Zuma vat Madonsela hof toe

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela.

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela.

Pres. Jacob Zuma het glo met regstappe begin om Thuli Madonsela, openbare beskermer, te verhoed om haar verslag oor sogenaamde staatskaping bekend te maak.

Times Live berig Zuma het Madonsela ingelig hy is van voorneme om ʼn interdik teen haar te bekom om te verhoed dat sy haar voorlopige verslag bekend maak. Volgens die berig sal die aansoek om ʼn interdik Dinsdag in die hof aangehoor word.

Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, en Oupa Segalwe, hoof van kommunikasie by die openbare beskermer, sowel as dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die presidensie het Maandag gesê hy het Madonsela formeel versoek om teen Dinsdag te bevestig dat haar kantoor nie die ondersoek sal afhandel of ʼn verslag uitreik voordat enige bewyse, wat Zuma betrek, aan hom verskaf is of hy geleentheid gegun is om getuies in die ondersoek te ondervra nie.
Die presidensie het Madonsela daarvan beskuldig dat sy die amp van haar kantoor verontagsaam het deur hom toegang te weier tot getuies en dokumente in haar ondersoek wat sy wil afhandel voordat haar termyn vandeesweek verstryk.

Madonsela het egter teruggekap en gesê dit is in die president se belang om verantwoording te doen oor die beweringe teen hom. Sy het bygevoeg dit is in die belang van openbare vertroue dat die ondersoek so gou moontlik afgehandel word.

Madonsela het ʼn dringende beroep op Zuma gedoen om die vrae te beantwoord wat sy aan hom gestel het en hom ook aangeraai om sy vrae aan die getuies by haar in te dien sodat dit namens hom gestel kan word.

Madonsela ondersoek bewerings dat die Gupta-familie ʼn uitgebreide invloed op die regering se besluite het met hul beweerde betrokkenheid by die aanstelling van kabinetsministers en raadslede van staatsbeheerde maatskappye. Sy stel ook ondersoek in na die Guptas se beweerde onbehoorlike en moontlik korrupte invloed op die toekenning van tenders en lisensies aan maatskappye wat bande het met die familie.

Madonsela se termyn verstryk Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jordaan ·

Hier gaan ons alweer met vertragingstaktiek, 7 jaar later kry mens finaliteit

charmaine ·

skaakmat ! hy het dit vandag laat aflewer en aan haar oorhandig. the man doth protest too much

karin ·

Jordaan ek dink 7jaar is nie lank genoeg nie, wat van n leeftyd.!

Anoniem ·

Wys jou…Hy is bang…..Hy steek goed weg en waarheid wil uitkom!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elise ·

Stem. Ek dink ons gaan verslae wees indien ons ooit die waarheid hoor. Zuma kry paniek aanvalle.

Daan vd Heever ·

Skuldiges sal altyd bang wees vir ‘n verslag wat gelewer word

lynette ·

As dit nie bewys dat hy skuldig is nie, sal niks anders dit bewys nie. Hy wil haar stop voor Vrydag want daarna is sy nie meer OB en kan dan niks meer se nie. Azb Thuli maak jou verslag bekend, hy het genoeg tyd gehad om te doen wat hy wou. Dis nou mostert na die maal met hom!!!!!!

Marietjie du Toit ·

Adv Thuli moenie jou laat bang maak of intimideer nie. Dit het tyd geword dat zuma en kie nou moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul dade net soos die gewone burger in die straat. Ons staan almal agter jou. en wil die waarheid weet. Sjoe die howe is besig met almal wat rond hardloop om dagvaardings uit te deel. Ons belasting geld word gemors.

Philip ·

Wat wil jy vir ons wegsteel Zumpie? Raak die druk op jou nou te erg? Hehehehe!

Siestog ·

Ag liewe hel maar hy’s dapper. Neem verantwoordelikheid vir jou dade Zuma.

Yvonne ·

Wat is die probleem Zuma, lyk my jy raak nou bietjie warm onder die kraag. Is daar dalk iets wat ons nie mag weet nie, want jy laat dit definitief so lyk!!

