Zuma verleng Kongo-ontplooiing

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het die ontplooiing van Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Suider-Afrikaanse- en Indiese Oseaan-kus en Soedan verleng, het die presidensie Dinsdag gesê.

“Dit is volgens Suid-Afrika se verpligtinge teenoor die Verenigde Nasies, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-Unie,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Die aanvanklike periode van 1 April 2014 tot 31 Maart 2015 is verleng tot 31 Maart 2016.

Altesaam 1 388 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in die DRK, 220 is betrokke in teenseerowersbedrywighede langs die kus en 850 is in Dafur, Soedan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek sien die ‘boots’ op die foto is mooi skoon en gepolitoer . . .

Tanya ·

Ons dra nog steeds “boots” en die foto is laasjaar geneem. Ons skoene blink nogsteeds so.

Tanya ·

Ons dra nog steeds “boots”. Ons skoene blink nogsteeds so. Die foto is nie ‘n argief foto nie.

Peet Schabort ·

Jy’s reg Scalla. Dalk tog miskien lyfwagte van Nkandla? Ek sien egter nie blouligte of helikopters . . . etc.

Francois ·

Ja hoe sal enige iemand weet of dit vandag se soldate se “boots” is of die apartheid van apartheid s’n? Ek dink nie eens hulle dra “boots” vandag nie.

Jo ·

Ai tog, die onkunde darem! En as hulle nie “boots” dra nie, wat dra hulle dan? Dalk stewels? Natuurlik dra hulle nog stewels. Hoekom is almal so negatief teenoor die hedendaagse weermag? Ja, natuurlik is daar ‘n groot verskil van toe meeste van julle nog daar was maar daar is nog soldate wat trots is op wie hulle is en die beste doen onder die huidige bestel. Daar is ook nog offisiere wat hulle beste doen om die troepe ‘n behoorlik opleiding te gee, hulle selfrespek te leer(vir die wat geen het nie) en van hulle behoorlike soldate te maak. Die negatiewe kommentaar is afbrekend en ontstel ons kinders wat soldate is en hulle beste doen. As alles dan beter was toe “julle” nog daar was, hoekom het “julle” dan nie aangebly en gesorg dat die weermag op “julle” standaard bly nie? Ek vra maar net….. Lees gerus ook Tanya se kommentaar hierbo.

Ra ·

Ontplooi daai soldate binne ons landsgrense..ons betaal belasting..ons is die burgers van SA..hou ons mense veilig..sluit ons grense…bly weg van die UN af..hulle is die militere regterhand van die NWO.
Net soos Opus Deii die militere regterhand van die Vatican is.
UN magte is verantwoordelik vir die meeste wandade in die geskiedenis.
Hoekom word daar UN magte en voertuie in amper al die lande ontplooi..nuusmedia bly stil hieroor..maak hulle gereed vir n wereldwye “Marshall Law”…?
…google dit.

Jan ·

Eintlik moes die hoofopskrif gelees het, ” Zuma verleng Kongo ontplooiing om sy familie se sakerykdom te beskerm.”

Gerhard Bezuidenhout ·

Jan ek dink dat jy naby aan die kol is . Die president van ons se handelinge is deurentyd verdag.

Jan ·

Die “van ons” in jou laaste sin steek soos ‘n dolk in my hart !

Gerhard Bezuidenhout ·

Skuus Jan jy is korrek . Die matega is ook nie my president nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.