Zuma van haatspraak aangekla

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe en tesourier-generaal Zweli Mkhize by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe en tesourier-generaal Zweli Mkhize by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Die Menseregtekommissie (MRK) het bevestig dat president Jacob Zuma van haatspraak aangekla is.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het gesê die Vryheidsfront Plus het die klag aanhangig gemaak. Die klag hou verband met uitlatings wat Zuma glo tydens ʼn fondsinsameling van die ANC gemaak het. Hy het glo gesê “al die moeilikheid het begin” toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het.

“Hulle [die VF Plus] beweer dat die uitlatings negatief veralgemeen teenoor die afstammelinge van Jan van Riebeeck en wit mense in die besonder, en dat die uitlatings Afrikaners demoniseer op grond van ‘n verkeerde historiese siening.”

Mangena het gesê die MRK is tans besig om die klag te beoordeel en te besluit of hy die mandaat het om voort te gaan daarmee.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê sy party het genoop gevoel om die klag aanhangig te maak aangesien hulle van mening is dat die uitlatings wat aan Zuma toegeskryf is ʼn vorm van haatspraak is.

“Hy het gepraat op grond van ras. Hy het verwys na die blankes en gesê waar blankes betrokke is by swart mense, hulle in aggressiewe dade, oorlogvoering en die verplasing van swart mense betrokke is,” volgens Alberts.

“Hy [Zuma] het ook gesê die ANC is ʼn formasie van inheemse mense … wat impliseer dat ander mense nie as inheems beskou kan word nie.” Alberts het verwys na die voorwoord van die Grondwet, wat bepaal dat Suid-Afrika aan almal wat daarin woon behoort. Volgens Alberts word wit mense, bruin mense en Indiërs as “nie-inheems” beskou en skep dit ‘n “bedeling waar hulle as tweederangse burgers, as koloniste, beskou word”.

Hy beweer die uitlatings wat aan Zuma toegeskryf is, is nie histories korrek nie. “Ons vra dat die MRK die ANC verplig om betaalde advertensies in die hoofstroomkoerante te plaas waar hulle om verskoning vra en ook dat Zuma uit sy eie sak, en die ANC, elk R1 miljoen in ‘n fonds inbetaal vir mense wat deel is van die minderheid en slagoffers van misdaad is,” het Alberts gesê.

Mac Maharaj, woordvoerder presidensie, het navrae na die ANC verwys. Die ANC kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sameroeper ·

JZ – dit is die uitlatings van iemand wat of nie sy land se geskiedenis ken nie, OF dit ontken en dan die oningeligte massa propageer met ‘n vervalsde weergawe ten einge sy geheime agenda te bedreik -die uitwissing van blankes! Beide bogenoemde redes is waarskynlik! Solank die blanke nie volskaals militant bedreig word nie sal die land onder ‘n swart regering bly! Geen verandering gaan by ‘n stembus plaasvind nie. Maar sleg wanneer swartes die fout maak (en ek glo dit kom) om blankes op volskaal militant aan te val en blankes die reg op self verdediging opneem, sal die bordjies verhang word. So ‘n revolusie is nie wat mens wil sien nie, maar dit is ongelukkig waarheen dinge gestuur word! Waarom? Want hulle dink hulle kan wen (een van die katalisators vir oorlog).

Melaine Gouws ·

Kom ons kyk of iemand Chief Goodwill Swalintini ook gaan aankla. Want hy het nie net haatspraak geopper nie maar ook mense aangeraai om aanvalle te doen teen die blankes. Sien Mercury koerant van 15 Januarie 2015?

Johan Gous ·

kan julle daai berig op die blad sit sodat almal dit kan sien??

jz ·

Stem le n klag!, maar Jacob gaan sy stert daaraan af vee soos hy met al die klagtes teen hom maak wat hof bevelle insluit.

Frannie van Pretoria ·

Dankie VF Plus dat jul onse president vam haatspraat aankla. Hy het gese 2015 gaan grond gevat word en daarmee toestemming gee om veral boere “te verwyder” wat nie vrygewig gegee word nie. Dit is haatspraak. Kyk hoe baie boere is al vermoor nadat jy met die ANC Jeugliga vergadering gehou het.

Gert ·

jz, ja ek vermoed so want kyk waar trek ons nou al en niks het gebeur nie. Ek dink die VF Plus het ook al hiervan vergeet. VF Plus se propaganda .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.