Zuma veroordeel vandalisme by universiteite

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma het Donderdag gewelddadige betogings en die verwoesting by universiteite veroordeel en doen ʼn beroep op veiligheidsagentskappe om “onverpoosd te werk” om die skuldiges vas te trek.

Zuma het die onlangse voorvalle van geweld en opsetlike verwoesting van eiendom op verskeie kampusse van die Noordwes-Universiteit, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria, Universiteit van Kaapstad en die brandstigting van ʼn Metrorail-trein “ten sterkste veroordeel”.

“Die president versoek die betogers om met selfbeheersing op te tree en hul griewe binne die riglyne van die wet uit te druk,” lui die verklaring wat deur die presidensie uitgereik is. “Om universiteitsgeboue af te brand in ʼn tyd wanneer ons die opvoeding van ons jeug prioritiseer is onverklaarbaar en kan nooit goedgekeur word nie. Studente kan nooit só kwaad word as om hul eie universiteit af te brand en hulself en ander van opvoeding te ontneem nie. Griewe moet op ʼn vreedsame manier hanteer word.”

Zuma het daarop gewys dat die Grondwet bepaal dat enigiemand die reg het om vreedsaam en ongewapen bymekaar te kom en te betoog. “Betogers moet aan die grondwet voldoen,” het hy gesê.

Zuma het ook die aanvalle op treinbestuurders veroordeel wat deur Metrorail aangemeld is. “Die bestuurders moet uitgelos word sodat hulle hul werk ongehinderd kan doen. Indien treine laat is, moet die saak deur die korrekte kanale aangemeld word. Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat treine aan die brand gesteek word en fasiliteite vernietig word. Dit is ʼn ernstige kriminele oortreding,” het hy bygevoeg.

Die president het die universiteitsowerhede opdrag gegee om die griewe van studente aan te hoor en die regering sal ook sy deel bring. Hy het wetstoepassers aangesê om nie te rus voor die skuldiges aangekeer is nie.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Apie ·

En die kaders se enigste “grief” is Afrikaans. Zuma moet die voorbeeld stel deur eerste die hrondwet te eerbiedig. Wat n joke!!!

anna ·

Die maaksels gaan nou se dit is ons skuld dat hulle hulle eie universiteite verwoes.
Die logika en mentaliteit is een te veel vir my. Hoop die wat verstand het en wil studeer – kies reg met verkiesings – miskien snap hulle dit hierdie keer – waaroor verkiesings gaan. Nie net om n gaar hoender en ‘n t- shirt verniet te kry nie. Zuma moet nie die gat in sy gesig oopmaak nie – hy dwing absoluut geen respek af nie en hy is ‘n voorbeeld wat die maaksels volg.

Dan ·

Hoekom nou eers, slaap hy of word hy nou gedwing om iets te se. Praat gaan jou niks help nie. n President van n land en hy laat sulke dinge toe. Maar sleg hoor.

Ringkop ·

Nice oudste. Het jy al gehoor van “wat jy saai, sal jy maai”?

Michael ·

Die Vryheidsfront en ANC veroordeel dit maar die DA is tjoepstil??ek weet ten minste vir wie ek nie moet stem in die volgende verkiesing.

Karel ·

Ou Zupta veroordeel die gemors maar doen net mooi niks , hy en sy kaders.

Nugter ·

Nou skielik reageer hy, want ‘n uitsluitlik swart universiteit het deurgeloop onder sy eie kaders. Ek wonder wat sou die ou aartsliberalis, Alan Paton, hiervan sê? Cry my beloved country?

Sumsare ·

Verpligte – Staats diens (weermag – polisie en verpleeging ) na skool of as jy 18 op skool raak moet jy die volgende jaar staats diensplig doen – een jaar so sal Respek /discipline en lewens waardes aan geleer word – Sal alle teenstrydig heid en geskulle uitsort

Willie ·

Sumsare
Dink jy die huidige weermag is enigsins in staat om dissipline en lewenswaardes in stand te hou?
Die weermag waarin ons “outoppies” – (ek is nou 57….so doen die “maths”) was het dit gedoen,en daarvoor is ek tot vandag dankbaar.
Nie die nuwe SANDF nie, glo my….dit is ‘n “pipe dream”…jammer,ek val jou nie aan nie,ek lig net my mening.
Groete
Willie

Johan ·

Sums are. Oppas waarvoor jy wens. Konteks is belangrik. Daar is ‘n groot gaping tussen die konteks van die ou SA en die nuwe gebroke SA. Die ou SA het met dissipline en groot erns geveg vir Nationale trots. Die huisgesinne, skole, kerke, universiteite, weermag en staatsdiens. Of so was ons wys gemaak. Die nuwe SA breek alle trots af vir individuele regte. Soos Steve sing: “waar elkeen op sy eie jol.” almal veg nou daarvoor in ons huise, ons skole, ons kerke, ons weermag en die staat. Daar is eenvoudig nie ‘n dissipline vir Nationale eenheid nie.

