Zuma vereer oor hy ‘SA beter maak’

Voormalige pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die National Funeral Practitioners Association of South Africa (Nafupa SA) sal voormalige pres. Jacob Zuma vereer vir sy “onbaatsugtige insette om Suid-Afrika ʼn beter land te maak”.

Nafupa SA het in ʼn verklaring gesê dié toekenning sal Donderdag aan Zuma oorhandig word.

Luidens die verklaring het die vereniging besluit om Zuma te vereer vir die ekonomiese en maatskaplike bydraes wat hy gedurende sy presidentstermyn gelewer het om Suid-Afrika “ʼn beter land” te maak.

“Nafupa SA is nie ʼn vreemdeling in die prentjie van radikale ekonomiese transformasie nie en ʼn voorstaander van regverdigheid en gelykheid in die hoofstroom-ekonomie namens ondernemings in swart besit. Gedurende die toekenningsgedeelte van die program sal daar nie net ʼn toekenning aan mnr. Jacob Zuma oorhandig word nie, maar 17 organisasies wat bewys het ‘swart uitnemendheid’ bestaan beslis, sal ook vereer word.”

Muzi Hlengwa, president van Nafupa SA, het ook Zuma se lof besing. “Ons sien uit [na die toekenningsgeleentheid] omdat dit in ons beste belange as organisasie is om die nalatenskap van Jacob Zuma te vier en te omarm. Hy is ʼn verpersoonliking van wat ons glo ʼn vreeslose leier is wat nie sy land en mense tydens die struggle-tydperk uitverkoop het nie, ondanks uitdagende tye,” het Hlengwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johann ·

Whahahhaaaaaa!!!!!!! JA SHURE! Dankie Zuma vir die gat wat jy ons land lewend in ge neuk het en probeer toegooi het met jou absurde praktyke… beslis n begrafnis status om op trots te wees.

Jerry ·

En dit is hoe anargiste dit sien. Die teenoorgestelde van die waarheid! Verstaan dit en jy verstaan wat vir SA voorle.

t ·

Ek verstaan waar dit vandaan kom. Onder sy “lyding” het begrafnisondernemers ‘n wonderlike “bloei” tyd gehad. ±60 per dag is glad nie slegte besigheid nie…

Genieve ·

Nou het ek als gehoor..belaglik vereer nogals hyt ons land in n verleentheid gelos.

JSG ·

Ongelukkig nog nie naby 1 April. Nogtans die grap van die jaar.

Blits ·

Nee hel regtig, Lewe julle in dieselfde suid afrika as ek?????

Julle is belis zumakronies en lekker aan die slaap, zume het die teenoorgestelde gedoen.

Nou sê ek wraggies niks meer nie.
Julle vereer n krimineel, een wat suid afrika aan die guptas uit gelewer het een wat suid afrika n n vieslike gat gegooi het.
en ekt gedink julle klomp is geleerde mense met grade nou sien ek die grade is toilet papier rolle

Michael ·

O liewe Vader spaar ons dit. Die man moet tronk toe gaan. En glo my die geleentheid gaan seker ook weer n half miljoen Rand kos Hy het net geen skaamte nie as ek hy was het ek n woestyn gaan weg kruip en niemand sou my ooit weer gesien het. Wat is volgende n Doktors graad vir Zuma?

Alie ·

Nee, asb Michael, moenie die mense idees gee nie. Ek stem saam met die vroeë Aprilgek grap! Dit kan niks anders wees nie. Reg? Reg?

Piet Pompies ·

Met beperkte kennis en ervaring sal enige gedrag, goed of sleg, ‘n indruk op jou maak.

BOLANDER ·

DIT IS BETER AS DIE BESTE VAN DER MERWE GRAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hennie ·

Ja hy het baie laat sterf van honger wat die begrafnis ondernemers natuurluk veryk het. Die Esimidemie 170+ …nog n paar randjies in die handjies! Ek sou ook vir hom n toe kenning gegee het!

Jan ·

Ekonomiese bydraes???
Hahahahaha lag ek nou so dat ek amper vir die ANC stem. Waar was die mense die afgelope 8 jaar.
Wag ook seker van Zupta ietsie ontvang…

chris ·

ai ai ai lag ek nou te lekker, ons land is regtig n sirkus, dis net in SA waar jy van sulke goed te hore kom

Annie ·

As ek dit nie op Maroela gelees het nie, sou ek dit as fopnuus gesien het!! Onder watter klip bly die mense?

anti verrotting ·

O my genade – wat het ons hier?

Ek moet dit met nog miljoene deel – ek kan nie alleen so lekker lag nie – dis onregverdig!!

Rika Kruger ·

Met n vrot pampoen en n stukkende skoen is SA gekroon tot junk. Kry hy beloning vir kompos vorming

M'Lady ·

Wonder hoe gaan die toekenning lyk. Seker n miniatuur doodskis.

Alida ·

Ag MM ons wil geen berigte oor Zuma lees nie asb. Berig eerder oor waar die volgende sirkus gaan wees. Die toekennig kan maar n rioolpyp met n blom in wees for all I care.

Asmain ·

???? In die land van die blindes is die eenoog koning. Siestig!

Michael ·

Ek hoop regtig dit word op t v uitgesaai. op cartoon network ha ha!

Oom Kalahari ·

Hoe nou??? Is dit hoe die plaasmoorde nou vereer word met toekennings. Wat nog kan mens verwag van ‘n eens land van melk en heuning.

Dawie ·

Dit is altyd nodig om so ou ligte luim grappie in die ernstige nuus te plaas. Ek hoop net nie die wereld verstaan dit as ons almal vereer vir nakkie die nar nie.

christa ·

sal nogal daarvan hou as daar ‘n toekenning uit gedeel kan word aan die korrupste van die ANC.

Sannapad ·

En die Leuen seevier en word aanbid
Ons moet so biddend bly om die Gees van Waarheid te onderskei

anti verrotting ·

Tot in die core in korrup en die einde is nog nie in sig nie – groot wurms gaan nog uit die blik uitpeul – wag maar en sien.
S A is deurspek met al die kurrupsie onder die Zuma regering – in alle afdelings.
Dit is nog steeds so al is Ramaposa nou daar – dit is duidelik deurdat hy nog nie van al die korruptes ontslae geraak het nie.
Hy sal die hele regering en kabinet – soos dit nou is – moet fire om van al die korruptes ontslae te raak .
Ook die SAL – Eskom, Munisipaliteite, Prasa, ens ens ens…. noem maar op.
Die hele SA is deurtrek van hierdie kanker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.