Zuma vanaand op TV oor Marikana-verslag

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die presidensie het aangekondig dat pres. Jacob Zuma vanaand die Marikana-verslag bekend sal maak en terselfdertyd die nasie sal toespreek.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê pres. Zuma sal die langverwagte verslag Donderdag om 19:00 bekend maak. Die president sal ook terselfdertyd die nasie toespreek op die SABC se nuuskanale.

Zuma het op 26 Augustus 2012 ’n kommissie van ondersoek ingestel na die gebeure by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg waar meer as 44 mense hul lewe verloor het en baie ander mense beseer is.

Regter Ian Farlam het aan die hoof van die kommissie gestaan. Die kommissie se verslag is op 31 Maart vanjaar aan Zuma oorhandig en hy het erg onder skoot gekom omdat hy nog nie die inhoud van die verslag bekend gemaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Ek is seker dat Zuma weer vir Jan Van Riebeeck die skuld gaan gee. Niks wat uit sy mond kom is geloofwaardig nie, en gaan beslis nie na al sy leuns luister nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.