Zuma vaar uit teen regbank

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: ANA)

Terwyl die Zondo-kommissie na staatskaping Maandag gesê het hy gaan die Konstitusionele Hof vra om oudpres. Jacob Zuma tronkstraf op te lê vir minagting van die hof, het Zuma gisteraand teen die regbank uitgevaar.

In ʼn verklaring hou die oudpresident vol sy gedrag ondermyn nie die Grondwet nie – maar beskerm dit – terwyl ʼn paar mense op die regbank lankal hul “konstitusionele pligte laat vaar het om by politieke gevegte aan te sluit”.

Zuma beweer ook die kommissie is op die been gebring as deel van ʼn georkestreerde veldtog om hom uit sy amp te verwyder.

Hy beskuldig adjunkhoofregter Raymond Zondo, kommissievoorsitter, daarvan dat hy politieke propaganda teen hom versprei. Zuma voer ook aan nadat die kommissie die kans verbeur het om getuienis aan hom voor te lê, het die kommissielede betoë aan mekaar gelewer en politiek gebruik om die openbare mening te beïnvloed.

Zuma beweer voorts Zondo mislei mense en dat dit mense behoort te bekommer.

Die oudpresident sê die kommissie het gewys hy beskik nie oor die vermoë om ʼn onafhanklike, regverdige en onpartydige ondersoek of verhoor te hou wanneer dit oor hom wat Zuma is handel, of wanneer dit afwyk van die sogenaamde voorskrif oor staatskaping nie.

“Regter Zondo het weereens twyfelagtige regterlike integriteit, onafhanklikheid en onbevooroordeeldheid wat in ʼn ondersoek van hierdie omvang nodig is, aan die dag gelê,” sê Zuma in die verklaring.

“Die adjunkhoofregter het afgesluit deur te sê my minagting skep gronde vir hom om die Konstitusionele Hof te nader om te vra vir ʼn vonnis. Natuurlik gaan hy dit kry. Ek is nie seker dat dit gewoonlik is hoe minagtingsverrigtinge verloop nie, maar ek het aanvaar dat adjunkhoofregter Zondo en regsvoorskrifte vreemdelinge vir mekaar is.”

Zuma sê noudat sy rol by die kommissie oënskynlik geëindig het, wag hy vir die Konstitusionele Hof se vonnis. “Ek staan by my verklaring op 1 Februarie dat geen hoeveelheid intimidasie of afpersing my posisie gaan verander nie, omdat ek vas glo dat ons nooit ʼn regbank moet toelaat waar geregtigheid, billikheid en regsprosesse diskresionêr is en uitsluitlik voorbehou word vir sekere litigante en ander nie.”

Hy sê ook talle mense kyk anderpad oor hierdie soort “geregtelike misbruik”.

“Hulle kies om die skuld voor my deur te lê, maar versuim om die geregtelike krisis wat besig is om in ons land af te speel, trompop te loop.”

Zuma sê die kommissie het probeer om hom ten alle koste aan die pen te laat ry.

“Dit is hierdie soort regterlike gedrag waarteen ek beswaar maak, nie ons wetgewing of ons Grondwet nie. Dit is nie die gesag van die Konstitusionele Hof wat ek verwerp nie, maar die misbruik daarvan deur ʼn paar regters.

“Dit is nie ons wetgewing wat ek minag nie, maar ʼn paar wettelose regters wat hul grondwetlike poste versaak het vir politieke gedienstigheid. Ek respekteer die wet en het myself die afgelope 20 jaar aan sy misbruik onderwerp.”

Zuma sê talle mense voer aan hy beskou hom as verhewe bo die wet en beweer hy erken nie die Grondwet nie. Zuma ontken dit.

Hy sê daar word selfs gesê hy moet tronkstraf opgelê of van sy presidensiële voordele en pensioen gestroop word.

“Vir die rekord, ek is die een wat gesê het ek gee nie om om myself te verdedig teen die straf wat vir my beginselvaste standpunt opgelê word nie.”

Zuma sê ook hy het nie by die ANC aangesluit vir geld en voordele nie en het mense bedank wat hom steeds ondersteun.

“My verklaring is nie ʼn oortreding van die wet nie. Dit is protes teen sommige in die regstelsel wat hul siele verkoop het en van hul ampseed afgewyk het. Dit is my respek vir die wet wat my dwing om die misbruik van die reg en die geregtelike kantoor vir politieke doeleindes te verwerp.

“Ek respekteer die wet, nie die misbruik daarvan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Pieter ·

Enige iemand anders net nie die groot skelm van S.A nie. Ek glo nie hy gaan ooit poort toe gaan nie. Mag God in jou hart werk en jy vergifnes vra voor dit te laat is. (Ek mag nie oordeel nie).

PH ·

Watse twak kan sy skoothondlie , Carl, wat sy toesprake voorberei, nog uitdink?

Suzette ·

Hierdie ou glo lyk my regtig dat hy onskuldig is. Almal anders is skuldig, maar hy kort net vlerke.
Ek skets ‘n prentjie: ‘n vlot en ‘n tor – die vlot is leeg…..

