Zuma veroordeel xenofobie in Vryheidsdagtoespraak

President Jacob Zuma lewer 'n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma lewer ‘n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Maandag by die Uniegebou in Pretoria onder andere die kwessie van xenofobie en onwettige immigrante aangeroer in sy toespraak om Vryheidsdag te vier.

Zuma het dit benadruk dat Suid-Afrika nou ʼn beter plek is om in te woon as voor April 1994. “Miljoene mense het nou toegang tot water, gesondheidsorg, opvoeding, behuising en talle ander basiese behoeftes wat hulle nie voor 1994 gehad het nie,” het hy gesê. “Jaarliks is daar werk vir al hoe meer mense.”

Hy het gesê die regering het programme wat fokus op gesondheidsorg en om die gehalte van onderwys te verbeter.

“Ons implementeer ook programme wat ontwerp is om ekonomiese vryheid te bereik, omdat politieke vryheid alleen, nie voldoende is nie.”

Zuma het gesê met die groot nywerheids- en infrastruktuurprogramme sluit die regering doelbewus swartmense, vroue, die jeug en mense met gestremdhede in om seker te maak dat hulle ook deelneem aan die ekonomie.

“In hierdie derde dekade van ons vryheid, herbevestig ons weer ons toeweiding om ʼn verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende Suid-Afrika te bou. Die Nasionale Ontwikellingsplan, wat die land se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbloudruk is, word deur die regering ingestel as ʼn riglyn tot die samelewing wat ons teen 2030 wil wees.”

Volgens Zuma het die Nasionale Beplanningskommissie, wat die NOP saamgestel het, die volgende uitdagings in die land geïdentifiseer:
* te min mense werk;
* die gehalte van skoolonderrig vir swartmense is swak;
* infrastruktuur is swak geleë, onvoldoende en word nie in stand gehou nie;
* die openbare gesondheidstelsel kan nie aan die behoefte van die mense voldoen nie en is nie volhoubaar nie;
* staatsdienste is ongelyk en van ʼn swak gehalte;
* misdaad- en korrupsievlakke is hoog
* Suid-Afrika is steeds ʼn verdeelde samelewing.

Hy het gesê die NOP is gevolglik opgestel om hierdie uitdagings aan te spreek.

“Ons streef na ʼn toekoms waar elke burger in die land in ʼn gemeenskap woon met behoorlike infrastruktuur, of dit nou ʼn pad, skool, kliniek, ontspanningsfasililteit, gemeenskapsaal, elektrisiteit, water of sanitasie is. Ons bou gemeenskappe wat doeltreffende en reaktiewe polisiestasies en gemeenskapspolisiëringsforums het en waar die mense en die polisie saam werk om misdaad te bestry.”

Zuma het gesê die NOP sal in die strewe na ekonomiese vryheid ons in staat stel om die werkloosheidkoers met 6% te laat daal wat ʼn bykomende 11 miljoen poste sal skep. “Die laaste sensus van 2011 het bevestig dat Suid-Afrika ʼn nasie van jongmense is. Net meer as ʼn derde van die bevolking is jonger as 15. Ons moet en kan dus ons ekonomie ontvanklik maak om jongmense in diens te neem en die jeug in staat te stel om hul eie werk te skep deur entrepreneurskap.”

Hy het gesê die regering wil die gevoel van hopeloosheid en frustrasie onder jongmense, veral in informele nedersettings en op die platteland, beëindig. “Hierdie frustrasie lei daartoe dat die jeug deur misdadigers misbruik word of dat hulle alkohol of dwelms begin misbruik.”

Zuma het ook verwys na die xenofobiese geweld wat die land die afgelope paar weke geteister het. “Sewe mense is tydens gruwelike voorvalle dood wat gemik was op uitlanders in Durban en Johannesburg,” het hy gesê. “Dit sluit die drie Suid-Afrikaners, Ayanda Dlamini (22), Thabo Mzobe (14) en Msawenkosi Dlamini (29), in.”

Onder die uitlanders wat oorlede is, is Manuel Jossias van Mosambiek (die media het hom as Emmanuel Sithole uitgeken). Hy is dood tydens ʼn rooftog in Alexandra. Hy het glo ʼn skuilnaam gebruik om te verhoed dat die owerhede hom sal uitken, aangesien hy ʼn onwettige immigrant was.

