Zuma vereer SANW-offisiere wat Mandela help

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het Sondag medaljes oorhandig aan die SANW-offisiere wat na voormalige president Nelson Mandela omgesien het en gehelp het met sy begrafnis.

Zuma het tydens die geleentheid by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria gesê dié wat betrokke was, het vir Mandela ʼn afskeid gereël het wat gepas was vir ʼn internasionale ikoon.

“Ek kan met trots sê die beplanning, uitvoering en noukeurigheid waarmee die SANW hulle pligte uitgevoer het, het geen twyfel gelaat oor ons weermag se bekwaamheid om so ‘n reuse taak uit te voer nie. Die begrafnis het inderdaad die karakter van ons nasionale weermag wêreldwyd ten toon gestel,” het Zuma gesê.

Zuma het bygevoeg dat dit ʼn gepaste manier is om die eerste herdenking van Mandela se dood te huldig, siende dat Mandela die SANW uit sewe uiteenlopende magte opgebou het tot wat dit vandag is.

Mandela is verlede jaar op 5 Desember in die ouderdom van 95 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.