Heinrich ·

Ag Zoempies, miskien kan ‘n stort of ‘n lekker swempie in die firepool die korrupsie afspoel.

Piet parys ·

Nee wat jy oordeel nie . Jy praat net die waarheid want dit is n feit dat hy korrup is maar is mos verhewe bo die wet en sal seker nooit tronk toe gaan nie . Alles n speletjie net om met die ou in die straat se mond stil te hou. En as hy ooit skuldig bevind word sal Cyril hom kwytskel of hy sal sy parool kry 5 ster behandeling in Nklanda

Samuel ·

Stem 100% saam. Al raas ons hoeveel, Zuma sal nie ‘n halfuur in die tronk spandeer nie. Van die SP tot onder in die ANC se hiërargie, word Zuma beskerm. Ek sou dink regter Zondo moet lig slaap.

Sarel ·

Jy hardloop nou sl vir jare weg maar nou is jy besig om.jou rieme styf te loop. Jy dn jou Regsspanne ondermyn al vir jare die Land se Rdgstelsel.

Feit is hy wil gesien word in die rol van Martelaar

Persheks Adri ·

Jy respekteer die wet? Nee ek dink jy’t GEEN respek vir die wet nie nog minder vir die regter! Gaan sit nou en kry klaar en ja jy moet nie presidentsiele voordele ontvang nie jy gaan ons baie geld spaar. Daar is nie pille vir jou tipe nie loop tsek man

Misky ·

Sweet slaan sommer op my voorkop uit terwyl ek lees!!!!!! Die man het dan gesê hy sal eerder tronk toe gaan voor hy getuig. Laat hy gaan, hy vra dan so mooi

Wondermaarnet ·

Die man is heeltemal van die pad af. Hy het ‘n siekte, want hy is perfek en maak nooit foute nie.

Mrs H ·

Probleem is dat alle ‘foute’ aspris deur hom bewerkstellig is en nog altyd was – so ook sy ooreenkoms met Shabier Shake, waarvoor Zuma saam sy deel maaintjie tjoekie toe moes gegaan het… o ja, en Shabier leef nog te lekker met sy terminale kastige siekte.

Michael ·

My hoop is dat hulle aanhou om hom te dreig en dat hy dan uiteindelik sy mond oopmaak oor wat hy alles van die regering weet. Dis ons enigste kans dat hy en die ANC onder sal gaan

Antoinette ·

Ek dink nie hy het al daardie groot woorde self uitgedink nie.

Kokerboom ·

Verklaar hom as misdadiger teen die SA volk en kla hom aan vir hoogverraad!!!

Chris dupreez ·

Hoogveraad vir die ook wat hom gehelp het om president te word

Deon ·

Ek stemsaam met Chris, en se ook, kla sommer die spul wat hom nou ondersteun ook aan….

Skyspy007 ·

Vat hom Robin eiland toe…..sy “boetie” was mos ook daar……Die selle is ge-plafei

Petrus ·

Hy sal mos uitvaar, wat verkeerd is, is vir hom reg. Hy’s nie eers skaam om sy gesig in openbaar te wys – siesa!

Antoinette ·

Moet lekker wees om so sonder sonde te wees. Terloops, Uit watter amp wil ons hom nou weer verwyder? Ek het nie geweet hy is in ‘n ampsposisie nie.

Adeline ·

1. Die opgawe lys oor Zuma het nie ‘n antwoord wat ek mee kan saamstem nie.
2. ‘n Kind van die Allerhoogste mag nie oordeel nie MAAR MAG BEOORDEEL.
3. Aan die vrugte wat die boom dra sal ‘n persoon uitgeken word of hy/sy goed of sleg is.
4. ‘n Sigopaat is al persoon wat kan praat soos die gewese verwyderde bose korupte cANCer president.
In die lig van geregtigheid wonner ek ernstig of dit hom gaan help as daar ernstig gebid word dat hy sy spreek beurt sal kry om sy eie misdade voor verantwoording te doen – kom ons kyk watter Mag of magte gaan werk om geregtigheid te laat geskied. Vrees is ‘n baie ernstige ding en lyk my hy is bang vir die Kommissie want sy ongeregtigheid gaan openbaar word, nou val hy hulle woordeliks aan.
Zuma jou tyd is jou tyd val sal jy verseker.

Nie Verbaas ·

Iets laat my onwillekeurig dink aan die redenasie vermoe van n budgie.

Human ·

Ruil sy foto en naam met die van Trump. Die storie is dieselfde al verskil is net die velle, altwee uitgeslape skelms elk met hul eie juigkommando.

Mrs H ·

Trump het nie eers n sallaris gevat nie. En skielik is die dollar so swak vandat JoeHo oorgeneem het – los maar vir Trump, hy het ten minste ook n US staal bedryf op die been gebring wat nie meer bestaan het nie.

Fedup ·

zuma’s got his knickers in a knot.
niehaus should really get a mirror and start pondering about himself.

Nick ·

Hoe op aarde het hierdie persoon President geword?
Ek, en ek is seker miljoene ander in SA hou elke persoon in die ANC aanspreeklik vir wat hulle vir ons opgeskep het. Asook elke persoon wat hierdie korrupte spul instem met elke verkiesing.