“Ons veroordeel hierdie aanvalle ten sterkste,” het Zuma gesê. “Dit kan nie geduld word in ʼn demokrasie waar mense vry is om hul ontevredenheid oor enige kwessie uit te spreek nie. Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om die misdadigers te isoleer wat sulke afgryslike misdade pleeg. Hulle moet by die polisie aangemeld word.”

Zuma het gesê die duisende Suid-Afrikaners wat hulself teen xenofobie uitgespreek het, word geloof. “Die betogings is ʼn teken dat ons vredeliewend is en dat ons glo aan menswaardigheid, menseregte en Ubuntu en dat Suid-Afrikaners xenofobie, rassisme en alle verwante onverdraagsaamhede teenstaan.”

Hy het gesê daar moet ʼn konstruktiewe oplossing wees vir die uitdaging van migrasie en hy het ʼn komitee van 14 ministers saamgestel om oplossings te vind om die onderliggende oorsake te hanteer.

Zuma het gesê hy neem kennis van klagtes wat deur Suid-Afrikaners aangemeld word. Dit sluit kwessies in soos byvoorbeeld die aantal onwettige immigrante wat toeneem, en dat hulle aangestel word in poste wanneer werkgewers werkers verkies wat bereid is om vir laer lone te werk. “Daar is ook klagtes dat uitlanders voordeel trek uit gratis staatsdienste en dat hulle onwettig ondernemings bedryf. Daar is ook ʼn beskuldiging dat onwettige immigrante misdade in die land pleeg. Ons benadruk dit egter dat nie een van hierdie klagtes ʼn aanval op uitlanders of die plundery van hul winkels regverdig nie.”

Hy het gesê dit is belangrik om daarop klem te lê dat nie alle uitlanders onwettig in die land is nie. “Talle bly wettig hier en dra by tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land. Dit is ook nie só dat alle uitlanders by kriminele aktiwiteit betrokke is nie.”

Hy het gesê die regering het reeds maatreëls aangekondig om veiligheid by grensposte op te skerp, insluitend om die weermag in sewe provinsies te ontplooi wat grensposte sal patrolleer. “Lede van die SANW sal ook as immigrasie-beamptes ontplooi word om die kapasiteit van die departement van binnelandse sake by grensposte te verbeter.”

Zuma het gesê daar is ʼn geneigdheid in die samelewing om geweld te gebruik. “Ons moet meer doen om heling en verdraagsaamheid te bevorder. Ons moet ook steeds rassisme in ons land beveg.”

Hy het ook sy medelye betoon met die honderde Afrikane wat in die Middellandse See omgekom het wat na Europa wou migreer.

Hy het ook sy meegevoel betuig met die mense van Nepal na ʼn aardbewing wat reeds meer as 2 000 lewens geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Vatditvanwieditkom ·

Wat n klomp blatante KOMMUNISTIESE leuens! SA ” n beter plek…” please… Na alles tot op die grond afgebreek is… Do me a favour…!!!

Vat dit van wie dit kom…! Leuens, leuens en nogmaals leuens…!!!

Marnus ·

N ” geneigdheid om geweld te gebruik” hugh… “Bring me my machine gun, they are gonna run”…” kill the boer”… Nou WIE SING DIT AANHOUDEND EN WIE PLEEG BLANKE VOLKSMOORD EN WAAROM IS DIT( BLANKE Volksmoord ) NIE GENOEM NIE??????

Klaargepraat ·

” rassisme beveg” met AA; BEE; kill the Boer; bring me my machine gun, they are going to run, the cabinet is going to…; the honeymoon is over for whites is SA; grondhervorming;landgryppe; NOP nog n kodewoord vir BLANKE uitwissing; en die belangrikste verswygings is die BLANKE Volksmoord wat al 21 jaar aangaan en wat nou in intensiteit toegeneem het sedert Zuma se EIE storie oor JAN VAN RIEBEECK wat natuurlik RASSISTIES was!!!! Maar moenie daarna versus nie want dis nie pollities korrek nie. Kry n ander issue, least oor ander dinge….vir hoe lank nog gaan die OLIFANT geignoreer word???

Wittes ·

Nou wat nou van die belasting betalers in die land? Ek praat van die 90% belasting betalers In die land wat blank is en wat nie vir die ANC stem nie en wie nooit in aanmerking geneem word op enige gebied nie. Ook nie hul Volksmoord word ooit genoem nie.

