Zuma verleng wéér Seriti-kommissie se spertyd

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het die spertyd vir die Seriti-kommissie se ondersoek na die wapentransaksie weer verleng.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gesê die kommissie se spertyd is tot 30 April 2015 verleng. “Die kommissie sal binne ses maande nadat hy sy ondersoek afgehandel het ʼn finale verslag aan die president voorlê,” het hy gesê.

Zuma het die Seriti-kommissie van ondersoek in 2011 op die been gebring om bewerings van korrupsie in die wapentransaksie te ondersoek. Die regering het onder andere 26 Gripen-vegvliegtuie en 24 Hawk-vegvliegtuie vir die lugmag, en fregatte en duikbote vir die vloot aangekoop.

Die kommissie moes sy ondersoek al in November 2013 afgehandel het, maar het Zuma vir ʼn 12 maande uitstel gevra. Die kommissie moes dus teen November 2014 sy ondersoek voltooi het maar het weer vir uitstel gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hoekom hoekom alles verleng waarvoor is hulle bang nee man die soustrein regering het baie geld om weg te gee vir sy kaders gee vir die mense wat toelae kry liewers. N verhooging

Gerrit ·

Nee Alet, hulle is nie bang nie.

Glo my die kommissie sal absoluut geen fout vind met die wapentransaksies nie, al kry hulle ook watse bewyse. Selfs al sal Zooms erken omkoopgeld is betaal, sal ou Seretsi nog steeds vind dit was slegs kommissie wat verdien is.

Volgens berigte beloop die koste van die kommissie tot op datum so 70 miljoen rand, so daar is nog `n geldjie te maak. En ons ken mos darem al die ANC meerderheid. Solank die soustrein loop, is daar nie n tekort aan passassiers nie.

.Die Seretsi ondersoek is `n klug van die begin af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.