Jacob Zuma word Saterdag vir sy tweede termyn as president by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.
Nagenoeg 4 500 plaaslike en internasionale hooggeplaastes sal na verwagting die seremonie bywoon, insluitend pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en sy vrou Grace, Ian Khama van Botswana en Hery Rajaonarimampianina van Madagascar. Staatshoofde en ander ampsdraers van 47 lande sal die seremonie bywoon, maar niemand van Europa of Amerika word verwag nie.
Die lugmag sal ʼn verbyvlug hou met ʼn 21 geweer-saluut. Die weermagorkes het die gaste al van 05:00 af by die Nelson Mandela-amfiteater vermaak. Die “kultuurprogram” met optredes deur Kurt Darren en DJ Vetkuk begin om 08:00.
Die formele seremonie begin om 11:00. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sal Zuma insweer waarna hy Sondag sy nuwe kabinet sal aankondig.
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie en Magdalene Moonsamy, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sal ook die inhuldigingseremonie bywoon. Alle EFF-LPs het uitnodigings ontvang, maar dit is nie duidelik of Julius Malema die seremonie sal bywoon nie. -SAPA
Ons skole het Super 12 Koor in Brooklyn, 6km van die Uniegebou. Hoe gaan hulle ingaan en is dit veilig?
Wees waaksaam. Nerens in die land is enige mens veilig nie.
“Same old, same old ???