Zuma: ‘Van Rooyen was die beste gekwalifiseer vir finansies-pos’

David van Rooyen, voormalige minister van finansies (Desember, 2015) Foto: GCIS

David van Rooyen, voormalige minister van finansies (Desember, 2015) Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê David van Rooyen, die huidige minister van samewerkende regering en tradisionele sake, was die beste gekwalifiseerde kandidaat om as Suid-Afrika se minister van finansies te dien.

Zuma het afgevaardigdes by die jaarlikse vergadering van die presidensiële perskorps in Pretoria toegespreek. “Daardie storie het so baie amok veroorsaak. Mense dink Zuma het net een dag wakker geword en besluit [om Van Rooyen as minister van finansies aan te stel]. Party mense sê ek is aangesê om dit doen,” het hy gesê.

“Van Rooyen is my comrade, ook van Umkhontho we Sizwe, waar ek vandaan kom. Hy is ʼn opgeleide comrade in finansies en ekonomie, meer gekwalifiseerd as enige minister wat ek al ooit in hierdie pos aangestel het. Dink net as ek die man wat na die beeste in Nkandla kyk as minister van finansies aangestel het?”

Zuma het gesê die debat oor Van Rooyen is een wat niemand ooit kan wen nie.

Van Rooyen se aanstelling in Desember 2015 is slegs vier dae later teruggetrek en hy is met die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, vervang. Hierdie onverwagte skommeling in die kabinet het die rand afwaarts laat tuimel na ʼn rekordlaagtepunt van R16 teen die Amerikaanse dollar. Van Rooyen is daarna na die portefeulje vir samewerkende regering en tradisionele sake geskuif.

Zuma het Maandag aan joernaliste en korrespondente gesê Gordhan sal sy begrotingsrede vandeesweek in die parlement lewer te midde van baie moeilike ekonomiese omstandighede.

“Die begroting verteenwoordig goeie gesprekke wat tussen die regering en die onderskeie sektore plaasgevind het. Dit word onder baie moeilike omstandighede gelewer. Julle moet saamstem dat die afgelope aantal jare se begrotings voorgelê word in tye wat die ekonomie nie vooruitstrewend is en floreer nie,” het Zuma gesê.

“Die situasie is ʼn bietjie onstabiel en daarom probeer ons ʼn begroting saamstel wat gebalanseerd is. Ons glo dat [joernaliste se] verslaggewing oor die begroting so akkuraat as moontlik moet wees. Selfs as julle jul eie analise doen, moet die feite ten minste so na aan die ware feite as moontlik wees,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mike de Beer ·

“Charity degrees” en kwalifikasies is ‘n werklikheid waar “Afrikane” oorsee kwalifikasies verwerf het veral gedurende die sogenaamde “struggle” tydperk. Miskien was Van Rooyen een van die “charities” ??? Sy “track record” as Burgemeester wys nie juis op ‘n man wat deeglik toegerus is vir groot finansiele verantwoordelikheid nie. Inteendeel het ek nog nerens gehoor van enige groot ekonomiese uitsprake wat hy al gemaak het nie?

VL ·

Wonder net hoekom die beste kandidaat dan nou met ‘n ander kandidaat vervang is? Gordhan het seker nou slapelose nagte omdat hy 2de beste was…

Pieter.v ·

As van Rooyen die beste was en Zuma reg was hoekom het Zuma so vinnig van plan verander en Gordhan in sy plek aan gestel,dink Zuma ons is n klomp patete,Nene is van sy pos onthef omdat hy nie na Zuma se pype wou dans nie,

pjk ·

Ja, maar hoekom gee zuma hom dan die trekpas as van rooyen die beste blyk te wees? Die skuif verstaan ek nie, maar kom ons los dit liewer.

Bach ·

Kan jy glo terwyl die land letterlik brand, hou Zuma hom besig met str…….oor V Rooyen se aanstelling asof dit nou belangrik is. Hoekom doen hy en sy kommie pel Blade nie iets oor die studente nie en verdien jul enorme salarisse. Z as V Rooyen dan so wonderlik is, waarom het jy hom na 3 dae vervang?