StopTheMadness ·

Daar is absoluut geen verskil tussen die plundering en vernietiging van die staatskas en die plundering en vandalisme op ons kampusse nie.

Dave ·

Dit is soos n kind wat kwaad is omdat hy stout was en sy kamer afbrand nou is hy kwaad vir sy pa omdat hy nie n bed het nie. Kry vir julle het niks is niks gewoond nie en dit wat jy verniet kry vernietig jy want jy gaan mos weet alles verniet kry die wereld skuld julle spesefiek die blankes.

Reinhardt ·

Die probleem in ons land is, en was nog altyd, dat daar geen gevolge is nie. Dit is die rede hoekom almal doen wat hulle wil, hoekom moordernaars moor, hoekom diewe steel, hoekom ons nie stop by n stopstraat nie, hoekom ek nie my verkeersboetes betaal nie, hoekom taxis (en baie van ons) maak op die pad soos hulle wil, hoekom “betogers” afbrand. Die hele land het geen rugraat nie en daar is geen gereg nie.

Joh. 3:16 ·

Ons noem dit “menseregte”. Die teenstrydigheid van die eeu. Almal se regte is belangriker as die volgende mens se regte… So eindig almal op sonder regte behalwe die een wat sy regte op die ander kan afdwing… Daarvoor moet jy alle waardes en morele standaarde prysgee… Die gevolg is dat almal doen soos hulle goed dink in hulle eie oë Rigt. 21:25. Sonder die erkenning van God Drie-enige is daar nie morele of etiese perke nie…

Anna-Marie Evans ·

Dit is ‘n BAIE raak opmerking.
Vir baie jare maak ons ons kinders groot asof ons bang is vir die jeug met hierdie ‘menseregte’ idee, MAAR wat ons hulle nognooit geleer het nie, is dat VRYHEID perke het en dat as jy daardie fylyn breek is jy wetlik en alleen verantwoordelik vir jou eie ondergang. In hierdie geval natuurlik die skorsing van hoëronderwysinstellings en vir altyd; ensovoorts ….. dit moet ‘n lewensles vir jou en al die andere wie jou ken word. Die bosekringloop sal dan selfdissipline inboesem en nie chaos en vandalisme nie.

vermeende ·

Jy herken n boom aan die vrug wat hy dra en die een generasie probeer altyd die vorige uitpas. Zuma en sy geselskap het skole laat brand, en nou, wie het die voorbeeld vir sy kinders gestel.

Hoekom is daar so n groot teiken op Afrikaans, kan dit deels wees oor ons spreukwoorde so raak se.
Wat jy saai sal jy maai.
Die appel val nie ver van die boom nie.

Kerneels ·

Ons beurt om universiteite te bou is verby. En wat ons gebou het vernietig. Laat ons sien waar studeer hulle nou. As hulle ooit wil studeer.

HEVW ·

Sumare, goed bedoel, maar waar kry jy op hierdie deel van die aarde nog n weermag – en verpleegopleiding met die beginsel van verantwoordelikheid.
Reindardt hierdie barbaarse plundering waarvan jy praat is hul opvatting van die begrip vryheid. Die hoofkreet is freeeedeeem!!! Liberation.

ig ·

Daar is iets in ou zupka se tabak wat hom lekker laat nonsense praat.’Deur die regte kanale ‘Waarvan praat die man?

Retief ·

Dit val my net op dat baie mense wat so in kommentare hoog opgee oor Afrikaans en dat die taal behoue moet bly, sulke vrot Afrikaans besig! Die kommentare is deurspek van Engelse woorde, dikwels ook verkeerd gespel.. As dit is hoe Afrikaans gepraat moet word en hoe hy in die toekoms moet lyk, sien ek net donkerte vir die taal!

Delia ·

Retief, ter verdediging van sommiges se taalgebruik
net dit: ek dink heetwat mense gebruik ‘n iPad wat ‘n wil van sy eie het. Ek moet self my spelling soms oor en oor “check”, maar ek merk baie sukkel maar met die “ui”, “y” en “ei” in woordgebruik!
Groetnis.

Karma ·

Sela, Retief, sela! Mense kyk nie wat hul tik nie en spel regtig vrot – baie woorde word letterlik gespel soos dit uitgespreek word – yt vs. uit; daadlik vs. dadelik, onmidelik vs. onmiddellik, lig vs. lug (as jy jou mening LUG, Willie) en so kan ek aangaan en aangaan. Delia, stel jou I-pad se “auto-correct” af of stel dit in op Afrikaans. Ek lees my boodskap eers oor, voor ek dit pos, om seker te maak van die regte taalgebruik.