Skyspy007 ·

Nick….dieselfde manier van die een wat op Robin eiland was. Hulle is mos “heroes” wat niemand in die wêreld ‘n fout mee kan vind nie. Val gaan hy VAL…

Sê maar net ·

Hahahahaha! Zuma, jou kirankies gaan uiteindelik braai. Jy gryp na strooihalms. Watch this space!

JohanR ·

Die ou word kans na kans na kans na kans gegee en elke keer is daar een of ander rede hoekom hy nog ‘n kans moet kry. Ek en jy kry nie eers EEN kans om die hof te minag nie. Klop aan die deur, gebooi en selle toe.

sopbeen ·

Dit was verseker nie Zuma wat hierdie verklaring geskryf het nie. Hy kan dan nie eens lees nie.

Casper ·

As Mnr.Zuma dan onskuldig is hoekom getuig hy ni voor regter Zondo nie en weerlê die getuies wat alreeds getuig het dan kan jy die regbank verkeerd bewys.

Casper ·

My onderwyser het 50 jaar terug vir my gesê as my breins dinamiet was was dit nie eers genoeg om my neus oop te blaas nie en ek het hom verkeerd bewys en matriek geslaag.

Madz ·

“Ek respekteer die wet, nie die misbruik daarvan nie.”…….ai ou Zumpie… wie sou nou DIT kon glo …..nogal uit JOU mond….???Lekker man LEKKER!!

Sandra ·

Ag please! Kom by. Jy is so bang vir die tronk dat jy bubbles hap. As jy dan so Baie geld het, hoekom het jy agter geraak op jou verligtinge by Nkandla? Sies man, skaam jou om openlik te lieg

Elmarie ·

Zuma het nie al sy koppies in sy kas nie, oftewel in Engels His lift does not go to the top floor. Hoe anders as hy homself so glo?

Gert ·

Ek haal aan “Ek respekteer die wet en het my 20 jaar aan sy misbruik onderwerp, hy vergeet net dat hy die wet self misbruik het vir sy staatskaping

Kenny ·

Hy het dan die Zondo op die been gebring as ek reg onthou het maar nou skop hy teen die kar
Nie gedink dit gaan hom aan die gat byt nie
Sluit toe en gooi die sleutel weg

Maggies ·

Ek is vas oortuig dat hy voorgesê word. Hy kan nie eens groot getalle opnoem nie, maar kyk net die groot woorde wat hy gebruik.
Hy mag dalk tronkstraf vryspring, maar sy plek is reeds bespreek in die warmste gevangenis ooit.

Cecilia ·

Wat soek hy nog op vrye voet. Hy ht n hofbevel verontagsaam!
So daar sy. D SAPS moet kom try my arresteer vir my “onwettige wapen”.

pompies ·

Nou zooompie as jy so voel hoe moet ons voel wat al vir 26 amper 27 jaar dieselfde voel oor hoe alles en die wet teen ons gebruik word. Nou dat jy dit voel hou jy nie daarvan nie maar ons wittetjies moet bek hou en net aangaan.

Hendrik ·

So omtrent die 8ste paragraaf begin die berig met Die Adjunkhoofregter… is dit nie foutief nie?

Jr ·

In die foto wys hy hoeveel keer hy voor die Zondo kommisie was – now listen carefully – threety fifty and sixty thousand, ninety five fourty times.

Alleen Wolf ·

Sloerdery om hom in hegtenis te neem en die NEC wat hom nou wil spreek, dis alles bollie, ANC is besig om ‘n skuiwergat vir Zumpi te soek om vry te loop maar terselfde tyd nie ‘n presisent te skep vir ons gewone burgers om dieslfde te doen nie.
As dit ek of jy was, was ons lankal agter tralies.

Brett ·

Ag ek love die nonsens……. Die nar glo so wragtig dit wat hy se……
Samesweering, komplot, blameer almal… Nee niemand skryf hom voor nie hy glo dit vas. Maar dus hoe als werk in ons krimeneele se koppe…
Moor omdat iemand duisende jare terug gemoor is…. Cry Wolf…… En almal soek dn die wolf……
Jy het nie opgedaag in die hof nie…. Ja of nee…… JA…. So jy moet gestraf word klaar
Well done Mr Zondo put him where he belongs. Sell his things and pay outstanding dept…… Done and dusted

Gerrie ·

Zuma se hele optrede dui op dié van ‘n opperste manipulerende psigopaat. En talle van sy mense val daarvoor.

Moedeloos ·

Wie het die regters aangestel wat jy nie vertrou nie. Niemand anders as jy nie. Noudat jy in die anderkant van die tafel staan verander jou storie gou-gou. Nee Zuma vat jou pak soos talle van ons gewone burgers noual jare moet doen. Voel hoe dit voel om jouself nie te kan verdedig nie want jy loop jouself teen n muur vas – n muur wat die ANC gebou het. Ongelukkig is jyself die skuldige die keer en niemand kan jou dade nou toesmeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.