Zuma vergader met ministers oor Sassa-debakel

Argieffoto

Argieffoto

Die presidensie het Saterdag gesê stappe word gedoen om seker te maak dat 17 miljoen begunstigdes hul welsynstoelaes op 1 April sal ontvang.

Pres. Jacob Zuma het Saterdagmiddag met minister van finansies Pravin Gordhan en minister van maatskaplike ontwikkeling Bathabile Dlamini vergader “om ʼn vorderingsverslag te ontvang oor die gereedheid om welsynstoelaes vanaf 1 April te betaal”, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Zuma glo “die saak kan opgelos word”. Hy het die twee ministers opdrag gegee om ʼn mandaat vir hul tegniese spanne te gee om aan die uitstaande kwessies te werk om seker te maak begunstigdes ontvang hul toelaes op 1 April.

Hulle het Zuma verseker dat alles moontlik gedoen sou word om oplossings te vind, het die presidensie gesê

Die Demokratiese Alliansie het vroeër gesê Dlamini het versuim om te verseker dat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gereed is om die verspreiding van toelaes teen die einde van die maand oor te neem wanneer die huidige, ongeldige Cash Paymaster Services (CPS)-kontrak verstryk en sy het toegelaat dat die situasie ʼn krisispunt bereik.

Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, se bedanking Vrydag is nog ʼn teken van Dlamini se “verwoestende invloed en sy moet onmiddellik verwyder word,” het Bridget Masango, woordvoerder van die DA, gesê.

“Dlamini het selfs die konstitusionele hof in Oktober verlede jaar mislei toe sy gesê het Sassa sal gereed wees om die verspreiding oor te neem. Sy kan nie vertrou word met die lewens van 17 miljoen arm, weerlose Suid-Afrikaners nie. Die president het meer as genoeg rede om haar te verwyder en, ter wille van miljoene Suid-Afrikaners, versoek die DA hom om dit onmiddellik te doen,” het Masango bygevoeg.

Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) het ook Saterdag gesê die departement “is duidelik besig om uitmekaar te val”. “Scopa neem met woede kennis van die bedanking van die onlangs aangestelde Dangor oor die Sassa-debakel,” het Themba Godi, voorsitter van Scopa, gesê.

“In ons interaksies met Dangor het hy homself as ʼn eerlike, hardwerkende staatsdiensamptenaar bewys. Hy was een van talle beamptes in die departement en in Sassa wat gefrustreerd was met minister Dlamini se ingryping in Sassa se administratiewe sake,” het hy bygevoeg.

“Dit is duidelik dat die onderhandelinge oor welsynstoelaes tot nadeel van die staat en begunstigdes hanteer is, veral wat betref aftrekkings – wat ʼn groot doring in die vlees was vir begunstigdes. Dlamini moet nou volle verantwoordelikheid hiervoor aanvaar. Die departement val duidelik uitmekaar,” het Godi verduidelik.

“As Scopa sien ons uit na ʼn vergadering Dinsdag met die minister sodat al hierdie sake aan die lig gebring kan word. Dit word baie moeilik om die bekwaamheid van die minister te verduidelik om die departement doeltreffend te bestuur en haar van haar pligte te onthef. Scopa kan nie stilbly oor hierdie vlakke van wanbestuur nie en dit lei tot ʼn groot finansiële koste vir die regering.”

Die konstitusionele hof het in 2014 Sassa se huidige kontrak met CPS ongeldig verklaar, omdat ʼn behoorlike tenderproses nie gevolg is nie.

Dangor het gesê hy het bedank as gevolg van ʼn verhoudingsbreuk tussen hom en minister Dlamini en groot verskille oor die betaling van die welsynstoelaes vanaf 1 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Erika ·

Gaan hierdie probleem opgelos word? Dit is n groot probleem en baie mense leef in angs. Sterkte .

snoefie ·

wel dis nou n saak watsnoer sedert Okt 2016 toe dlamini die konstitusionele hof miskei het oor die saak. dit sal dus net reg wees as sy 2 April gearresteer word indien die toelaes nie ontvang was nie. due poskantoor het verklaar dat hulle bereid en gereed is om te toelaes te hanteer. arie hulle kan dit mos ook elektronies uit betaal. maar die piskantoor word weer gesien as n oorblyfsel van apartheid. dis ook hoekom die winsgewende poskantoor van tien jaar gelede nou bankrot was. mensevons moet bid vir Zuma se verwydering.

