in die korrupsie lyn was was “witgeld” goed vir jou. Ek dink Mnr Ramaphosa is besig om die vere so ‘n bietjie te krag en nou die brief. Ek wonder of jy miskien ‘n bietjie bang kan voel? Jou geld raak minder – jy moet nog R10 miljoen se eise betaal.

gatgogga ·

Hier is nou groot gevaar.
Voordat hulle mekaar aanvat, gaan Ramaphosa probeer om die struweling te herlei en die woede op die wittes te konsentreer.

Prikkie ·

Wie is Zuma nou weer?

O, daardie handlanger van die Guptas – nou onthou ek.

Leon ·

Maar dit is hoogtyd dat ‘n paar vd bewerings, teen wie ook al in die hof sien. Onder behoorlike ondervraging en ondersoek.

ElizeK ·

Dit verstom my dat daar soooo dikwels deur swart politieke leiers na WIT MONOPOLIEKAPITAAL verwys kan word wanneer dit hul pas. Hoekom, wonder ek, wil ons dan nie ophou om hul van wittes se kapitaal te voorsien nie. Is hier dan regtig NIEMAND in dié land wat die regskennis en die wil het om ons te verenig om ons geld van hulle te weerhou nie.

Peetjie ·

Nou ja toe… As die water warm word dan spring hulle ook…

Althes ·

Zuma en EFF het ñ eentokkel deuntjie. Wit monopolie kapitaal. Betaal eerder jou regskoste, Zuma. Jy wat die land verdeel het en verinneweer het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.