Zuma verdedig besluit om Cele af te dank

Bheki Cele. Foto: GCIS

Bheki Cele. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het sy besluit om Bheki Cele, voormalige polisiekommissaris, af te dank in hofdokumente verdedig, het Sunday Independent berig.

“[Cele] het versuim om ‘n saak te maak vir die hersiening van die president se besluit,” het Zuma se regsadviseur Boniswe Makhene in hofstukke aangevoer.

Cele het in Julie 2012 ʼn hofaansoek gebring waarin hy sy afdanking teenstaan. Cele is afgedank nadat ʼn kommissie van ondersoek op die been gebring is en ʼn verslag opgestel het. Daar is bevind dat Cele oneerlik opgetree het en dat daar ʼn botsing van belange was rakende twee huurooreenkomste wat Cele geteken het.

Volgens die Sunday Independent glo Zuma dit was die regte besluit om Cele af te dank in lig van die kommissie se bevindings. “Geen ander stap sou redelik toepaslik gewees het nie.” Die rol van ‘n nasionale polisiekommissaris “om die handhawing van die wet te respekteer en te beskerm”, is ook in ag geneem.

Makhene het gesê Cele kon ook nie bewyse lewer om sy “dapper bewering dat die president se besluit op bymotiewe gegrond was” te staaf nie.

Cele, wat tans die adjunk minister van landbou is, wil hê die kommissie se verslag moet ongeldig verklaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AJ van Dort ·

Is die vermoë “om die handhawing van die wet te respekteer en te beskerm”, ook in ag geneem met sy aanstelling as adjunk minister?

Ghost ·

Zuma is vinnig om te se die wet moet toegepas word en na die kommiesie se verslag is hy afgedank. Hoekom word Zuma nie ook afgedank na die komissie se verslag ne. Want hy oortree ook die wet gereeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.