‘Zuma verkies lugmagvliegtuie’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die presidensie het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma verkies om eerder met die Suid-Afrikaanse Lugmag se vliegtuie te vlieg as met huurvliegtuie.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring bewerings deur lugvaartkenners ontken dat Zuma en adjunk-president Cyril Ramaphosa verkies om van huurvliegtuie gebruik te maak. Volgens Ngqulunga gebruik Zuma en Ramaphosa gereeld die lugmag se vliegtuie.

“Die president en adjunk-president het onlangs plaaslik sowel as oorsee met huurvliegtuie gereis omdat daar geen betroubare lugmagvliegtuie beskikbaar was nie,” het hy gesê. “Die presidensie stem saam met kenners dat die gebruik van kleiner vliegtuie vir plaaslike reise en die gebruik van die lugmagvliegtuie vir die regering deurgaans meer koste-effektief sal wees as om vliegtuie te huur.”

Die verklaring kom enkele dae nadat opposisiepartye uitgevaar het teen ʼn aankondiging deur Nosisiwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, dat R100 miljoen in die komende boekjaar begroot word vir die huur van ʼn nuwe presidensiële straler vir Zuma. Die VF Plus het gesê hy sal die ouditeur-generaal versoek om ondersoek in te stel en die besteding van die R100 miljoen te verhoed.

DA-LP Kobus Marais het gesê indien Zuma ernstig is daaroor om die ekonomie te stabiliseer, moet hy persoonlik ʼn voorbeeld van selfbeheersing stel en die minister beveel om nie voort te gaan met die planne om die straler te huur nie. Volgens Marais kom dit daarop neer dat die straler teen ʼn tarief van R273 972 per dag gehuur sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Waarom nie. Dis mos maklik. Niks is mos te veel gevra vir die ANC nie. Laat hom by die lugmag aansluit, dan lei julle hom op as ‘n vegvlieënier.

Wim ·

Baie goeie voorstel. Die brandstofmeter wys mos “E” en “F”. Waarvoor staan dit nou weer? Enough en finish.

Lance ·

Niemand glo wat die man meer se nie …hy ken nie eers sy eie 9 punt plan nie …PATETIES !

Anti regering ·

Nr 1 het geskrik en besef nou hy kan nie meer maak wat hy wil nie ,demokrasie begin nou reg werk in Suid-Afrika .

Koos ·

Vir die eerste keer na 94 sien ek weer hoop vir Suid-Afrika ons beweeg nog stadig maar in die regte rigting

KP ·

Moenie te vinnig bly raak nie, ons het hier met n slinkse jakkals te doen. Hy behoort nie n keuse te he nie, hy het mos sy eie vliegtuig wat as dit behoorlik instand gehou is( wat ek glo nie die geval is nie) veilig moet wees, so wat is die probleem.

Jan maak n plan ·

Liewe Heksie het vir my gesê Zuma kan een van haar besems leen solank hy dit net weer terug gee.

Louw ·

Waarheen wil hy vlieg? Laat om by die huis bly tot iemand by hom oorneem wat te minste die vermoë het om as president te dien.

Willie ·

Ek glo nie n word nie, hy probeer skade beheer doen… en Jakkals glo mens nie sommer nie…

Francie ·

Gedra hom soos ‘n bedorwe brokkie, is hy in kompetisie met sy buurman?
Dit sal hom baat om tuis te bly en tyd te bestee om van sosiale media se kommentaar op hom kennis te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.