Zuma vermy Marikana weens geweld

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Dinsdag ʼn beplande besoek aan Wonderkop naby Marikana in Noordwes gekanselleer weens geweld in die gebied.

“Die provinsiale uitvoerende komitee het ʼn doelbewuste besluit gemaak dat die president eerder mense in Sonop buite Brits sal toespreek,” het Supra Mahumapelo, die provinsiale voorsitter van die ANC, gesê. “Ons wil nie onnodig aandag trek nie. Ons wil ook nie aan anargiste ‘n platform gee om hul eie agenda te bevorder nie.”

Volgens Mahumapelo sal Zuma tradisionele en geestelike leiers en sowat 25 mense, wat uit Marikana verplaas is, toespreek.

Zuma is tans in die Brits-gebied om stemme te werf vir die ANC.

Fikile Mbalula, minister van sport, moes Sondag ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark in die gebied skielik verlaat toe Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu)-lede gewelddadig geraak het. Mbalula is met ʼn koeëlbestande voertuig weggeneem toe lede van die voertuie met klippe begin bestook het. Vryheidspark en Wonderkop is vestings van Amcu, ‘n mededingervakbond van die ANC-gekoppelde National Union of Mineworkers (NUM). – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Waarvoor hardloop hy weg vir sy eie mense hulle lei honger en Zuma doen niks om met die mense en vakbonde te praat sodat hulle kan gaan werk en kos kry nie. Hy kan die hulle polisie mag en weermag met hom saam neem of is hulle bang vir n mense slagting.skande bo skande

Ria Maritz ·

Ook maar lekker bang nê !

Wonder of Zuma ooit ‘n gedagte daaraan gee hoe ons vrouens/kinders voel wanneer hulle in hul huise, ens. oorval word, enige tyd, dag of nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.