MissDemeanor ·

Wel daar het jy dit nou, om ‘n “comerade” te wees is die beste kwalifikasie.

Danie ·

Zuma is seker reg, van Rooyen is seker hoog gekwalifiseer as jy dit vergelyk met Zuma se eie st3 kwalifikasie.

Vicus ·

Danie, waar hoor jy dat hy graad 5 geslaag het? Gaan lees op die ANC se webwerf. Hy het geen formele onderwys nie en is hy en sy vriende geleer lees en skryf deur n vrou wat graad 6 geslaag het!

Liewe Heksie ·

Ja zooooom ek is n baie beter kanidaad om jou pos te vul HAHAHAHAHOEEEEEEEE

Wat-ek-lees ·

Wat ek ook lees is dat perdedro//£ vye is. Ook is die beste gekwalifiseerde om SA te regeer tans aan bewind. Wat ‘n klomp onsin.

Johann Marx ·

Mense “dink” nie jy het net een oggend wakker geword en besluit om Nene te vervang nie, Jakob, mense het dit beleef!!! Deur jou ondeurdagte optrede het jy my, en miljoene ander Suid Afrikaners tot soveel as 25% van die waarde van ons boedels gekos…..en nou kom jy met hierdie belaglike stelling dat van Rooyen die “beste” was vir die pos? Waarom het jy dan nie by jou besluit gebly en hom daar gehou nie? Jy is tog allermins die president is jy nie? Toemaar, jy hoef nie antwoord nie….

cr ·

hy Was so goeie kandidaat, kyk net hoe mooi het hy die rand laat tuimel.

Pietman ·

Sal iemand in die presidensie nie asb vir Zupta daarop wys dat sy idee van humor as baie swak deur almal buite sy kader kring beskou word nie. ‘Hehehe alles reg’.

gatvol ·

Die “comrade” sal nie eers so goed na die beeste kan kyk soos die huidige beeswagter nie!!!

Martin ·

Zuma, wou v.Rooyen aanstel, sodat die heer twee van sy Gupta raadgewers kon aanstel (wat by sy inhuldiging teenwoordig was) sodat hulle, hulle planne met die ekonomie kon uitvoer. Baie slim plan wat nie gewerk het nie.

Eliza-beth ·

Jaaa swaer… en my tuinwerker is beter gekwalifiseer vir leier van die land as jy ; )

neelsie ·

Zuma vergoed maar net sy ‘tjommies’.—-Afrika-metode.
Onvermoe staan hoog in die blom ongeag die droogte..

Bach ·

Kan iemand dalk vir ons se wat vRooyen se kwalifikasies is en waar hy dit verwerf het.

hannes pretorius ·

In Zuma se opinie wat jou kwalifiseer vir ‘n hoer pos is dat jy ‘n mislukking moet maak van ‘n vorige pos. kyk maar van sy vorige aanstellings.Wat kwalifiseer Zuma,met sy gebrekkige opvoeding, om te besluit wie die beste is vir ‘n belangrike pos soos finansies?

Hennie ·

As jy st 3 deurgeskraap het, is st 5 ‘n hoë kwalifikasie. Ons verstaan dit!

Eugene ·

Natuurlik is hy die “bes gekwalifiseerde”!

Sy gabbas wat hy sou saamsleep is dan deel van Gupta/Zupta bende….dus, outomaties is die vent die “bes gekwalifiseerde”….nie noodwendig en klaarblyklik vir die taak en werk en verantwoordelikhede nie, maar wel om die selfverrykende korrupsie deure op ander vlakke net nog groter te kan oopmaak vir die Zupta’s!

Hendrik van Rooyen ·

Kan iemand dalk navorsing doen oor die ‘kwalifikasies’ waaroor David van Rooyen sou beskik? Dalk is dit nodig om die Prez se bluf te roep op hierdie sakie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.