Zuma: ‘Verkiesing gaan moeilikste nog wees’

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Governmentza/Flickr

Die plaaslike verkiesing vanjaar gaan die moeilikste een nog wees vir die ANC, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.

Zuma het tydens die ANC se 104de verjaardagvieringe in Rustenburg ʼn beroep op party-amptenare gedoen om plaaslike gemeenskappe te besoek en aandag te gee aan hul menings.

“Die komende plaaslike verkiesing gaan moeiliker wees as vantevore. Ek versoek die takverteenwoordigers en leiers om aandagtig te luister na die mense. Ons dien die mense en ons kan nie hul menings ignoreer nie,” het Zuma onder luide toejuiging gesê.

Cosatu en die SAKP het die ANC vroeër vandeesweek gewaarsku om nie ongewenste raadslede op kiesers af te dwing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dee ·

Dissie moeilik nie – brand tyres, breek vensters en stem vir die anc.

Mike de Beer ·

Zuma moet seker maak van sy feite. Niemand het grond gesteel nie. My grond en eiendomme is gekoop en betaal. Sy voorsate is baie meer skuldig aan moord en doodslag en plundery en selfs diefstal as enige van my voorsate in Suid Afrika. Dit wil voorkom of hy geensins in enige vorm van versoening belangstel?

Dee ·

Indien jou grond nie gesteel is nie, gekoop is en betaal is en indien sy voorsate meer skuldig is is as ons s’n, watse versoening praat jy van? Dit is wel so dat ons voorgeslagte ‘n apartheidssisteem bedryf het wat op geen manier goed gepraat kan word nie *behalwe wanneer na die realisme van afsonderlike ontwikkeling gekyk word. En na die feit dat regverdige verdeling toegepas was. En daarby gevoeg word die ontwikkeling wat lokaal plaasgevind het en wat nou stuk vir stuk afgebreek word. Dit is wanneer hierdie dinge gedebatteer word, wanneer die woord ‘versoening’ reg het tot bevraagtekening en eis om in besonderhede uitgespel te word.

DPJ ·

Watter slim adviseer het hom die resetasie geleer? Is goed dat hy dit kon onthou het.

Rynhardt ·

Verkiesing gaan moeilik wees? Verstommend van hoe die Anc SA publiek speel.Eerstens het die Anc al die getalle, niemand kan hom klop nie, behalwe as jy n liberale politikus is en baie polities korrek is, sal jy Zuma se woorde beaam!Cyril Ramaphosa het n paar dae gelede gaan stemme werf en dit duideluk gestel soos volg:”Anc gaan verkiesi g maklik wen!”Selfs n swartvrou wat vir jare wag vir huis, was so goed oorreed deur Ramaphosa dat sy die volgende kwyt geraak het:”Hy is te wonderlik.Die Anc kry my stem!” Hiwr is my voorspelling vir munisipale verkiesing 2016 wenner:Die Anc! Beslis nie moeilik nie, behalwe as jy die DA aanbid!

herman ·

Dit klink nes Mugabe. Ons gaan verseker die selfde pad as Zimbabwe loop in hierdie land. Net ‘n kwessie van tyd dan stort alles in duie. Wonder waar gaan die nasie vandaan kos moet invoer as die “gesteelde” grond gegryp is.

Johan ·

Mike hulle het nog nooit in versoening belang gestel nie, kyk maar na Dingaan se geskiedenis, al mannier van onderhandeling is n onderduimse, gevoelose en slingse mannier wat hulle grootmoeder is

Frik ·

Ek dink dit is duidelik dat Zuma ook n Groot “Racist” is. Ons of iemand sal hom vinnig moet regsien!

Trolle ·

Jacques wie was die werkers wat alles so alles gebou het?
As Zuma van krime kan ontslae raak(wat buite sy beheer is)sal dit n wonderlikke land wees,die mense wat so alles afbrand het niks om te verloor nie want hulle het niks nie en daai Mal ema stook hulle op.As jy nie swartmense kan aanvaar nie hoe moet hulle jou aanvaar,ek begin al hoe meer sien die vout is by ons,en hoe ons groot gemaak is.
Sensor my maar as dit julle pas maroela”

Stemja ·

Tydens onderhandelinge is daar mos belowe dat daar wigte en teenwigte ingebou is in grondwet en almal is gepaai. Wonder wat dit ons nou help?

Manie ·

Zuma sal nou enige iets sê om stemme te werf. Dit is ‘n desperate en gyp ns strooi halms om kiesers te oortuig. Kom ons glo dat die mense deur sy slinkse en onderduimse planne kan sien.
onthou hy sal nou moet doen wat hy sê want dit gaan van hom verwag word. Dit kan lei tot oorlog!

Fanie ·

Dingaan se nasaat. Lyk soos Dingaan, dink soos Dingaan. Nou wil hulle ons onder dieselfde kam skeer. Mense ons het ‘n helse groot probleem!!!
Dingaan het uit die dode opgestaan!!!

Flippie ·

Hoekom berig Maroela Media nie oor Jacob Zuma se uitlatings oor die wit grond eienaars nie? Het julle ook nou geskaar by die politieke korrektes om nie te berig oor gevaarlike uitsprake teen witmense se voort bestaan nie.

Moet ons nou volksvreemde mediaplatvorms besoek om uit te vind wie en wanner ons witmense gekarakteriseer word as boewe, skurke, diewe en so meer. Moet ons op vreemde nuusinstansies hoor dat ons regering witmense tot tweedeklas burgers rangeer

Ons verwag dat ons media skerp oor die sake sal berig en ons op hoogte van sake sal hou en nie ‘n politieke janniejammergat inhoudiñg inneem net om politieke korrek te wees nie.

Fanie ·

Ja ek wil ook graag weet Flippie. Ons sal nog in ‘n bedreiging sit dan weet ons nie daarvan. En dit is presies wat Zuma nou doen. Hy dreig ons nou eintlik. Dieselfde as Julius Malema!!! Wat sê hy nou eintlik? Gaan hy die grond by die banke terugvat na ons al die jare geswoeg en gesweet het om te betaal?

Andre van den Berg ·

As Zuma tydens verkiesings op n verhoog dans, lyk hy meer na n rasieleier as na n nasieleier. En oral waar hy gaan, maak hy sports!

Agnes ·

al stem ons nie saam met al hulle sienings nie, sal ons moet stem vir die DA , omdat hulle die grootste teen- party is en sal ons op hierdie wyse dus die ANC teenstaan

Marie ·

Mense, ons sien, lees en weet nie naastenby alles wat rerig met ons mense besig is om te gebeur nie, en nog steeds is daar Afrikaners wat slaap! As jy nie Xhosa of zoeloe verstaan nie gaan vertaal hule liedjies wat hulle al van die 60’s af sing, en dan was daar wit afrikaners wat saam gesing het! Gaan kry vir jou Dvd van die Suidlanders, hule informasie is gegrond op feite, jou hare sal regop staan! Die dingaan mense beplan al van daai jare ons afrikaners se uitwissing! Hule kry militere opleiding in afrika lande met ons geld! Daar is, jammer om te se, maar nog steeds wit afrikaners wat indenial is! Plaasmoorde, panga aanvalle, bede geweld kom op die 5de of 6de blad van ‘n koerant met minimale woorde, ‘n aktrise se juwele wat gesteel is kry voorblad nuus! Wat is meer belangriker? Dis nou die tyd vir wit afrikaners om saam te staan want dingaan en sy mense maak reg vir white cleansing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.