Zuma verklaar vakansiedag

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het die munisipale vierkiesingsdag, 3 Augustus, amptelik as ʼn openbare vakansiedag verklaar.

“Die doel hiervoor is om alle Suid-Afrikaners wat in aanmerking kom om te stem in staat te stel om dit op 3 Augustus te doen,” het die presidensie Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Om te stem is ʼn fundamentele reg deur ons Grondwet verskans. Dit is belangrik dat landsburgers die geleentheid gegun word om hierdie reg vrylik te beoefen. Dit is veral so wanneer hulle die regeringsfeer verkies wat die naaste aan hulle is,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jordaan ·

Ons sal die dag waarop hy gevonnis word ook graag wil verklaar tot vakansiedag

charlene ·

Dankie vir jou kommentaar, sit en giggle ek nou hier vir my foon!!! Maar ons hoop die dag van sy vonnis oplegging – kry ons `n lekker vakansie dag

Ander Koos ·

Vreeslike bohaai oor stem wat eintlik ‘n klug is. Die arme drommels wat stem en dink hulle gaan iets kry misreken hulleself, dit is net die politisie wat voordeel trek en boonop Big Time!!!

duitser ·

as dit op maandag val sal jy wil weggaan vir die langnaweek ne

johann cb ·

Die land se ekonomie is alreeds in so ‘n haglike toestand, nou kom daar nóg ‘n vakansiedag by!

Pietman ·

Johann cb, ek en jy kan logies redeneer. Numawan en sy gevolg het nie die vermoee nie.

Cecilia ·

Wat nou van as die mense wat by die stembusse werk ook wil af hê?… Netnou toi toi hulle ook dan is dit ‘n gemors. Soos dit in die land gaan is enige iets moontlik. Sê ook maar net.

Rynhardt ·

Cecilia moenie bekommerd wees oor toi-toi nie, hul gaan vir jou n spesisle Anc-vlag en Anc-serp gee wanneer jy opdaag!”Goodies” op n vakansiedag vir jou.

schalla ·

Hoekom nie die 9 de augustus nie, dit is mos n vakansie dag, lekker vir die reeds sukkelende ekonomie,

Louis ·

Vakansie van 30ste Julie tot die 3de Aug. sou mos beter pas, nou net 1 dag vakansie vir stem en ander dae aan af werk…
Seker ook bang scheems word in daardie tydstip beraam om stem te boikot,. Wel gaan my nie verbaas indien wel so gebeur nie, soos Cecilia tik
“Soos dit in die land gaan is enige iets moontlik”

Mel ·

Die woord ekonomie gaan een van di dae ‘n vloekwoord word, dink ni ons land kan al di vakansie dae bekostig ni, als en almal ly daaronder

Pastoor ·

Lance ek het lekker gelag vir jou kommentaar. Dit gaan maar broekskeur inni ekonomi . Ons kan regtig nie nog n dag by onse huise lê nie. Ek stem al jare lank. Altyd lekker gewees met pannekoek tafels en ander kosse by stem busse.

Koos Karoo ·

Ek voorspel: Jacobregop Zuma gaan 3 Augustus 2016 nog lank in die toekoms berou.

Riëtte ·

Gister was “40 days” voor stemdag. Kom ons almal bid in hierdie tyd vir ‘n wonderwerk. Dis al wat ons nog uit hierdie gemors kan help.

Zelda ·

Nou hoekom nie die 9de Augustus gebruik vir stem nie. Hoekom n nuwe vakansie dag maak van dit.

Asjas ·

Mag ek aandring op ‘n pen in plaas van potlood om my kruis mee te trek?

CWS ·

Ja nee ek stem vir pannekoek en vreedsame vry en regverdige verkiesing!..maar na al verlede week se brande en plunder twyfel ek sterk.!! Cecilia as jy Dalk by stembus werk nog genoeg tyd om kop uittetrek.!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.