Pedro ·

Bennie Boekwurm se skilpad stories… Begin nou dink daar is regtig n tor op water wat daar omslaan…

Japie ·

Wat ń klomp bog. Daar word niks genoem van die moord op die boere nie. Wil dit seker onder die mat in vee.

Manie ·

Wat van die Plaasmoorde wat daagliks plaasvind?
Of is dit normaal!!

Pam ·

Wat van die 90,000 moorde op blankes in die laaste jare? O, ek verstaan dit maak nie saak nie want dis WITTES en hulle is mos nie mense nie, want hulle is mos kokkerotte… ONTHOU!?
Ek gee nie om of hulle op plase of dorpe was nie…!!!

CHRISTA ·

As Suid-Afrika ‘n beter plek is as voor 1994, waarom moes Zuma vir hom ‘n bunker laat bou wat miljoene rande kos? Geen ander president of minister het nog ooit nodig gehad om dit te doen nie. WYS JOU HOE LIEG HY!!!

Rynhardt ·

Volgens Zuma is SA vandag n beter plek om in te woon?n Land met n ekonomiese groeikoers van 1,4% wys die Ancc het misluk! Sy sogenaamde NOP waarmee hy spog om dinge reg te ruk is n groot klug! SA word volgens die Anc se vryheidsmanifes geregeer en dit spel geen ekonomiese groei uit!Hieroor tree die ekonome nie vir Zuma aan nie! Onder Anc bewind het SA al hoe geweldig geword met oopgrense wat die wapens en dwelms na SA laat vloei om dit onstabiel te maak.Onder Anc bewind het SA die mees korrupte land in wereld geword! Die Anc het n ontwikkelde land gevat en afgebreek tot op die grond, met geen einde insig nie! Vandag in Die Burger se hy dat apartheid is die oorsaak van xenofobie en Malema se uitdagende houding in die parlement! Kom ek vat die prez terug na die verlede! Xenofobie het nie gister ontstaan nie! In die dae van koning Shaka het hy die swart stamme uitgemoor en het n kultuur van wetteloosheid en moord, reeds in die tydperk ontstaan! Vandag onder n kommunistiese Anc is wet en orde afgebreek wat wetteloosheid laat seevier, maar ons sit in n beter SA? Dit was juis die Anc wat skerpioene ontbind het om die prez te ondersoek! n Ruk terug,het die hoof van die Valke R13miljoen gekry om te bedank, want hy mag nie Zuma se Nkandla ondersoek nie! Seker ook apartheid se skuld? Malema was voorheen die leier van die Anc-jeugliga waar hy die lied,”Skiet die Boere” gesing het! Die anc wou nooit teen hom optree nie, want hy was en is steeds nog te kosbaar vir hulle! Is dit ook apartheid se skuld? Die prez het ook lelik vergeet om te se dat die EFF n militante vleuel van die Anc is, wat chaos binne en buite die parlement skep! Ekskuus, dit is mos apartheid se skuld dat die EFF so optree of hoe? Zuma blameer apartheid vir alles; behalwe om die vinger te wys na afrika-diktators wat selfverryking toepas;daarom die xenofobiese geweld wat versprei na SA, asook om die vinger na homself te wys, as president wat nie die mas kan opkom nie!

jaycee ·

Zuma beweer dit is apartheid wat in mense ‘n kultuur van geweld gekweek het. Net dit. Hy verseg (indien hy dit besef) om te erken dat dit die ANC en hulle aanhangers was wat met brutale geweld (ook teenoor hulle eie mense) ‘n terroristiese aanslag gevoer het. Dit bewys net hoe eensydig en skeef die ANC die land se geskiedenis en die burgerlike rampe wat ons tref, aan hulle hoorders opdis. En altyd ingesluit in hierdie toesprake is die ewige beloftes oor hoe hulle die land in ‘n feetjie-wêreld gaan omtower. Maar die teendeel is besig om te gebeur, met ‘n aanhoudende syklap na die blankes (alleen) wat die skuld hiervoor verdien. Wat die drommel ook nie wil weet of erken nie is dat die blankes, soos almal in die land, na vrede en vooruitgang streef en dat die tyd min gaan raak waar die minderheidsgroepe met elke klap net die ander wang gaan draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.