My opinie ·

Hoekom is dit glad nie ‘n verrassing nie? Hoop die hof stel dit ter syde en ek hoop adv Madonsela word deur die reg beskerm wanneer sy more die verslag uitreik. Hy gebruik altyd sy vertragingstegniek en “ek-het-nie -geweet-nie” of “ek het die verkeerde advies ontvang” verskonings. Sy tyd van plunder en weghardloop het hom ingehaal. Die man is bang! Daar is heelwaarskynlik soveel bewyse teen hom en sy poppemeesters dat die openbaarmaking van die verslag die einde van sy ampstermyn gaan beteken. Nou moet almal hul grofgeskut teen hom uithaal. Dis tyd dat hy sy dag kry en verantwoording doen.

Hoeveel nog martie du Toit ·

THULI asseblief handig in jou dokumente more. Ek het na die onderhoud gekyk met die nuwe OB = sy is al laaaankal in die ANC kamp.

Christa ·

Ek dink nie sy is net in die ANC kamp nie. Sy is in Zuma se sak en toegezip!!!

senekal ·

ons kan mos dink daar is nils positief
in daai verslag anders sal daar mos nie n interdik bekom wil word nie. dis ook nie pteoriteit vir Ntuli so oom zumpie sal nog baie tyd hê om sy sarkastiese laggie te be_oefen. Wie het nog regtig respek vir hom? bitter min

John ·

Kan hy haar keer? Wat se haar werksopdrag as openbare beskermer? Die president is nie verhewe bo die reg nie, is hy?

jaco ·

as die hof dit ter syde stel, is daardie regter of regters hulle werk kwyt. in Zimbabwe het wit boere keer op keer sake teen onteiening in die howe gewen, totdat Mugabe eenvoudig daardie regters afgedank het en regters aangestel het wat sy beleid deurgaans uitvoer. Dieselfde gaan in SA gebeur

Petros ·

En ek raak nou moeg dat hy my belasting geld gebruik vir sy prokureure. Nee man.

Emma ·

Mens hoor voortdurend van hof toe hardloop. Ek wonder net wie betaal al daai regsgeleerdes?

trucker ·

Dis goeie nuus om te sien dat zuma se uurglas vinnig uitloop. zuma jy moet ‘n liefde vir ORANJE OORPAKKE ONTWIKKEL ou.

callie ·

Dis waar julle almal die fout maak. Zuma gaan Mugabe nog na n engel laat lyk. Wys my hoe gaan hy ooit as president uitklim. Net op een manier, volle kwytskelding, indien nie bly hy soos Mugabe president tot sy dood. Wie gaan hom keer, nie die grondwet nie, nie die hof of Thuli Madonsela nie. Die ou het die mag gegryp en gaan nie los nie

Columbiana ·

Die jakob darem. Hrt hy nog nooit die woorde “and the truth shall se you free” gehoor nie?

Johann Marx ·

Columbiana, hy het dit al gehoor….maar in sy geval gaan die “truth” hom vir baie jare in die tronk laat sit….

Rupert Ashford ·

Laat weet net vir Asange waar die verslag gestoor word…

Toegang tot inligting wet ·

Afriforum kan dalk die “access to information act” gebruik om haar te dwing om die oorspronklike verslag cry te stel, Wat dink julle?

Jean ·

Hoekom sal jy iemand verhoed om, op haar LAASTE dag op kantoor verslae vry te stel? Dit beteken net een ding, daar IS iets wat hy wegsteek en daar IS ongerymdhede wat hulle nie wil hê moet uitkom nie, en hulle het gewag tot sy haar laaste dag uitdien, want daarna mag sy dit seker nie vrystel nie, ongeag ‘n bevel van die hof?

Nico ·

En dit impliseer dat hulle baie seker is dat haar opvolger dit nie gaan bekendmaak nie.

hans ·

Wat kry jy as jy 783 dodelike bestandele in n heksepot gooi?

Gerbrandt ·

Noem homself die President, hy hoort in die tronk die krimineel!!

Yola ·

Wat steek hy weg? Daar is iets wat hy nie wil he moet uit kom nie>>>

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.