Politieke kenner ·

DA en ander kleiner opposisiepartye, julle moet hierdie geleentheid ten volle gebruik om ANC stemme te werf, om die ANC se ware kleure te verkondig onder huidige ANC stemmers. Spring nou ten volle in.

AL ·

Ek stem. Die ANC en EFF kan nie vertrou word nie – Julius Malema verlang terug na die vleispotte van die ANC. Ek het al lankal gesien hy is n man wat sy eie saak en belange voor ander stel. Hy is gulsig vir mag en rykdom. Geen verskil tussen hom en die korrupte ANC amptenare nie.

PJ ·

Weet nie van die magtige konst.hof met die magtige grondwet maak uitsprake maar dis waar dit bly so beteken die hof enige iets ?

Johann ·

Ek sien elders Zuma het hom by Bathabile geskaar, so Gordhan moet maar agteroor buig.

sioux ·

hoekom vrees die ANC Zuma? hy het al wat wet is al oortree (behakwe moord sover ek weet) en hulle kyk steeds wyd. laat my wonder wat hy van hulle weet en oor “al die vermistes uit die apartheid’s regime.” die president behoort onder geen omstandighede ook die leier van sy politieke party te wees nie. daar behoort n mate van beheer te wees.

Cherokee ·

Alle wette ootree behalwe wat? Ken jy nie sy Umkhonto we Sizwe geskiedenis nie?

Johann ·

Oppas om nie etikette om hul nekke te hang nie. Moenie persepsies laat rondlê nie.

w ·

Hier by ons opi platteland kom n lorry wat geld voorskiet. Die begunstigdes kani hul Sassa kaart gebruik alvorens die loan shark ni sy geld het nie. Word direk van Sassa gevorder. Hier is mense wie R100 per mnd van hul toelae ontvang. Dan moet hul weer leen. Dai lorry is glo eiendom vani Govt. Hul maak die mense dood met lenings en trugbetaling van hope rente.

Johann ·

As Zuma standard 3 het, het sy standard 1, en die res dalk standard 4 of 5.

Jan ·

As ek reg het is sy onder die top tien vroue in die ANC vroueliga.

Christa ·

Ek kan dit nie verstaan nie – dekades lank was ons staatspensioenarisse se pensioene deur die plaaslike poskantoor uitbetaal en dit het perfek gewerk!!! Hoekom het die ANC dit verander? Hulle krap altyd waar dit nie jeuk nie!!! G’n wonder ALS val uitmekaar nie!!!

Jean ·

Hahaha blame it on the media. Dit is nou weer die nuutste vanoggend, die media het die probleempie opgeblaas, maar hulle is heeltemal capable om alles te hanteer .hehehe .. die AND kaders doen nooit iets verkeerd nie, en sal mekaar altyd bystaan al is hulle hoe verkeerd …Moes egter skrik vanoggend toe ek hoor daar is 17 000 000 miljoen grants wat uitbetaal word, hoeveel belastingbetalers is daar?

tinah ·

land gaan bankrot raak, so baie baie mense wat werks pensioenne kry en steeds sassa ook, wat hulle beplan en bedink het en wat nou aangaan? bankrotskap vir die land.

Alida ·

Ek het ‘n vermoede die geld is gesteel en nou spring hulle rond. Ek hoop die DA gee hulle hel. Hoekom kan die SA Poskantoor nie die uitbetalings doen nie. Dit is seker weer ‘n skelm tenderproses wat skeefgeloop het. Kry vir jou Dlamini. Hoop jy gaan tronk toe.

marous ·

Vergader vergader vergader … verskonings blameer verskonings blameer en dit alles ten koste van die belasting betalers.

CWS ·

Ek ook bekommerd want want party ou poskantore jare gelede verf gesien…treurig verby en as jy gelukkig is 2 venstertjies oop. Hul het nie ATM ‘s nie…kan iemand asb verduidelik hoe dit sal werk? Want baie invalides ….hoe nou??? En al 17 miljoen se kaarte verval des 2017…

Alida ·

Zuma het die onbekwame vrou aangestel. Sit hierdie gemors voor sy deur. Hy kan nie nou van Pravin verwag om die gemores uit te sorteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.