Louis ·

Blah, blah, blah!!! Die EFF doen die ANC se vuil werk oor Afrikaans in univeristeite. As US, Kovsies en die Tuks geval het is dit Potch se beurt.

Hennie ·

Dit is al wat die ANC kan doen, is op te veroordeel. Wend nooit enige poging aan om die probleem aan te spreek of op te los nie.

Trolle ·

Glo julle mense regtig malema gaan n beter predent wees.want hy is julle volgende baas.
Dis nie Zuma wat agter die stakings en Afrikaner must fall is nie,glo julle hy gaan probeer om van homself ontslae raak.Dis die DA en EFF hulle twee het altwee die selfde baas hulle baklei so nou en dan om julle deurmekaar te maak.

m ·

Hy moes eintlik al laaaaaaaaaaaaaankal iets gese het want nou wag hy ook tot alles amper afgebreek en afgebrand is nou het hy skielik iets te se…..

Liewe Heksie ·

Cry me a baby Wie gaan die pram koop Niks om iet af te lees van n stukkie papier wat een van jou onderdane geskryf het nie Ek sien geen oplossing nie Die daad mag dalk in jou guns tel maar al wat ek sien is n dolk in jou hand ZZZZZZZZZZZZZZUMPTA

Hennie ·

Dis die eerste keer dat onse President so ernstig praat. Gewoonlik sê hy: “I think . . . . “

Dup du Plessis ·

……..as jy geskool word met EFF (Everything For Free) mentaliteit is dit maklik om af te brand, alles bly steeds daarna nog gratis vir die brandstigter …..en dis die hele Afrika se probleem. Daar word en kan nie begryp word dat as iets verniet of gratis is (=) beteken dit dat iemand anders daarvoor betaal…..die dag as hierdie som gemaak en verstaan word kan daar dalk ‘n lig aangaan.

Anoniem ·

Waarom nog langer hieroor stry en baklei…afbreek en afbrand. Afriforum, Solidariteit waarom nie ons eie Universiteite oprig nie, in elke stad. Daar is soveel lee geboue wat kan omskep word in universiteite…net vir Afrikaans….

Petro ·

Ek wonder net wie moet nou daarvoor betaal. ‘n Mens met gesonde verstand en wat matriek geslaag het en OPGEVOED is sal nie so iets doen nie. Ek dink die Here huil oor wat in Suid-Afrika aan die gang is. Tog het die Here vir ons hierdie 1 planeet gegee wat Hy so volmaak geskape het en aan die mens die opdrag gegee om dit op te pas!! Wat doen die mens!!

Harry ·

Dis in hulle natuur om af te brand en af te breek, dis die hele AFRIKA se geskiedenis. Dis in sy gene

Amanda ·

Ek wonder soms, hier en in Europa….as AL die” verontregtes” nou ALLES afgebreek het en ALMAL doodgemaak het, wat is hulle TOEKOMSVISIE dan verder????. SUG

Oom Boer ·

Wow… welkom Oom Zupta, so die nuus deur al die kanale (Rooi Tapyte) het jou darem uiteindelik bereik vir reaksie. Die bos telegraaf is maar stadig, want die land is al vir ‘n week en ‘n half aan die brand. Ek glo sterk ‘n goeie “Staatshoof” sou onmiddellik die eerste dag opgetree het nadat hy ‘n evaluasie proses toegepas het, ‘n krisis beraad belê het en deur alle strukture die nodige voorkomings maatreëls toegepas het tot beskerming van mense en eiendom. Dinge het in die tydperk ge-eskuleer tot groot skade, beserings, dreigemente en hoeveel onnodige man ure is nie al gespandeer tot koelkop, kalmte en openlikheid tot wedersydse gesprek voeringe nie. Mnr die President, tree asb dadelik op as u land ‘n krisis in die gesig staar en moenie wag om te reageer as alles alreeds tot vernietiging is nie. Tyd en optrede kos geld, die belasting betaler se hard verdiende lone.

Jonathan ·

Wie mis die skip om vrees in te boesem en te laat leef moet daar gebrand en geplunder word Hoe kry jy respek en word dan genooi om te beraard / vergader tot oplossing Die norm is al lankal aan vaar die boef steel omdat jy nie jou self beveilig nie moet die teenkant nie aanvaarbaar wees nie Jy mag nie steel en moor nie die huis was oop maar dis nie jou huis nie Die mag tot kennis gee waardes en gee aansien vir die ander sonder prestasie is dit n probleem Is wanbesteding die vermoe om dienste nie betyds te veskaf n grondige reg om te vernietig Blameer die persoon in beheer om nodige stappe te doen om gemeenskaplike veilige waardes te skep Die reg tot geregtigheid word n klug spel die rampoker bestuur die gemeenskap end die gemeenskap is te lamlendig om saam te staan teen brand en verwoesting

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.